Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020  (Read 557 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Adriaan.theron

Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« on: October 14, 2020, 08:24:33 pm »
Naands,

So, op n vorige vorige uitstappie het een van die manne glo n hek op n vriend se plaas naby Springbok oop vergeet. Die hek moes natuurlik toegemaak word en daar is vir weke aan een gepraat oor wanneer ons gaan ry om te kyk of die hek nou oop of toe is... Net sodat ek nou kon hoor dat hulle weer vergeet het om die hek toe te maak, so ons sal seker maar weer een of ander tyd moet gaan sekermaak dat hy nou wel toe is.

Die wat sukkel om tussen die lyne te lees, hier is n paar manne wat net die kleinste verskoning soek om die pad te vat...

So kom ons sorteer gou die wie is wie uit:

Adriaan Theron (S10)


BJ Vosloo (1200GS)


Cobus Theron (1200GS)


Danie van der Merwe (1290)


Gerhard van der Merwe (1200 Rallye)


Nicolas Rossouw (990)


Wian Joon (990)


Ek sal oor die volgende paar dae of week ons sirkus van n naweek hier opskryf.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Adriaan.theron

Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #1 on: October 14, 2020, 10:06:13 pm »
Dag 1: Ons gaan see toe (9 Okt)

Soos met ons ander trippies was hierdie een nie veel anders nie, almal kom uit hul onderskeie rigtings en ons tel mekaar maar so langs die pad op. Ons het mekaar almal die middag so na 16h00 by die Engen op Klawer gekry. Ons het die Suide/ Suid-Ooste wind baie geniet tot op Klawer. Ek het vir die eerste keer meer as 20 km/l gekry. Toe draai ons Wes, see toe en dis toe wat die wind ons begin roer!






Op Lutzville het ons petrol ingegooi, hout en kameel drolle (charcoal) gekoop en Tormin myn se  rigting ingeslaan. Die plan was om iewers die aand langs die see te kamp,so ons het gedruk om so ver moontlik Noord teen die kus op te kom. Net voor Namakwa Sands het die son ons verlaat en ons het besluit om kamp op te slaan. Het ek genoem dat die wind gewaai het? Hy het gePOMP!

Ons het sekergemaak niemand lei aan n proteen tekort nie. Daar is seker 25 na 30 skaap tjops gebraai met n geheime spice (fyn see sand - dankie wind). Om skeurbuik vir die naweek te verhoed het ons n butternut in wiggies gesny en in foelie toegedraai en in die kole gegooi. Hy is later n KTM pie gedoop. Toe ons weer sien was dit al na 23h00 en toe is dit ligte uit.










J










Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,738
  • Thanked: 781 times
    • dustriders.co.za
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #2 on: October 14, 2020, 10:42:37 pm »
Sub!! :thumleft: :drif:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Noneking

Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #3 on: October 15, 2020, 06:44:58 am »
Sub
2007 KTM 990 S
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,133
  • Thanked: 81 times
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #4 on: October 15, 2020, 07:16:19 am »
SUB!!! Die laaste foto is bedonnerd mooi!
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline Adriaan.theron

Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #5 on: October 15, 2020, 07:45:37 am »
SUB!!! Die laaste foto is bedonnerd mooi!
Hier is nog so paar wat ek gemis het.












Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Crankshaft

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 763
  • Thanked: 80 times
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #6 on: October 15, 2020, 07:51:23 am »
hahaha lekker man dis ou Gerhard van Podium Motorcycles.

Mens kan sien die manne het bietjie koud gekry as hulle nog daai tyd van die aand in hulle kit sit :lol8:

Dankie vir die lees stof, ek volg graag.
KDX 200, YFZ 450, YZ 250F, YZ 450F, WR 450F, R1200GS LC, R1200GS ADV LC, 2nd R1200GS ADV LC
Current: WR 450F & KTM 1290 Sup Adv R
 

Offline Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,784
  • Thanked: 312 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #7 on: October 15, 2020, 08:04:28 am »
Dit lyk nou na 'n baie lekker trippie... ek hoop julle is die keer 110% seker dat al die hekke agter julle toegemaak is  :pot:

Baie dankie vir die deel sover en vir die mooi foto's.

