R 700 is te duur.
Shop rond.
Dit is die moeite werd.
Beslis meer puncture bestand as ń dun binneband.
Die swaardiens binneband blyk ook rondom ń doring te seël.
Wanneer ek nuwe bande laat opsit, word ek meestal ingelig dat daar dorings in die binneband was.
Ander vreemde voorwerpe gaan seker die binneband meer en makliker as ń doring beskadig.
As jy iets soos slime insit, kan jy nie die tube patch nie, maar jy kan ń spaar dun 21 duim binneband saamry. Baie manne ry so.
Tubeliss conversions, soos speek nipples met Sikaflex seël is gevaarlik, omrede die band wanneer dit pap word, na die middel van die rim beweeg en hantering gevaarlik raak.
ń Tubeliss rim, het ń lip om die band in posisie te hou.
Met goeie bande en dik tubes, het ek nog nooit ń papwiel gehad, wat moes reg gemaak word nie. Net stadige lekke.
Ek behoort myself te kan help, maar is nie bedrewe met band regmaak nie.
Ry saam met iemand wat kan, en betaal met ń koue bier of twee!
Dik binnebande help snake bites te voorkom.
Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk