Malgas pont

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

dual

Race Dog
Joined
May 2, 2010
Messages
3,237
Reaction score
583
Location
Hermanus
Bike
BMW R1200GS
Gister na 'n baie lang tyd van wik en weeg, Malgas pont toe gery
Dinge het maar net nie uitgewerk om soontoe te ry nie, weet nie eintlik wat alles in die pad gekom het nie, maar gister was anders
Nooi gewoonlik een of twee maats om saam te ry, maar niemand kon nie, was dalk in die verlede ook so gewees
Besluit ek en baas miesies om alleen te ry
Dink op die ou end dit is die nuwe norm om maar alleen te ry, ek stop baie vir fotos en geocaches en kom agter dit val nie in almal se smaak nie
So, allen ry is die nuwe ry

Mees Suidelikste pas in Suid-Afrika







Napier



Sien toe 'n padpredikant wat sê Napierstasie

Het nog nooit Napier se stasie gesien nie, die beton inligtingsbord wat gewoonlik by die stasies staan, is by die ossewa gedenkteken by die dorp se einde, maar die stasie is nie daar nie
Volg toe my neus in die rigting van waar ek dink die spoorlyn loop, stasie behoort langs die spoorlyn te wees
Nuwe pad en ontdekking vir my
Die was die ou Napier stasie









Nog nie die pad gery nie, ompad om weer by die hoofpad te kom





So kort stukkie los sand net om mens weer lekker wakker te maak en te laat fokus









Bloukraanvoëls



Lekker gravel highway, nie 'n voertuig in sig nie





Deur Bredasdorp en afdraai, Malgas se kant toe

Hier was die pad baie klipperig en plek-plek los genoeg om die aandag op die edge te hou
Heerlik met bitter min verkeer, die pad tot by Malgas drie voertuie gekry







Ouplaas en Agri stoor, dink nie ek het al hier aangedoen nie, ry net elke keer verby, gestop vir 'n koeldrank, was lekker warm daar buite, tussen 33 en 35 grade
Selfs brandstof hier te kry, goed om te onthou







Nog Bloukraanvoëls met kleintjies en Volstruise



















Die donkies saam die skape, nie my bril opgehad nie en sommer gemik en druk met die kamera, toe kom die uit op die foto, wonder of die skape die uitwerking op die donke gehad het, dalk 'n donkie van Australië





En toe die nuwe pont
Ek is in twee oor die nuwe pont, beslis nie die oue nie, raas, is vinnig, seker doelmatig, maar doen dit nie heeltemal vir my nie
Was nou daar en het hom gery, boksie afgetiek



















Malgas hotel en ietsie op die stoep gaan eet
Die hotel se mense kry bitter swaar, geen toerisme nie, die vrou by ontvangs praat van afleggings en verminderde salarisse, die kos en diens is steeds op standaard en ek sal weer kom, maar meer vir ondersteuning vir hotel as vir pont
Darem ook brandstof hier











Die oue en die nuwe



Die terugtog het ek beplan om nuwe geocaches te kry, 5 in totaal gekry en staan op 555























Die pad is goed en weer min voertuie, die wind het begin optel en gelukkig weg van die verkeer gewaai, die stof het dus nie gepla nie



Op die bult staan die gebou, lyk soos 'n ou kerk dalk



Anders as gewoonlik om net aan te hou ry, besluit ek om te gaan kyk, kort afdraai om weer terug te kom op hoofpad















Van hier af is dit voorwaarts om tuis te kom
Die wind ruk en pluk die valhelms ongenadiglik
Eintlik regtig mislik en ek en baas miesies kan vanoggend voel, die nekspiere het gewerk







Caledon, die kerk en een van die sein kanonne wat gebruik is toendertyd, voor die poskantoor sy staanplek gekry, maar die verweer is aan die gebeur





'n Laaste pas oor voor ons huis toe gaan



340 km se lekker, dit bly darem 'n heerlike avontuur, wonder of ons regtig aldag besef hoe lekker dit is om in hierdie omgewing te woon
Dink darem ek waardeer en besef dit nog



Fluit-fluit, my storie is uit
 
Top