Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout  (Read 1107 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline petri oosthuizen

.....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« on: September 04, 2020, 08:43:32 pm »
Ek het vanoggend 'n gemoedsbekakking gehad.

My 2002 GSA 1150 met 29000 km se sleutel is weg. Weg soos in weg, soos in missing soos laasmaand se pay.

En vanmiddag sit ek en hierdie mooi advertensie tik op die Forum. BAIE mooi. So mooi ek koop die ding sommer self terug >:D

En so net voor ek "Enter" druk dink ek so by myself.........Oosie, nou waar de MOER gaan jy weer 'n 2002 bike koop met 29000 km op??

En ja.

Toe die sleuteltjie wegraak is die bike skielik NOG 30kg swaarder, en NOG 10cm hoer as wat hy gister was. En daai duikie op die tenk lyk skielik vir my soos 'n 180 km/h crash teen 'n Scania se grill vas, reg van voor.

Waddefok.............ek het al 1000 keer meer kakkas as DIE vulletjie gehad.

..........Raak julle ook part dae sommer net gatvol?? Jy wil alles sommer net verkoop, en die res van jou dae op Saterdae voor the TV le en Roman Empire op Netflix kyk, pizzas vreet, brannas en Coke drink, en wag op 'n happy ending??

Ek was vandag daar.

Kak plek om te wees, ek like dit nie rerig SO baie nie.

Kop OP Boetie.........niemand gaan vir jou 'n gratis King Cone gee nie. >:D

Kom vanaand huis toe.

Kids is nice, Mamma weet Pappa was nie op 'n happy place vandag nie, tot die hond lyk blyer om my te sien as gewoonlik.

Ons braai MOERSE nice saam vanaand by die boothuis. My oudste dogter Elzar (21) bel my vandag seker 5 keer..........."Paddy is jy OK??". My oudste seun Jomar (20) loop draaie om my by die werk, hy sien Pa is bebliksemd vandag. My jongste lat Sev (16) gaan koop varke op die veiling, vertel my daarvan, ek luister met net een oor. My jongste dogter Bea (15) vertel my sy het 95% vir haar Unisa Klavier goete. My Blond Miza bel seker 3/4 keer.........."Bokkie jys 'n yster, die maand lyk goed, Jomar vertel my nou net!!"

En ek luister na almal met net 'n halwe oor. Ek is bebliksemd, my sleutel is weg.

My FOK Ooosthuizen..........dis net 'n sleutel wat weggeraak het. Jyt nie 'n arm of 'n been of veel erger iemand wat na aan jou is verloor nie.

Net 'n doodgewone sleutel.

Is ek net bederf, in my comfort zone, of sommer net fucked up, of pedantic, of sommer net bedonnerd, of weet nie wat ek wil he nie, of weet nie wat ek rerig het nie, of 'n BAIE simpel kombinasie van alles genoem????????????????????????????????????

Sorry - my keel is nou skoon.

Eks 'n asshole.

Ek het 'n moerse goeie dag gemors - as gevolg van 'n sleutel. 'n 20mm stukkie yster met 'n stukkie plastiek oor die punt.

My FOK, Oosthuizen.............daars mense met 100000 keer meer kak as wat jy het.

Jou Poephol.
XT 600 Tenere
 
The following users thanked this post: Hentie06, RobD, threeper

Offline Old Bugger

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R80GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,614
  • Thanked: 77 times
  • Silence is better than BULLSH*T
Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #1 on: September 04, 2020, 08:49:33 pm »
 :spitcoffee:
 

Offline Mev Vis Arend

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #2 on: September 04, 2020, 09:00:55 pm »
Ek lag saam met Old Bugger vir die manier wat jy jouself uit#@#  :spitcoffee:

Ek huil saam met jou oor jou #@# dag  :'( en jou sleutel (wat nie op sy plek hang nie   :o  ),    maar

Welgedaan dat jy besef dis eintlik 'n simpel probleempie en dit erken.  Hou aan om jou dierbare familie te koester.

Ek hoop jy het 'n gatskop naweek.   :thumleft:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 
The following users thanked this post: petri oosthuizen

Offline 2StrokeDan

  • a Man of Character
  • Worshond
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 25,137
  • Thanked: 2009 times
  • Slim like Bill, straight like Steve
Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #3 on: September 04, 2020, 09:02:12 pm »
So leer n mens elke dag iets nuuts......

