Kaokoland Odyssey - November 2020

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Baches

Race Dog
Joined
Jan 25, 2008
Messages
1,626
Reaction score
1
Location
Walvis Bay
Bike
KTM 1290 Super Adventure
Kaokoland Odyssey ( 6/11/2020 – 10/11/2020)

Ek sal maar eerder die trip report in Afrikaans doen want my Oxford engels is nie te voldaan nie.

Chris Sandmann van Namvic toere in Namibia het die hele toer gereel. Ons sou oorspronklik in
Augustus gaan maar COVID – 19 het alles deurmekaar gekrap. Ons was oorspronklik in Augustus
14 motorfietse maar was op die ou end net 7.

Vrydag groep: Koot – KTM 1290
                          Werner (Baches) – KTM 690
                          Stefan – KTM 790
                          Wikus – KLR 650

Vrydag  6 November 2020 – 403 km
Ons groep van Walvisbaai het al die Donderdag 5 November 2020 deur gery tot in Outjo waarvandaan ons die Vrydag oggend sou deur ry na Kamanjab  en die bikes aflaai en daarvandaan na Opuwo (die hoofdorp in Noord-Wes Kaokoland). So gemaak en Vrydag oggend het ons 10 uur vertrek na  Opuwo.Die roete het gestrek vanaf Opuwo uit op die Palmwag pad en na 60 km het ons afgedraai by Erwee waar ons aanvanklik op sanderige tweespoor paadjies gery het wat later verander het in klipperige paadjies. Die beste keuse fiets van die hele trip was die KTM 690. Dis net jammer dat die seat blykbaar net ‘n “after thought ”by KTM is. My gat was af na dag 3 en het toe maar staan staan klaar gery. Die 1290 en 790 was verbasend in die klippe maar die KLR het swaar gekry met die suspensie wat nie lekker saamgewerk het nie in die klippe nie. Daar was redelik baie kameelperde asook springbokke en veewagters met hulle boerbokke. Ons het later op die Palmwag / Sesfontein grondpad uitgekom waar ons toe Opuwo toe is. Die KLR het beginne mis en dit was die Saterdag duidelik dat die bike nie sal saam gaan nie. Het nog nie die probleem gevind nie. Is gewoonlik die 690’s wat probleme gee maar die trip nie. Die foto’s vertel die res.

 

Attachments

  • PHOTO-2020-11-07-16-16-41 (1).jpg
    PHOTO-2020-11-07-16-16-41 (1).jpg
    208.7 KB · Views: 344
  • PHOTO-2020-11-07-16-16-42 (2).jpg
    PHOTO-2020-11-07-16-16-42 (2).jpg
    217.9 KB · Views: 335
  • PHOTO-2020-11-07-16-16-40.jpg
    PHOTO-2020-11-07-16-16-40.jpg
    157.3 KB · Views: 341
Top