Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Merweville  (Read 1457 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 51 times
Merweville
« on: February 02, 2021, 01:54:17 pm »
Merweville.  Hoeveel keer het ek jou nie al deurkruis nie? Bo van Theekloofpas se rigting. Die mooie Rammelkoppas. Vanaf Koupstasie of sommer met die plaaspaaie vol skaapspoortjies.  En toe nou die keer met die grootpad.  Netjies geteer vanaf Prins Albert Stasie.  Die keer ry ons nie deur nie.  Ons bly oor.

Dis warm.  Dis tjoklits-in-die-yskas-hou warm.  n Vriendelike gesig agter die kafee-toonbank word inderhaas met n masker bedek.  Al die pad van Ladismith af?  My jinne.  Ek hoor dis so mooi daar.  Ek was nog nooit daar nie  Loslekkers in koerantpapier.  Kerse en blouseep.  Niks, maar alles.

My roomys se sakkie val uit my hand uit.  Vir n oomblik is die silwerskoon strate bederf soos ek in die koggelende bries agter hom aanskarrel.  n Seun groet in die verbygaan.  Behendig agter die stuur van n te-groot dikwielfiets.  Dro beurtwaterslote wat geduldig wag op hul beurt.  Peperboom en olyf.

En dan is daar die kerk.  n Argitektoniese meesterstuk uit klip.  n Rots.  Hoeveel keer is daar binne nie al gesoebat, en ontvang nie.  Getreur op n begrafnis, en gejubbel by n doop.  Sy horlosie tik geduldig.  Sy weerhaan soekend na die wind.

Kinders baljaar.  Dis die geluid van vreugde wat net n swemdam kan bring.  n Lafenis in die middagson, diep uit die aarde.  Met kreun en steun beur die windpomp voort in sy taak.  En dan, amper skielik, kom die koele aandlug op.  Die windpomp kry opnuut lewe.  Hy dans en swaai.  So ook sy maats in die omgewing.  n Dolle gejaag na wind.

Uitgebrande kole.  Dof in die as neem die sterrehemel by hul oor.  Stoepsit.  Stilsit.  Nog net so klein rukkie asseblief.  Maar ek het genoeg.  Meer as genoeg.  Merweville.
 
The following users thanked this post: Leo, RobC, Vulcan, frankmac

Online Lem

Re: Merweville
« Reply #1 on: February 02, 2021, 02:03:48 pm »
hier kom 'n eersteklas skryfstuk  :deal:

gooi gerus  :thumleft:

« Last Edit: February 02, 2021, 02:04:16 pm by Lem »
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 51 times
Re: Merweville
« Reply #2 on: February 02, 2021, 02:04:58 pm »
Weet nie of dit tel as 'n RR nie, was die naweek daar met die gesin met die bakkie. Dis 'n plek wat my na aan die hart l sedert Chris Louw my die eerste keer daar verby geneem het op een van ons bike trips.  :thumleft:
« Last Edit: February 02, 2021, 02:08:26 pm by Karoo Rider »
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 51 times
Re: Merweville
« Reply #3 on: February 02, 2021, 02:05:53 pm »
hier kom 'n eersteklas skryfstuk  :deal:

gooi gerus  :thumleft:

Jammer Lem dis maar dit! Sommer 'n bevlieging gekry aangesien ek so lanklaas 'n ou ietsie getik het!
 

Offline Grunder

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Free State
  • Posts: 3,640
  • Thanked: 423 times
  • Maak 'n koffie
Re: Merweville
« Reply #4 on: February 02, 2021, 02:08:08 pm »
hier kom 'n eersteklas skryfstuk  :deal:

gooi gerus  :thumleft:

Jammer Lem dis maar dit! Sommer 'n bevlieging gekry aangesien ek so lanklaas 'n ou ietsie getik het!

Maar dit was wragtag pragtag getik  :thumleft:
the Truth will offend at first
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Hanno @ Mad Macs

  • aka Hando
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,443
  • Thanked: 57 times
  • http://dsadventure.wordpress.com/
    • Dual Sport Adventure
Re: Merweville
« Reply #5 on: February 02, 2021, 02:10:16 pm »
Demmit - tik nog .

