'n Draai in die Tankwa

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
256
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Eenmaal 'n besoek aan die Tankwa, dan wil mens maar net weer en weer daar gaan ry.

So het ek en my skoonseun onlangs (weer) 'n draai gaan ry daar.
Wat vir my lekker was, was dat hy die roete beplan het en heelpad gelei het – ek het net agterna gery en geniet.

Ons het vroegoggend vertrek en was so teen negeuur deur Ceres en in die Gydo pas. Hier moes ons omdraai want die pas was gesluit.
Terug na Hamlet, ooswaarts op 'n grondpad na die R355 en naby Theronsberg pas weswaarts afgedraai op die Droee"kloof grondpad.
01-Roete.jpg


Omdat Gydo gesluit was vir die dag, moes almal hierdie ompad ry om bokant die pas uit te kom.
Die pad was mooi, wyd en oop, maar heelwat bestuurders het te vinnig gery en die los gruis onderskat. Ons het twee ongelukke wat pas gebeur het teegekom, ek wonder hoeveel ongelukke daar uiteindelik was
01-20210130-103753-Taxi-ongeluk.jpg

02-20210130-112454-gerolde-motor.jpg


By Op-die-Berg se kooperasie het ons volgemaak.
03-20210130-114329-Petrol-Op-die-Berg.jpg


Daarvandaan oor Katbakkies pas en Peerboom pas
04-20210130-122530-Katbakkies.jpg

05-20210130-123101-Katbakkies.jpg

En ons het die nodige klippe by-gepak.
06-20210130-125913-Katbakkies.jpg


'n Koue (alkoholvrye) bier by Tankwa Padstal en ons was reg vir vir die Tankwa.
07-20210130-133102-Katbakkies.jpg


Sowat 20 km verder op die R355 het ons regs gedraai na die Tankwa.
09-Roete-verder.jpg


Ons is deur hekke, oor vlaktes en oor baie sinkplaatpad tot by een van vele padwysers.
09-20210130-140229-Pad-split.jpg

Plek-plek was daar groot kolle met los klippe
11-20210130-143428-Klippe-oral.jpg

'n Eensame bouval
12-20210130-143636-Bouval.jpg


Die sinkplaat saam met los gruis was maar redelik ongemaklik en jy moes heeltyd wakker wees..
14-20210130-150935-Sinkplaatpad.jpg

Ek is altyd verbaas dat my GSA deur die jare al soveel sinkplaat en rofpad gery het, en nog nooit het iets aan hom losgeskud nie.

13-20210130-150751-Links-of-reguit.jpg

Hier het ons noord gedraai in die rigting van die Africa Burn vlakte.

Dit is ongelooflik droog in die Tankwa.
Hierdie palmbome staan in 'n rivierloop, maar hulle is besig om te verdroog.
16-20210130-152857-Verlepte-palms.jpg


Kort anderkant hierdie bome het ons deur 'n kort kol diep sand gery. Ek was baie trots dat ek sonder insident daar deur is.
Ek en sand is nie groot pelle nie!
Ek het net die basiese resep gevolg: hang ver terug en gee baie vet in 2de rat.
Hierdie was die enigste ernstige sand wat ons heel dag teengekom het.

Internasional lughawe?
Die vlaktes is so wyd dat enige vliegtuig enige plek in enige rigting sou kon land.
16b-20210130-160036-Tankwa-Airport.jpg


Op die terrein van Africa Burn is daar 'n paar permanente strukture.
Die Sky Labyrinth is 'n groot struktuur van hout. Netjies en stewing.
17-20210130-160747-Africa-Burn.jpg


En 'n skoenlapper van hout
18-20210130-160844-Africa-Burn.jpg


'n Pyperaam in die vorm van 'n huilende wolf.
19-20210130-161019-Africa-Burn.jpg


'n Besonderse stukkie handewerk is hierdie klipstapel.
20-20210130-161627-Africa-Burn-torinkie.jpg


Hiervandaan terug en ooswaarts in die rigting van Gannagapas.
Lekker tweespoor paaie.
21-20210130-163810-Vlaktes.jpg