Nou wag ons in spanning vir die res van die RR  :thumleft:
Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR200R, 1983 Honda XL600R
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Limpopo
  • Posts: 2,041
  • Thanked: 85 times
  • Free as a bird
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #8 on: October 15, 2020, 08:05:34 am »
Dit lyk na 'n epic trip
Sien uit na die res van die avontuur.
Sold: Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS, Yamaha XT660Z
Current: NC750X, CRF230F
 

Offline LoopSoosStroop

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,373
  • Thanked: 78 times
  • Long live the TTR
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #9 on: October 15, 2020, 08:54:27 am »
Ai daai sand lyk darem nou lekker...
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,956
  • Thanked: 116 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #10 on: October 15, 2020, 03:12:33 pm »
...
Mens kan sien die manne het bietjie koud gekry as hulle nog daai tyd van die aand in hulle kit sit :lol8:
...

 :lol8:  ons almal ken daai "move"   :spitcoffee:

Sub, gooi nog   :ricky:
->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,738
  • Thanked: 781 times
    • dustriders.co.za
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #11 on: October 15, 2020, 03:21:20 pm »
...
Mens kan sien die manne het bietjie koud gekry as hulle nog daai tyd van die aand in hulle kit sit :lol8:
...

 :lol8:  ons almal ken daai "move"   :spitcoffee:

Sub, gooi nog   :ricky:
Weskus het ook daai een oorgekom in Kos in Julie maand, ma drie uur die oggend toe smeek hy om toegegooi te word met enigiets solank dit net nie sand is nie!! ;) :lol8: :imaposer:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Crankshaft

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 763
  • Thanked: 80 times
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #12 on: October 15, 2020, 03:26:12 pm »
...
Mens kan sien die manne het bietjie koud gekry as hulle nog daai tyd van die aand in hulle kit sit :lol8:
...

 :lol8:  ons almal ken daai "move"   :spitcoffee:

Sub, gooi nog   :ricky:
Weskus het ook daai een oorgekom in Kos in Julie maand, ma drie uur die oggend toe smeek hy om toegegooi te word met enigiets solank dit net nie sand is nie!! ;) :lol8: :imaposer:

 :imaposer: :imaposer: :imaposer: Chris was dit die jaar wat ek jou daar gekry het?  Dink dit was 2015 gewees.
KDX 200, YFZ 450, YZ 250F, YZ 450F, WR 450F, R1200GS LC, R1200GS ADV LC, 2nd R1200GS ADV LC
Current: WR 450F & KTM 1290 Sup Adv R
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,738
  • Thanked: 781 times
    • dustriders.co.za
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #13 on: October 15, 2020, 03:44:25 pm »
...
Mens kan sien die manne het bietjie koud gekry as hulle nog daai tyd van die aand in hulle kit sit :lol8:
...

 :lol8:  ons almal ken daai "move"   :spitcoffee:

Sub, gooi nog   :ricky:
Weskus het ook daai een oorgekom in Kos in Julie maand, ma drie uur die oggend toe smeek hy om toegegooi te word met enigiets solank dit net nie sand is nie!! ;) :lol8: :imaposer:

 :imaposer: :imaposer: :imaposer: Chris was dit die jaar wat ek jou daar gekry het?  Dink dit was 2015 gewees.
Ek dink dit was die jaar daarna dink 2016. Ongelukkig kry ek nie die Ride Report alhoewel ek die korrekte naam in tik. WD se search fucktion like my nie. ;D
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline JC

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,290
  • Thanked: 34 times
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #14 on: October 15, 2020, 03:56:33 pm »
...
Mens kan sien die manne het bietjie koud gekry as hulle nog daai tyd van die aand in hulle kit sit :lol8:
...

 :lol8:  ons almal ken daai "move"   :spitcoffee:

Sub, gooi nog   :ricky:
Weskus het ook daai een oorgekom in Kos in Julie maand, ma drie uur die oggend toe smeek hy om toegegooi te word met enigiets solank dit net nie sand is nie!! ;) :lol8: :imaposer:

 :imaposer: :imaposer: :imaposer: Chris was dit die jaar wat ek jou daar gekry het?  Dink dit was 2015 gewees.
Ek dink dit was die jaar daarna dink 2016. Ongelukkig kry ek nie die Ride Report alhoewel ek die korrekte naam in tik. WD se search fucktion like my nie. ;D
net so  ;D
 

Offline blackbird

Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #15 on: October 16, 2020, 04:15:02 pm »
...
Mens kan sien die manne het bietjie koud gekry as hulle nog daai tyd van die aand in hulle kit sit :lol8:
...
Daai foto vertel sy eie storie!

