Baie dankie!
Ek gaan juis môre in vir 'n klein operasietjie om die Side Entry skade reg te maak - 'n klein stukkie been in my voetbrug het afge"chip" toe die motorfiets op my haak geval, en ek dit uit gewring het. Ek is baie dankbaar dis net 'n stukkie been, en nie ligamente nie! Altyd gesê ek het rubber enkels, en lyk my dis die waarheid

Ek gaan hierdie een nog deeglik deurlees 
My volgende trip waaraan ek skaaf is juis 'n side entry, gewone Baviaans en 'n Grootrivierpoort 
@Dutchman81 , checkit uit. 
Amazing roete, en groot pret as jy (anders as ek) KAN ry. Klink darem asof party van hierdie paaie onlangs bietjie opgevul is - daar is 'n thread oor Grootrivierpoort se toestand.
eks laat....
maar lekker RR! Ek het dit nou geniet. Altyd lekker wereld daai om te ry
Ek begin al dink om hierdie weer te doen, nadat ek gedink het NOOIT weer nie...

DS is soos swangerskap, lyk dit my. Mens vergeet die pyn en onthou net hoe amazing dit was. Ek was so gestres die eerste keer, ek wil weer rustig gaan ry en mooier foto's neem. En kyk of dit regtig so erg was as wat dit op daardie tyd gevoel het
