Warmbad toe met die Strom in die storm

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Patrol

Race Dog
Joined
Nov 12, 2011
Messages
1,069
Reaction score
116
Location
Montana
Bike
BMW F800GS
Was gatvol vir by die huis sit en besluit om toe sommer deur te skiet Warmbad toe vir n milkshake en pizza, vat sommer die pad spoorlangs verby  Kameeldrift, Dinokeng en Rustde Winter, so net na 9 hier weg, lekker gespeel op daai stuk sand paaie net anderkant Pebblerock, Die driffie net anderkant Uitvlugt is darem nog nie weggespoel nie en is maklik rybaar en stop toe daar ook vir foto. Aangekom by die gewese " Dros" nou Rusty Grille vir n pizza en n laaitjie kleur milkshake.
Naderhand is dit tyd om weer terug huistoe te skiet en so praat almal van die woeste reen storm wat woed in die suide van Jhb tot deur in Centurion,,,ek worry nie veel daaroor want ek is mos vêr noord daarvandaan. ry og so lekker in by Dinokeng mooi wit  wolkies wat saam koek en waragtig 10 min  later toe verander alles in n oogwink dit raak blou in die rigting wat ek moet ry en dit raak yskoud,,,my shit is geboek, slat gaan hierdie water my slat vandag,die bliksemstrale tussen daai koppe klap hard en ek het 2 km oor voordat ek by die gate control uitkom, kan niks voor my sien soos dit reen en die naweek campers met hulle 4x4 kom ook so drips en draps in oppad om te gaan kamp, eindelik maak ek dit sopnat, modderspul. Daai mooi pad vroër die oggend verander in klein riviertjies en besluit om maar terug huis toe teerpad te vat, tot die 2de vlaag van die storm my vang net voor Zambesi.
Maar al te lekker en Suzi het ha mooi gedra
 

Attachments

  • IMG_20210226_093634.jpg
    IMG_20210226_093634.jpg
    141.6 KB · Views: 355
  • IMG_20210226_094101.jpg
    IMG_20210226_094101.jpg
    110.3 KB · Views: 352
  • IMG_20210226_100434.jpg
    IMG_20210226_100434.jpg
    85.5 KB · Views: 351
  • IMG_20210226_103932.jpg
    IMG_20210226_103932.jpg
    123.3 KB · Views: 348
  • IMG_20210226_104800.jpg
    IMG_20210226_104800.jpg
    176.6 KB · Views: 351
  • IMG_20210226_105853.jpg
    IMG_20210226_105853.jpg
    106.5 KB · Views: 349
  • IMG_20210226_111157.jpg
    IMG_20210226_111157.jpg
    172.1 KB · Views: 351
  • IMG_20210226_121015.jpg
    IMG_20210226_121015.jpg
    89.9 KB · Views: 349
  • IMG_20210226_142837.jpg
    IMG_20210226_142837.jpg
    125.5 KB · Views: 346
  • IMG_20210226_144157.jpg
    IMG_20210226_144157.jpg
    42.8 KB · Views: 343
Top