So stadigaan, begin die ouens se oge oop te gaan.
Kleiner, ligter bikes.
Oom Dan praat al hoe lank met julle. 
Altie
Ek het ń video gemaak waar ek op die fiets 120 ry.
Ligte opdraende ingesluit.
Stuur vir my jou nr na 0827840729 as ek dit vir jou moet stuur
Hey ons wil ook sien......
What he said!
Wat wil julle sien? Hoe 'n ou wat 110kg weeg 120km/h met 'n 300cc motorfiets ry?

Ons wil dit op `n opdraend sien.
As die afdraend top spoed stadiger is as die opdraend spoed, gaan my tor afval. 
Ek het die vid gesien, en ek ken daai pad. Dis nou nie 'n moerse bult nie, maar die pad het 'n helling opwaarts. Ek myself ry die CRF 250 Rally en my vrou die L. Ek weet vir 'n feit dat ons 250's nie daai helling teen 120km'h sou kon ry nie. Bygese, ons is baie ligter as Hardy, ek se nie hy is vet nie, ek se net ons is kleiner as hy.
Dan wil ek ook net noem, daai groot liggaam sit regop op die fiets en dan ry hy met 'n windbreaker aan, en daai goed breek enige klein bike se spoed. Ek is heel verbaas.