Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Malgas pont  (Read 850 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline dual

Malgas pont
« on: January 24, 2021, 07:55:43 am »
Gister na 'n baie lang tyd van wik en weeg, Malgas pont toe gery
Dinge het maar net nie uitgewerk om soontoe te ry nie, weet nie eintlik wat alles in die pad gekom het nie, maar gister was anders
Nooi gewoonlik een of twee maats om saam te ry, maar niemand kon nie, was dalk in die verlede ook so gewees
Besluit ek en baas miesies om alleen te ry
Dink op die ou end dit is die nuwe norm om maar alleen te ry, ek stop baie vir fotos en geocaches en kom agter dit val nie in almal se smaak nie
So, allen ry is die nuwe ry

Mees Suidelikste pas in Suid-Afrika







Napier



Sien toe 'n padpredikant wat sÍ Napierstasie

Het nog nooit Napier se stasie gesien nie, die beton inligtingsbord wat gewoonlik by die stasies staan, is by die ossewa gedenkteken by die dorp se einde, maar die stasie is nie daar nie
Volg toe my neus in die rigting van waar ek dink die spoorlyn loop, stasie behoort langs die spoorlyn te wees
Nuwe pad en ontdekking vir my
Die was die ou Napier stasie









Nog nie die pad gery nie, ompad om weer by die hoofpad te kom





So kort stukkie los sand net om mens weer lekker wakker te maak en te laat fokus









BloukraanvoŽls



Lekker gravel highway, nie 'n voertuig in sig nie





Deur Bredasdorp en afdraai, Malgas se kant toe

Hier was die pad baie klipperig en plek-plek los genoeg om die aandag op die edge te hou
Heerlik met bitter min verkeer, die pad tot by Malgas drie voertuie gekry







Ouplaas en Agri stoor, dink nie ek het al hier aangedoen nie, ry net elke keer verby, gestop vir 'n koeldrank, was lekker warm daar buite, tussen 33 en 35 grade
Selfs brandstof hier te kry, goed om te onthou







Nog BloukraanvoŽls met kleintjies en Volstruise



















Die donkies saam die skape, nie my bril opgehad nie en sommer gemik en druk met die kamera, toe kom die uit op die foto, wonder of die skape die uitwerking op die donke gehad het, dalk 'n donkie van AustraliŽ





En toe die nuwe pont
Ek is in twee oor die nuwe pont, beslis nie die oue nie, raas, is vinnig, seker doelmatig, maar doen dit nie heeltemal vir my nie
Was nou daar en het hom gery, boksie afgetiek



















Malgas hotel en ietsie op die stoep gaan eet
Die hotel se mense kry bitter swaar, geen toerisme nie, die vrou by ontvangs praat van afleggings en verminderde salarisse, die kos en diens is steeds op standaard en ek sal weer kom, maar meer vir ondersteuning vir hotel as vir pont
Darem ook brandstof hier











Die oue en die nuwe



Die terugtog het ek beplan om nuwe geocaches te kry, 5 in totaal gekry en staan op 555























Die pad is goed en weer min voertuie, die wind het begin optel en gelukkig weg van die verkeer gewaai, die stof het dus nie gepla nie



Op die bult staan die gebou, lyk soos 'n ou kerk dalk



Anders as gewoonlik om net aan te hou ry, besluit ek om te gaan kyk, kort afdraai om weer terug te kom op hoofpad















Van hier af is dit voorwaarts om tuis te kom
Die wind ruk en pluk die valhelms ongenadiglik
Eintlik regtig mislik en ek en baas miesies kan vanoggend voel, die nekspiere het gewerk







Caledon, die kerk en een van die sein kanonne wat gebruik is toendertyd, voor die poskantoor sy staanplek gekry, maar die verweer is aan die gebeur





'n Laaste pas oor voor ons huis toe gaan



340 km se lekker, dit bly darem 'n heerlike avontuur, wonder of ons regtig aldag besef hoe lekker dit is om in hierdie omgewing te woon
Dink darem ek waardeer en besef dit nog



Fluit-fluit, my storie is uit
« Last Edit: January 24, 2021, 07:58:55 am by dual »
 
The following users thanked this post: GeelKameel, Gravel_Seeker

Online LouisXander

  • Lesotho (K)night rider.
  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 11,395
  • Thanked: 233 times
  • Member of the Secret Sazook Society...
Re: Malgas pont
« Reply #1 on: January 24, 2021, 08:03:41 am »
Nice man!
Don't dress for the ride,........dress for the fall!
 