'n Ent duskant Gannaga is 'n klein stukkie pas.
Geo het die "voetpaadjie" teen die bult op misreken en in die sand vasgeval.
22-20210130-171313-Passie-duskant-Ganaga.jpg


Lekker diep sand.
Baie sweet om sy fiets uit te kry!
23-20210130-171514-Passie-duskant-Ganaga.jpg

24-20210130-171531-Passie-duskant-Ganaga.jpg


Dit is ook hier waar my ( 'goeie' , 1 jaar oud) stewel sy sool afgegooi het.
25-20210130-172845-Stukkende-skoen.jpg


Gannaga pas daar voor
26-20210130-174218-Ganaga-pas.jpg


Die Gannagapas is iets besonders.
Ek verwonder my elke keer wanneer ek daar deurgaan.
27-20210130-174928-Ganaga-pas.jpg

28-20210130-175352-Ganaga-pas.jpg

29-20210130-175746-Ganaga-pas.jpg


'n Besonder mooi foto deur Geo geneem
30-20210130-175952-Ganaga-pas-vista.jpg


Oornag by Gannage Lodge.
31-20210131-065227-Ganaga-Lodge.jpg

Murgsagte skaapnek vir aandete.
Lekker geslaap, goed gerus.

Volgende oggend brandstof in Middelpos
32-20210131-083525-Middelpos.jpg


Daarna suidwaarts gery en later afgedraai op die Visrivier pad om by Oubergpas uit te kom
33-20210131-091941-Visrivier-afdraai.jpg

33-Visrivier-pad.jpg


Oubergpas met sy wye uitsig is altyd iets besonders. Mens voel of jy die see sou kon sien as jy op jou tone staan.
34-20210131-095106-Ouberg-aankom-bo.jpg

35-20210131-100427-Ouberg-Geo-waai.jpg


Onder op die vlakte het ons suid gery na die Koedoesberg met sy moeilke pas.
36-Koedoesberg.jpg


Lekker tweespoor, verby 'n besonder mooi klipkop.
36-20210131-104733-Mooi-koppie-by-Koedoesberg.jpg


Koedoesberg pas is sigbaar daar doer voor.
37-20210131-111609-Koedoesberg-daar-voor.jpg


Die Koedoesberg pas is maar moeilik.
Dit begin met drie skerp draaie, waarvan die tweede en derde draai steil en baie klipperig is.
Op een plek het ek  my lyn biki verloor en vasgehaak teen 'n klipbank. Heelwat stof en rubber later kon ek verder.
38-20210131-112049-b-Ek-maak-stof-in-die-pas.jpg


Verder op is die pas smal, vol los klippe maar darem nie so steil nie.
39-20210131-113258-Koedoesberg-boontoe-kyk.jpg


Bo op die kruin het ons asem geskep. Hier is 'n klein gelykte waar iemand tevore 'n vleisie op die kole gebraai het. Dit is 'n baie goeie plek om so-iets te doen. Wye uitsig na die ooste en na die weste.
40-20210131-114739-Koedoesbergpas-heel-bo.jpg


Die afgaan is steil, smal en besaai met los klippe.
My GSA se eerste rat is lekker laag en ek kon maklik afkruip, met net af-en-toe agterrem.
Hiedie is 'n tipiese plek waar die gewone 1150GS sou sukkel met sy vinnige eersterat.

41-20210131-115930-Koedoesbergpas-trekker-afgerol.jpg

Met die afgaan sien jy die wrak van 'n trekker en sleepwa wat teen die steilte afgerol het.

Hiervandaan maklike tweespoor paaie tot by Tankwa Padstal.
Ons twee kosbare biere was steeds redelik koud (in ysblokke en ys toegedraai) maar die verfwerk het redelik tweede gekom met die rowwe paaie!
42-20210131-133119-Geskaafde-bierblik.jpg


Van hier af huistoe met 'n fiets vol stof en hart vol vrede. Eendag maak ons weer so.


 
Top