Kanada 2.0

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Worsbeer

Race Dog
Joined
Feb 11, 2014
Messages
1,632
Reaction score
111
Location
Royal Ascot, Cape Town
Bike
KTM 1290 Super Adventure
So hier gaan hy!

Weet nie hoe mens die threads begin nie, maar die kort van die lank is ek is nou in Kanada. Ek het Saterdag geland na baie onsekerheid met die hele COVID storie. Ek sit nou in 14 dae self kwarentyn so die fotos raak nie meer nie, want ek mag net op die erf rond loop.

Nou elke groot besluit begin met 'n goeie afskeid. Nou ek het probeer om soveel as moontlik afskeide te hou en terselfde tyd die risiko om corona te kry ook laag te hou. Dit het omtrent 'n briek op alles gesit. Daar was baie planne en een was om vir oulaas 'n lekker motorfiets trip te doen so ver as wat ek kan, maar moes die risiko om corona te kry so laag as moontlik hou, want dit sal 'n moerse waste wees om dit te kry net voor ek moet vlieg. So het my ma dit paar weke gelede ook gekry en kon ek haar nie eens gaan groet omdat ons nie die kans wou vat nie.
 
Top