.....en toe maak ek ampertjies 'n MOERSE fout

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 18, 2020
Messages
17,081
Reaction score
7,527
Location
Bethlehem
Bike
Yamaha XT 600 Z
Ek het vanoggend 'n gemoedsbekakking gehad.

My 2002 GSA 1150 met 29000 km se sleutel is weg. Weg soos in weg, soos in missing soos laasmaand se pay.

En vanmiddag sit ek en hierdie mooi advertensie tik op die Forum. BAIE mooi. So mooi ek koop die ding sommer self terug >:D

En so net voor ek "Enter" druk dink ek so by myself.........Oosie, nou waar de MOER gaan jy weer 'n 2002 bike koop met 29000 km op??

En ja.

Toe die sleuteltjie wegraak is die bike skielik NOG 30kg swaarder, en NOG 10cm hoer as wat hy gister was. En daai duikie op die tenk lyk skielik vir my soos 'n 180 km/h crash teen 'n Scania se grill vas, reg van voor.

Waddefok.............ek het al 1000 keer meer kakkas as DIE vulletjie gehad.

..........Raak julle ook part dae sommer net gatvol?? Jy wil alles sommer net verkoop, en die res van jou dae op Saterdae voor the TV le en Roman Empire op Netflix kyk, pizzas vreet, brannas en Coke drink, en wag op 'n happy ending??

Ek was vandag daar.

Kak plek om te wees, ek like dit nie rerig SO baie nie.

Kop OP Boetie.........niemand gaan vir jou 'n gratis King Cone gee nie. >:D

Kom vanaand huis toe.

Kids is nice, Mamma weet Pappa was nie op 'n happy place vandag nie, tot die hond lyk blyer om my te sien as gewoonlik.

Ons braai MOERSE nice saam vanaand by die boothuis. My oudste dogter Elzar (21) bel my vandag seker 5 keer..........."Paddy is jy OK??". My oudste seun Jomar (20) loop draaie om my by die werk, hy sien Pa is bebliksemd vandag. My jongste lat Sev (16) gaan koop varke op die veiling, vertel my daarvan, ek luister met net een oor. My jongste dogter Bea (15) vertel my sy het 95% vir haar Unisa Klavier goete. My Blond Miza bel seker 3/4 keer.........."Bokkie jys 'n yster, die maand lyk goed, Jomar vertel my nou net!!"

En ek luister na almal met net 'n halwe oor. Ek is bebliksemd, my sleutel is weg.

My FOK Ooosthuizen..........dis net 'n sleutel wat weggeraak het. Jyt nie 'n arm of 'n been of veel erger iemand wat na aan jou is verloor nie.

Net 'n doodgewone sleutel.

Is ek net bederf, in my comfort zone, of sommer net fucked up, of pedantic, of sommer net bedonnerd, of weet nie wat ek wil he nie, of weet nie wat ek rerig het nie, of 'n BAIE simpel kombinasie van alles genoem????????????????????????????????????

Sorry - my keel is nou skoon.

Eks 'n asshole.

Ek het 'n moerse goeie dag gemors - as gevolg van 'n sleutel. 'n 20mm stukkie yster met 'n stukkie plastiek oor die punt.

My FOK, Oosthuizen.............daars mense met 100000 keer meer kak as wat jy het.

Jou Poephol.
 
Top