Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Kaokoland Odyssey - November 2020  (Read 476 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 1,579
  • Thanked: 7 times
Kaokoland Odyssey - November 2020
« on: November 13, 2020, 01:12:39 pm »
Kaokoland Odyssey ( 6/11/2020 10/11/2020)

Ek sal maar eerder die trip report in Afrikaans doen want my Oxford engels is nie te voldaan nie.

Chris Sandmann van Namvic toere in Namibia het die hele toer gereel. Ons sou oorspronklik in
Augustus gaan maar COVID 19 het alles deurmekaar gekrap. Ons was oorspronklik in Augustus
14 motorfietse maar was op die ou end net 7.

Vrydag groep: Koot KTM 1290
                          Werner (Baches) KTM 690
                          Stefan KTM 790
                          Wikus KLR 650

Vrydag  6 November 2020 403 km
Ons groep van Walvisbaai het al die Donderdag 5 November 2020 deur gery tot in Outjo waarvandaan ons die Vrydag oggend sou deur ry na Kamanjab  en die bikes aflaai en daarvandaan na Opuwo (die hoofdorp in Noord-Wes Kaokoland). So gemaak en Vrydag oggend het ons 10 uur vertrek na  Opuwo.Die roete het gestrek vanaf Opuwo uit op die Palmwag pad en na 60 km het ons afgedraai by Erwee waar ons aanvanklik op sanderige tweespoor paadjies gery het wat later verander het in klipperige paadjies. Die beste keuse fiets van die hele trip was die KTM 690. Dis net jammer dat die seat blykbaar net n after thought by KTM is. My gat was af na dag 3 en het toe maar staan staan klaar gery. Die 1290 en 790 was verbasend in die klippe maar die KLR het swaar gekry met die suspensie wat nie lekker saamgewerk het nie in die klippe nie. Daar was redelik baie kameelperde asook springbokke en veewagters met hulle boerbokke. Ons het later op die Palmwag / Sesfontein grondpad uitgekom waar ons toe Opuwo toe is. Die KLR het beginne mis en dit was die Saterdag duidelik dat die bike nie sal saam gaan nie. Het nog nie die probleem gevind nie. Is gewoonlik die 690s wat probleme gee maar die trip nie. Die fotos vertel die res.

« Last Edit: November 13, 2020, 01:14:01 pm by Baches »
KTM 1290 Super Adventure R
KTM 500 EXC
KTM 690 Enduro R
 

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 1,579
  • Thanked: 7 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #1 on: November 13, 2020, 01:17:55 pm »
Saterdag 7 November 2020 230 km ( Opuwo Intanga Marble Camp )
Saterdag groep: Koot KTM 1290
                             Chris KTM 1190
                             Stefan KTM 790
                            Werner KTM 690
                            Quinton 660 Tenere
                            Andre GS 650

Na n gesukkel tot 12 uur met die KLR het ons moed opgegee en is toe veels te laat uit Opuwo weg. Aanvanklik het ek gedink met net 230 km gaan ons voor aand ete by die kamp (Marbelcamp) wees. En was ek nie verkeerd nie. Ons het 12H15 weg getrek en by kilometer nommer 20 val Quinton sy sleutelbeen af. Casavac terug Opuwo toe waar hulle wragtig xtrale kan neem. Beskawing is al ver Noord in Namibia. Teen 13H30 was ons weer op pad en die grondpad was mooi tot in Itanga waar ons op n growwe klipperige grondpad geland het. 80 km om te gaan en dit het ons 4 ure gevat. Redelik baie kameelperde gekry met lang sandvlaktes waar power slides die in ding was. Ons was so 20H15 in die kamp en die backup bakkie met twee van die bikes wat by hulle gebly het was eers middernag in die kamp. Ons het n vreeslike kamp kommendant die aand gehad en was na n uur of twee so slim soos n boom vol uile. Geniet die fotos.
KTM 1290 Super Adventure R
KTM 500 EXC
KTM 690 Enduro R
 

