Hulp met Bike Trailer

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

WannaBeJoe

Pack Dog
Joined
Sep 29, 2019
Messages
451
Reaction score
237
Location
Western Cape
Bike
Kawasaki KLR 650
Ek dink sterk daaraan om 'n bike trailer te koop. My 13 jarige seun het 'n Kawasaki KDX200 (2-stroke) en ek 'n KLR650. Die idee is om die bikes te trailer na, byvoorbeeld iewers innie Karoo, en dan daar te ry. Ek sleep met 'n Gelandewagen so die trailer moet basies net die bikes dra, die res gooi ons in die trokkie.

Ek het begin loer na trailers en voel half dat die meeste regtig moerse swaar is en dalk onnodiglik so. Hulle het soliede of expanded metal vloere ens. Daar is 'n paar trailers wat weer baie lig voorkom, basies net 'n raam met spore waarin die bikes staan. Geen soliede vloere nie, maw, 'n baie oop en ligter konstruksie. Ek vermoed hierdie is meer Europese trailers (het al van hulle in Europa gesien).

My vraag is dus: gegewe dat ek twee bikes oor teer en grondpad wil vervoer, waarna moet ek oplet in die trailer wat ek daarvoor wil aanskaf?
 
Top