Jy is duidelik n woordsmit.
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Online FrancoisTz

Re: Merweville
« Reply #6 on: February 02, 2021, 02:13:22 pm »
Ry asseblief meer sodat ons meer kan lees. Uitsonderlike gebruik van woorde.
Far better is it to dare mighty things, to win glorious triumphs, even though checkered by failure, than to rank amongst those poor spirits who neither enjoy much nor suffer much, because they live in the grey twilight that knows neither victory nor defeat.
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Crankshaft

Re: Merweville
« Reply #7 on: February 02, 2021, 02:15:49 pm »
Jissie dis darem vir jou mooi plekkie daai
KDX 200, YFZ 450, YZ 250F, YZ 450F, WR 450F, R1200GS LC, R1200GS ADV LC, 2nd R1200GS ADV LC
KTM 1290 Sup Adv R
Current: WR 450F & R1250GSA
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Challa

Re: Merweville
« Reply #8 on: February 02, 2021, 02:24:37 pm »
Net so mooi verwoord as wat daardie wereld is.

Ons is self Desember daar deur via die grondpad net buitekant Laingsburg. Dit was goed om te sien hoe le die water in die driwwe.
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Noneking

  • Unverified
  • Gentleman Dog
  • *
  • Bike: KTM 890 Adventure R Rally
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 18,171
  • Thanked: 1045 times
Re: Merweville
« Reply #9 on: February 02, 2021, 02:42:16 pm »
Baie mooi!
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Online Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,100
  • Thanked: 415 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Merweville
« Reply #10 on: February 02, 2021, 02:49:12 pm »
Merweville is 'n baie besonderse dorpie. Baie dankie vir die deel en vir jou mooi bewoording  :thumleft:
Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR200R, 1983 Honda XL600R
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,821
  • Thanked: 390 times
Re: Merweville
« Reply #11 on: February 02, 2021, 02:50:51 pm »
Pragtig geskryf, jy het net die honde wat jou jaag uitgelos.   :biggrin: 

Ek is ook al paar keer daardeur, en elke slag was daar 'n hond of twee wat al keffend agter ons aangehardloop het.     :lol8: 
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,099
  • Thanked: 51 times
Re: Merweville
« Reply #12 on: February 02, 2021, 03:29:01 pm »
Pragtig geskryf, jy het net die honde wat jou jaag uitgelos.   :biggrin: 

Ek is ook al paar keer daardeur, en elke slag was daar 'n hond of twee wat al keffend agter ons aangehardloop het.     :lol8:

Dankie Visarend, nee darem geen jaende honde die keer nie!  Die mense langsaan het wel 'n trop van drie worshonde gehad. My innige simpatie - ons het self een en dis genoeg.
 

Offline Leo

Re: Merweville
« Reply #13 on: February 02, 2021, 03:45:55 pm »
Pragtig geskryf, jy het duidelik 'n slag met woorde.  :thumleft:

Ek gaan eendag op Merweville aftree. Die dorpie maak 'n blywende indruk op 'n mens.  :3some:
Grey Haired Riders Don't get that way from pure luck!
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline stcomza

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Western Cape
  • Posts: 237
  • Thanked: 45 times
  • Bazinga!
Re: Merweville
« Reply #14 on: February 02, 2021, 03:50:57 pm »
Baie mooi geskyf - sit nou met heimwee in my gedagtes... :thumleft:

« Last Edit: February 04, 2021, 07:14:32 am by stcomza »
Have you hugged your motorcycle today?
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Neo_za

Re: Merweville
« Reply #15 on: February 02, 2021, 03:57:59 pm »
Na so n mooi beskrywing het ek Merweville op die bucket list gesit :thumleft:

 
The following users thanked this post: BullSmit, Karoo Rider

Offline Mev Vis Arend

Re: Merweville
« Reply #16 on: February 02, 2021, 04:02:35 pm »
Karoo Rider, jy skryf huil-mooi.   :thumleft:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline BullSmit

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,127
  • Thanked: 114 times
  • Previously Bullfrog
Re: Merweville
« Reply #17 on: February 02, 2021, 04:07:01 pm »
Baie mooi beskrywing!

Ook sommer op my lys.

Jy sal met jou talent mense laat uitsien om Boksburg te besoek!.  :biggrin:
I just get up every morning and go out. And I dont let the old man in, Clint Eastwood
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline 2StrokeDan

  • a Man of Character
  • Worshond
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 25,833
  • Thanked: 2127 times
  • Slim like Bill, straight like Steve
Re: Merweville
« Reply #18 on: February 02, 2021, 04:08:03 pm »
Pragtig geskryf Boerneef!!

Ons was so n 5 jaar terug op Merweville se jaarlikse kerk fondsinsameling, en wat n belewenis. Die koektafel was in n uur of twee uitverkoop, en dit alleen het R23000 ingebring.

Pasop net vir Jacques, hy is Merweville se burgemeester. :pot:
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline petri oosthuizen

Re: Merweville
« Reply #19 on: February 02, 2021, 04:09:38 pm »
Mooi Kerk!!!!!!!!!1 :drif: :drif:
XT 600 Tenere
 
The following users thanked this post: Karoo Rider