The following users thanked this post: dual

Offline fixit

Re: Malgas pont
« Reply #2 on: January 24, 2021, 08:20:17 am »
Lekker man. Those cranes are too beautiful. The last time we passed there, I got a shot of about 20 in one spot. I must go shearch for that pic.
Happiness is not getting what you want, but appreciating  what you already have.
 
The following users thanked this post: dual

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,819
  • Thanked: 390 times
Re: Malgas pont
« Reply #3 on: January 24, 2021, 08:21:47 am »
Altyd lekker om jou trippies te lees en kyk.   :thumleft: :thumleft:

Daai eetplek in Napier bak die lekkerste brood en maak lekker tuisgemaakte jams.   :deal:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.
 
The following users thanked this post: dual

Offline BMWPE

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,270
  • Thanked: 88 times
  • Port Elizabeth
Re: Malgas pont
« Reply #4 on: January 24, 2021, 08:24:01 am »
 :thumleft: dankie
Rallye
 
The following users thanked this post: dual

Offline dual

Re: Malgas pont
« Reply #5 on: January 24, 2021, 08:27:21 am »
 
The following users thanked this post: RobC

Online OomD

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,527
  • Thanked: 499 times
  • #imstayingpositive
Re: Malgas pont
« Reply #6 on: January 24, 2021, 08:30:39 am »
Wat 'n lekker rit. Mooi fotos!  :thumleft: Daai km op die dash is sekerlik nie die odo nie?
 
The following users thanked this post: dual

Offline dual

Re: Malgas pont
« Reply #7 on: January 24, 2021, 08:37:15 am »
Wat 'n lekker rit. Mooi fotos!  :thumleft: Daai km op die dash is sekerlik nie die odo nie?

Dit is  :biggrin: toe ek die fiets gekoop het so maand gelede was hy op 4 232, dit is vinnig besig om te verander, ry, gaan hy gery word
 

Offline Splash

Re: Malgas pont
« Reply #8 on: January 24, 2021, 08:42:21 am »
Great trip. Thanks for sharing.
Have bike, will ride.
 
The following users thanked this post: dual

Offline BliknÍrs

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,532
  • Thanked: 115 times
  • I never finish anyth
Re: Malgas pont
« Reply #9 on: January 24, 2021, 09:09:40 am »
Lekker gelees en gekyk, dankie Martin.
G450X
 
The following users thanked this post: dual

Offline Stichhom

Re: Malgas pont
« Reply #10 on: January 24, 2021, 09:24:28 am »
@dual. Dis n lekker RR, interessante plekke en mooi fotos. Die Wes-Kaap is darem maar mooi...eendag wil ek nog daar gaan ry...miskien saam julle. Groete :3some:
Keep a cool head - life is precious!
 
The following users thanked this post: dual

Offline jaybiker

  • Old school=Old's cool.
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,839
  • Thanked: 315 times
Re: Malgas pont
« Reply #11 on: January 24, 2021, 03:03:17 pm »
Lots of great pics! Thanks for the post. :thumleft:
Succumb not to the erosion of those born of unconsecrated union.

"Two Wheels, an engine and a place to sit." What more do you need?

2021 a milestone. 60 years a biker.
 
The following users thanked this post: dual

Online DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 32,867
  • Thanked: 976 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Malgas pont
« Reply #12 on: January 24, 2021, 04:06:28 pm »
Napier se stasie is n hartseer gesig, Napier is die bread basket van Suid Afrika en nie een graan trein doen meer daar aan!!! Als word per pad weggery!! :( >:(
Ek hoop daai twee klein kraanvoŽltjies is ok hulle staan dan binnein die waterkrip?!!!Hoop hulle kon uit!!?? :o :o
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
The following users thanked this post: dual

Offline dual

Re: Malgas pont
« Reply #13 on: January 24, 2021, 04:43:32 pm »
Napier se stasie is n hartseer gesig, Napier is die bread basket van Suid Afrika en nie een graan trein doen meer daar aan!!! Als word per pad weggery!! :( >:(
Ek hoop daai twee klein kraanvoŽltjies is ok hulle staan dan binnein die waterkrip?!!!Hoop hulle kon uit!!?? :o :o

Die kleintjies het redelik hoog al gestaan, dink darem hulle is OK
Ons kry gereeld BloukraanvoŽls in die water staan, lyk my hulle hou van water

Al die stasies in die Ruens raak history  :(
« Last Edit: January 24, 2021, 04:44:41 pm by dual »
 

Offline 2StrokeDan

  • a Man of Character
  • Worshond
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 25,833
  • Thanked: 2127 times
  • Slim like Bill, straight like Steve
Re: Malgas pont
« Reply #14 on: January 24, 2021, 04:55:29 pm »
Dankie Dual, ek wag al lank om mooi foto's en verslag te sien van iemand wat met die afskuwelike nuwe drywende brug oor die Breede gewaag het.