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 1,579
  • Thanked: 7 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #2 on: November 13, 2020, 01:21:36 pm »
Nog foto's
KTM 1290 Super Adventure R
KTM 500 EXC
KTM 690 Enduro R
 

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 1,579
  • Thanked: 7 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #3 on: November 13, 2020, 01:24:36 pm »
Sondag 8 November 2020 125 km ( Marble Camp Rooi Drom Blou drom Oranje drom Serra Cafema)

Saterdag oggend was ons vroeg uit die kamp uit waar ons vir die karre na so 25 km by Rooi Drom gewag het. Rooidrom is deur Jan Joubert daar gesit en is maar eintlik net n baken. Ek en Stefan het toe net gou gaan kyk of die Isuzu wat n landmyn getrap het nog daar staan. Lekker sand paadjie met baie speelplek. Vanaf rooi drom was dit redelik high speed paadjie to by Oranje drom waar ons afgedraai het na Serra Cafema. Hulle doen blykbaar net fly ins vir die toeriste en kos blykbaar N$ 14 000,00 per na per persoon en jy moet minimum 2 nagte bly. Needless to say het ons by die tented camp gebly wat ook N$ 1000.00 per nag gekos het maar die uitkyk was beslis die moeite werd en ons het n boot trip rivieraf gehad. Ons wou swem maar daar was groot krokodille gewees so het dit toe maar gelos. Die sandduine na die kamp was nogal tricky met die waaisand wat plek plek sag was en die groter (1190 en 1290 ) het taamlik gesukkel. Die KTM 790 was nogal impressive en was volgens my mening meer as goed genoeg vir so n tipe trip. Sy seat is ten minste beter as my strykplank martel masjien. Ons het n blyrie goeie sjef gehad. Jako en sy helper Joe. Die KTM 1290 ( ek weet ek weet KTM = kom tou my maar ons het gelukkig n backuo bakkie en trailor gehad ) het beginne kook in die sand op pad na Serra Cafema. Meer daaroor die volgende dag. Geniet die fotos.
KTM 1290 Super Adventure R
KTM 500 EXC
KTM 690 Enduro R
 

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 1,579
  • Thanked: 7 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #4 on: November 13, 2020, 01:29:22 pm »
Maandag  9 November 2020 280 km (Serra Cafema Leylandsdrif Huariseb rivier)

Maandag oggend het ons 2 ure gesukkel om die bakkie met trailors en die swaar KTMs uit te kry met die sagte sand. Bo op die laaste duin het die KTM 1290 net een stoomwolk gemaak entoe staan hy. Ons , eintlik Marcell moes toe maar die bike strip en die elektriese drade van my kar pomp gebuik om die fans direk deur die spotlight switch vanaf die battery te laat werk. Toe het dit redelik beter gegaan behalwe dat die computer toe die hele tyd die fans bly soek. ( dis mos nou uit geplug) Die pad was seker 200 meter breed en het ons tot by groen drom gevat. Daar het ons middag ete gevat en toe redelike lekker klip 2 spoor paadjies gery op pad Orubempe toe. Ons het ook verby die klip mannetjies gery wat deur n Trevor wat op Omaruru bly gemaak word. Daar is glo 24 van hulle en elkeen het n nommerplaatjie op. Is blyrie goed gedoen en daar is manne wat toere aan bied wat na al die klip mannetjies toe ry. Die pad was n fees met redelik wild. Zebras en springbokke. Die pad vanaf Orupembe tot by Purros was geskraap. Seker die eerste keer in 100 jaar want ek het hom nog nooit so gesien nie. Was lekker highspeed tot in die Huriaseb rivier waar ons die aand  wild camping in die rivier gedoen het. Daar is leeus ens. maar die manne het te veel gesnork. Geniet die fotos.