Ek het nie geweet die GS' het al sleutels nie, dog dis net n crankhandle wat jy draai. :pot:
 

Offline Lem

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #4 on: September 04, 2020, 09:06:15 pm »
sit hy nie dalk in die slotjie van die saal nie?

ek het myne eenkeer daarin vergeet toe ek n tool onder die seat wou uithaal...het 3 ure lank gesoek vir die sleutel
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 
The following users thanked this post: ButchH

Offline Franky3

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #5 on: September 04, 2020, 09:10:28 pm »
Dankie dat jy jou storie met ons gedeel het. Ek ken die gevoel baie goed. Ek suffer so bitjie van bipolar. Party dae kan die kleinste kak my so omkrap dat dit my n paar dae vat om weer die lig te sien.

Sent from my SM-A307FN using Tapatalk

 

Offline grim101

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #6 on: September 04, 2020, 09:17:54 pm »
My vrou wil nie meer hoor as ek enige voertuig se sleutel soek in die oggend nie. Het 'n mooi plek waar hy moet hang...

Dinge werk so, kom by huis, onthou om iets te doen so gaan direk garage toe, sleutel pla my en ek sit hom sommer iewers by ttols neer.

Volgende oggend is ek erg moerig as ek hom nie kry nie en gebruik spaar sleutel, dan kry ek daai boodskap van my vrou dat bediende sleutel gekry het waar ek hom neergesit het
XT 250
XL 500
KLR 650 (Fugly)
DL 650
 

Offline Altie7deLaan

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,349
  • Thanked: 103 times
  • Vroom vroom vroom blah blah blah
Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #7 on: September 04, 2020, 09:47:11 pm »
Op die bediende se bedkassie? :peepwall:
xl185  cb750f  gsx600f  fz750  gsxr750  cbr600f2  cbr900rr cbr929rr  cbr954rr  vtr1000f  fzr1000exup  650dakkie gsxr1000k4  lc4 supermoto  bandit1200s   project fartblood (fireblade streetfighter)  f800gs 690 kaboem


"Choose a bike that will be the most fun in the challenging spots, not one that will be the most comfortable in the easy spots." Walter Colebatch
 

Offline CruiserSA

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #8 on: September 04, 2020, 09:55:05 pm »
 

Offline petri oosthuizen

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #9 on: September 04, 2020, 09:57:56 pm »
............Hobaas!! Hobaas!!!............. >:D
XT 600 Tenere
 

Offline DirtRebell

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,353
  • Thanked: 101 times
Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #10 on: September 04, 2020, 09:57:56 pm »
Jy het nogal manier met woorde...  :laughing4:


vertel my sy het 95% vir haar Unisa Klavier goete

Is sy jou biologiese dogter? Jy kan nie eens een sleutel oppas nie.  >:D :biggrin:
 

Offline petri oosthuizen

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #11 on: September 04, 2020, 10:01:46 pm »
Jy het nogal manier met woorde...  :laughing4:


vertel my sy het 95% vir haar Unisa Klavier goete

Is sy jou biologiese dogter? Jy kan nie eens een sleutel oppas nie.  >:D :biggrin:

Ja Ja Ja............. O0

Wat my so bietjie pla - vat hom na my pel Louwtjie toe vanmiddag, verduidelik die ding vir hom, en Louwtjie tune my "Oeeee die lyk nie goed nie"..........nes 'n tipiese donnerse tandarts.

Ek was nogal spyt ek het Louwtjie so bietjie bo Retail vir sy NP 200 ge charge so haar terug............ :eek7: >:D
XT 600 Tenere
 

Offline petri oosthuizen

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #12 on: September 04, 2020, 11:01:30 pm »
My laaitie stuur nou net vir my 'n WA:

"Pads dis net 'n sleutel man, maar ons weet jyt baie goed in jou kop elke dag. Sien jou more by die werk, dan gaan klap ons die bass moremiddag.Dankie dat jy ons Pads is. Lief You baie".

Onnosele Pads. """kken stupid. Dis net 'n blerrie sleutel.

"Pads" is my afkorting vir my bynaam "Paddy" van skool af. Dis wat my kids my noem.