 :lol8:  ons almal ken daai "move"   :spitcoffee:

Sub, gooi nog   :ricky:
Weskus het ook daai een oorgekom in Kos in Julie maand, ma drie uur die oggend toe smeek hy om toegegooi te word met enigiets solank dit net nie sand is nie!! ;) :lol8: :imaposer:

 :imaposer: :imaposer: :imaposer: Chris was dit die jaar wat ek jou daar gekry het?  Dink dit was 2015 gewees.
Ek dink dit was die jaar daarna dink 2016. Ongelukkig kry ek nie die Ride Report alhoewel ek die korrekte naam in tik. WD se search fucktion like my nie. ;D
net so  ;D
Jaag en vat kanse, moenie indruk nie, die boek is klaar geskryf!
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,738
  • Thanked: 781 times
    • dustriders.co.za
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #16 on: October 16, 2020, 04:28:02 pm »
Kyk hoe mooi het JJR hom toegegooi met sy tent!! ;) :lol8: :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Adriaan.theron

Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #17 on: October 16, 2020, 04:50:05 pm »
Nou ja, dit help seker nie om dit uit stel nie. Hier is die eerste stukkie van dag twee:

Die oggend het almal so random 06h00 uit hulle gate begin kruip. Party agv oopgewondenheid oor die dag wat voorl en ander omdat hulle matrasse nie meer matrasse was nie.

Daar is koffie gemaak en alles is weer opgepak. Al wat ons wou agterlaat was ons kole en ons spore. Ek dink daar het een man bietjie meer as dit agtergelaat, maar as die natuur roep, moet jy antwoord.

















 



Almal het hulle fietse eers goed kan gegee om op te warm, want dit was van die begin af spin spin daar uit die sand uit.





Ons is toe by Namakwa Sands verby en ons het gedruk om by Groen Rivier se hek gekom.









Daar het ons die laaste rooster tjops van die vorige aand geet en die pad aangedurf.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Adriaan.theron

Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #18 on: October 18, 2020, 09:04:36 am »
Van Groenrivier se hek af het ons deur die Namakwa Nationale park gery na Hondeklibaai toe. Die keer het ons seker gemaak om die regte pad te volg en nie soos die vorige keer ure spandeer het om teen lyndrade in dik sand te ry/sukkel nie.

Vroeg, nog voor die eerste dik sand stuk het ons vir BJ verloor. Die probleem met die sand is jy kan nie heeltyd om kyk nie om te sien of almal nog oppad is nie. Ons het omgedraai en hom gaan soek.

Sy fiets was morsdood. Soos in enige rygroep waar KTM en BMW manne is, was die KTM seuntjies baie gretig om die BMW aan te hak en verder te sleep. Ek wonder of hulle gedink het hulle petrol sal uit die lug uit val...

Ons het toe besluit dat klink soos n los battery terminaal. Die enjin wil wil so op die starter oorslaan en dan niks. Battery uit, terminale gevyl, alles teruggesit en goed vasgedraai. Ons was weer oppad.



Ons het toe in twee kleiner groepies opgebreek vir die dele wat die sand baie dik is, anders vat dit net te lank om deur alles te kom.

Die was loshande die lekkerste deel vir die trip vir my. Ja daar is so een of twee keer omgeval, maar daar is vir my min goed so lekker soos om in daardie dink sand jou bike soos n boot te laat plane en dan net jou spoor te hou nie. Ek dink dit het met die adrenalien te doen, want jy sit op hierdie moerse bike, teen 70-80 km/h, in spoor wat so halwe meter wyd is, met die wete dat as jy die kante raak gaan jy beslis val dat jy kak.







Nou wat ek die fotos soek sien ek dat almal die stuk teveel geniet het en amper niks fotos geneem het nie. Een van die manne het darem n video aanmekaar gesit van ons hele trip. Ek sal dit opsit sodra ek alles klaar geskryf het.

Ons is toe Hondeklipbaai toe vir n middagete. 7x vis en chils, n paar koffies, n koeldrank of twee en toe het die drankwinkel skelmpies aan ons so paar yskoue Castle Lights en Hunters dry verkoop.







Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: October 18, 2020, 09:09:24 am by Adriaan.theron »
 

Offline 2StrokeDan

  • a Man of Character
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 24,394
  • Thanked: 1706 times
  • Slim like Bill, straight like Steve
Re: Wes-Kus uitstappie no 2 vir 2020
« Reply #19 on: October 18, 2020, 10:59:51 am »
Mooi fotos van n lekker stuk wereld.