KTM 1290 Super Adventure R
KTM 500 EXC
KTM 690 Enduro R
 

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 1,579
  • Thanked: 7 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #5 on: November 13, 2020, 01:36:37 pm »
Dinsdag 10 November 2020 375 km ( Hoariseb rivier via Puros Sesfontein Palmwag Kamanjab )

Die Dinsdag was een van die hoogtepunte deurdat ons vir 30 km deur water gery het. Daar is sterk fonteine wat deur die jaar loop en ons het seker 30 plus keer die rivier gekruis wat geloop het. Ons wat in die woestyn bly ken nie so iets nie so dit was n gespelery en ons was sopnat toe ons in Purros uit kom. Al wild wat ons in die rivier gesien het was gemsbokke met kleintjies en n paar springbokke. Daar was wel olifant spore en mis maar kon hulle nie kry nie. Vanaf Purros tot by Kamanjab was grondpad en was maar redelik vervelig na wat ons die afgelope 3 dae beleef het.

Die wat al in die kaokoland was op n motorfiets sal saam stem dat dit n moerse ondervinding is. Ek sal dit definitief weer doen met miskien die Van Zylss pas wat ek ook sal wil ry. Op en af. Geniet die fotos.

KTM 1290 Super Adventure R
KTM 500 EXC
KTM 690 Enduro R
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,157
  • Thanked: 838 times
    • dustriders.co.za
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #6 on: November 13, 2020, 03:23:52 pm »
En so volg die 650 GSie die race ready pack al die pad!! ;) :lol8:
« Last Edit: November 13, 2020, 03:24:40 pm by ChrisL - DUSTRIDERS »
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline dw1

Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #7 on: November 13, 2020, 10:32:26 pm »
Lekker report - Dankie
Bly maar mooi wereld daai
Current KTM 950 Adv, R80G/S x 2, TW200,  DR200 Djebel,, XR500R
Previous: YAM AG175, BSA Lightning 650, XT500, KAWA KZ1300, XR500R, VF750-4 BMW K100, WR45,0 DR650 x 2,  XT600 Tenere, XR200,
 

Offline Ri

Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #8 on: November 13, 2020, 11:16:56 pm »
Pragtige foto's en lekker RR.

Dankie vir die deel ;D
 

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 1,579
  • Thanked: 7 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #9 on: November 16, 2020, 06:47:36 am »
ChrisL behalwe van die pap suspensie loop daai ou GS'e darem nog lekker en is super lig op petrol.
KTM 1290 Super Adventure R
KTM 500 EXC
KTM 690 Enduro R
 

Offline skydiver

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Limpopo
  • Posts: 2,119
  • Thanked: 100 times
  • Free as a bird
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #10 on: November 16, 2020, 07:31:48 am »
Julle ry deur mooi wereld.
Dankie vir die RR
Sold: Yamaha PW80, Honda MT5, Honda XR200, Kawazaki KDX200, Yamaha TTR250, Yamaha XT660R, BMW F800, BMW F650GS, Yamaha XT660Z, CRF230F
Current: NC750X
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 5,784
  • Thanked: 189 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #11 on: November 16, 2020, 10:11:07 am »
nice trip! Dankie vir die deel

Wat was toe fout met die 1290 dat hy warm word? Die nuwe groot KTMs raak nie sommer warm nie
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline Grunder

Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #12 on: November 16, 2020, 10:29:54 am »
Lekker trip  :ricky:

Dankie vir die deel
NC700 F800GS
 

Offline Edgar

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1050 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,646
  • Thanked: 237 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #13 on: November 16, 2020, 11:36:56 am »
Jis dit lyk awesome!  :3some:
 

Offline geno.box

Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #14 on: November 17, 2020, 06:40:44 pm »
Baie mooi!

Sent from my Redmi Note 8 using Tapatalk

 

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1290 Super Adventure
    Location: Namibia
  • Posts: 1,579
  • Thanked: 7 times
Re: Kaokoland Odyssey - November 2020
« Reply #15 on: November 18, 2020, 01:31:43 pm »
mOlt3n die fans wou nie in skop nie. Kan of die radiator cap wees of daar was 'n lugborrel in die radiator. Lyk darem nie of die engine seergekry het nie.
KTM 1290 Super Adventure R
KTM 500 EXC
KTM 690 Enduro R