Pads gaan nou lekker slaap en more lekker giggel oor vandag.
« Last Edit: September 04, 2020, 11:02:40 pm by petri oosthuizen »
XT 600 Tenere
 

Offline grim101

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #13 on: September 05, 2020, 05:32:19 am »
XT 250
XL 500
KLR 650 (Fugly)
DL 650
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,481
  • Thanked: 902 times
    • dustriders.co.za
Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #14 on: September 05, 2020, 02:22:56 pm »
Ek het gevoel vir waardeur jy gaan,want ek't n ding oor n sleutel(of eerder die wat soek is)!!!
My pa se als was altyd weg en dan moet die hele huishouding soek behalwe hy. Ek verpes dit wasted time!!!
By my draai ek regs by die voordeur gee twee treŽ en dan word hy opgehang op die sleutelrak. Elke een op sy eie hakkie, want ek wil hom in die donker kan raakvat want ek weet wat hang waar. Sommiges in die huis verstaan nie daai reŽling en soms verloor ek die geveg!! ;D :(
So verloor ek my Dakar se sleutel mos twee weke na ek hom gekoop het!!!! Vir drie weke is hy soek en ek gebruik spaar sleutel. Snags se wakker lÍ word bestee aan restracing my steps en toe drie weke later soek ek iets in die deurmekaar kamer(ons was besig om te herbou) en daar op die vloer tussen n klomp swart plastiek sakke lÍ die sleutel!!!! :thumleft:
Drie weke vantevore moes ek daar gebuk het en hy moes uit my baadjie se bosak geval het ;D

Ek het al n tweedehandse ryding nie gekoop omdat daar nie spaar sleutel was en die een wat by die kar is is n copy!!! My redenasie as die ou nie sy sleutels kan oppas hoe kyk hy na sy ryding!!!

Ja ek het hulp nodig oor sleutels..................................................................................................en n paar ander goete!! ;) :lol8: :peepwall:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Jaakmh

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XRV 750 Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 709
  • Thanked: 24 times
Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #15 on: September 05, 2020, 08:10:51 pm »
Hoop teen die tyd het jy al die sleutel opgespoor!
Laat weet maar wanneer en waar jy hom gekry het.

....ek soek partykeer my selfoon sů, dis nou terwyl ek met iemand oor die foon praat....
 
The following users thanked this post: BullFrog

Offline RobC

  • Stoepkakkertjie
  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Kawasaki KLR 650
    Location: Free State
  • Posts: 14,118
  • Thanked: 571 times
  • Bloemfontein
Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #16 on: September 05, 2020, 08:15:16 pm »
Lekker lag ek nou... ons het 'n moerse sleutelrak in die gang... maar nee die goete word oral gestrooi... en selfone ook...  :imaposer:
 

Online BuRP

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #17 on: September 06, 2020, 12:00:41 pm »
hy moes uit my baadjie se bosak geval het

Ja ek het hulp nodig oor sleutels....

.... dan leer om NOOIT enige sleutel in jou baadjie se bosak te sit maar ALTYD in jou broeksak!

 :P
Sparta MC50, 46 other 50cc's, Garelli Tiger Cross, Jawa 250, Kreidler RS (plated), Kawasaki S1 250/3, S2 350/3, H1 500/3, H2 750/3, Suzuki GT380/3 - 10 year gap - KDX200, BMW 1150GS Adventure, Honda CBR600RR, Honda XR650R 2007 & 2003, Honda CRF230, Yamaha BWS100, BMW F800GS Adventure, Husqvarna 701 Enduro 2018, KTM 790 Adv R 2019, KTM 2020 XC-W TPI 300 Six Days, KTM 2014 500 EXC-W Six Days, KTM 790 Adv R Rally 2020
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,481
  • Thanked: 902 times
    • dustriders.co.za
Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #18 on: September 06, 2020, 12:08:48 pm »
hy moes uit my baadjie se bosak geval het

Ja ek het hulp nodig oor sleutels....

.... dan leer om NOOIT enige sleutel in jou baadjie se bosak te sit maar ALTYD in jou broeksak!

 :P
Ek het en dit moet n broeksak met n zip wees. Daar is geen magtelooser gevoel as wanneer n sleutel weg is. ;D
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Straatkat

Re: .....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout
« Reply #19 on: September 07, 2020, 09:09:58 am »
Het eenkeer vir lank na my RT se sleutel gesoek, toe sit hy al die tyd onder die agterliggie waar ek hom gebruik het om die sitplek los te kry...Doen 'n post-mortem van waar jy hom laas gebruik het. Dit werk soms.
18 till I die.
If hard work pays, show me rich donkey.