Hoekom het die ding so n helse beheertoring op?  Om motors uit Kuilsrivier te sien kom?

As hy in volle operasie gaan, sal die kabel nie daar wees nie, hoor ek.  Hoe stuur hulle die vlot? Wat van die stroom?
 
The following users thanked this post: dual

Offline dual

Re: Malgas pont
« Reply #15 on: January 24, 2021, 05:07:10 pm »
Dankie Dual, ek wag al lank om mooi foto's en verslag te sien van iemand wat met die afskuwelike nuwe drywende brug oor die Breede gewaag het.

Hoekom het die ding so n helse beheertoring op?  Om motors uit Kuilsrivier te sien kom?

As hy in volle operasie gaan, sal die kabel nie daar wees nie, hoor ek.  Hoe stuur hulle die vlot? Wat van die stroom?

Ek dink die toring is aan die kant en hoog om uit die pad te wees, die operator sit daar bo en beheer die ding
Lyk my die kabel gaan verdwyn, dink dit was een van die redes hoekom die pont vervang moes word
Die ding het 'n helse enjin aan boord (wat raas) en aandryf motors word hidrolies beheer, dink hy sou seker goed genoeg beplan gewees het om dit teen te werk
Ek wou graag opklim en die beheerkamer sien, maar word nie toegelaat nie
Hy trek nou regtig nie my aandag nie
 

Offline 2StrokeDan

  • a Man of Character
  • Worshond
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 25,833
  • Thanked: 2127 times
  • Slim like Bill, straight like Steve
Re: Malgas pont
« Reply #16 on: January 24, 2021, 05:14:26 pm »
 
Dankie Dual, ek wag al lank om mooi foto's en verslag te sien van iemand wat met die afskuwelike nuwe drywende brug oor die Breede gewaag het.

Hoekom het die ding so n helse beheertoring op?  Om motors uit Kuilsrivier te sien kom?

As hy in volle operasie gaan, sal die kabel nie daar wees nie, hoor ek.  Hoe stuur hulle die vlot? Wat van die stroom?

Ek dink die toring is aan die kant en hoog om uit die pad te wees, die operator sit daar bo en beheer die ding
Lyk my die kabel gaan verdwyn, dink dit was een van die redes hoekom die pont vervang moes word
Die ding het 'n helse enjin aan boord (wat raas) en aandryf motors word hidrolies beheer, dink hy sou seker goed genoeg beplan gewees het om dit teen te werk
Ek wou graag opklim en die beheerkamer sien, maar word nie toegelaat nie
Hy trek nou regtig nie my aandag nie

 :thumleft:
 

Offline Roxtar

  • REV IT UP
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: North West
  • Posts: 3,013
  • Thanked: 167 times
  • Aka Sprocket Face
Re: Malgas pont
« Reply #17 on: January 25, 2021, 03:21:58 pm »
Nice trippi Doolie....lekker lees dki en ja, stem met die nuwe styl van alleen ry.... sien dit ook hier.
Long live the Underdog.........
 
The following users thanked this post: dual

Offline danielsaaiman

Re: Malgas pont
« Reply #18 on: January 25, 2021, 04:21:07 pm »
Vertel ons 'n bietjie van die geocaching ding. Lyk interessant.
Current: 2014 KTM 690 Enduro R, 2014 KTM 350 XCF-W, 2013 Triumph Tiger 800 XC

Past: Kawasaki KLR 650, Kawasaki KLE 500, Kawasaki KX 125, Suzuki Bandit 250, Husqvarna SMR 125, Honda CRF 250X

YOUTUBE CHANNEL: https://www.youtube.com/channel/UCiIcPu7PbAnTfBpKQDPrTGA
 

Offline dual

Re: Malgas pont
« Reply #19 on: January 25, 2021, 04:44:05 pm »
Vertel ons 'n bietjie van die geocaching ding. Lyk interessant.

https://www.geocaching.com/play/search

Dit is waar jy tupperware soek met behulp van miljoeme dollar se tegnologie   :biggrin:

« Last Edit: January 26, 2021, 11:08:33 am by dual »