Vinnige Sabie/Graskop trippie.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Strompie

Race Dog
Joined
Nov 23, 2010
Messages
558
Reaction score
9
Location
Pretoria
Bike
BMW (all models)
'n Vriendin van my uit Kaapstad ry solo op haar F 700 GS. Sy het twee aande hier in Gomora by ons kom oorslaap en toe besluit ons ons gaan so vinnige trippie maak van die naweek. Ons het die Saterdag oggend gery op die vervelige N4 tot op Long Tom pas. Hier het ons so bietjie vertoef om koffie gedrink. Vandaar het ons gery tot by Misty Mountain lodge en op hulle Toboggan gaan ry. Dit is maar 'n duur storie, maar dit is baie pret! In Sabie het ons uitgery na Lone Creek watervalle. Die pad soontoe is in 'n baie slegte toestand. Jy sal nou dink dat die paaie na die toeriste aantreklikhede goed onderhou moet wees, maar nee. In die parkade het elke Polo sy eie musiek gespeel en ek het maar eerder met die drone 'n fototjie gaan neem van die valle. Ons is toe deur Graskop toe, ingeboek in ons akkomodasie en toe uitgery na Berlin valle toe. Die pad tussen Sabie en Graskop bly maar een van my gunstellinge. 
 

Attachments

  • IMG_20201128_112151.jpg
    IMG_20201128_112151.jpg
    632.7 KB · Views: 257
  • IMG_20201128_161138.jpg
    IMG_20201128_161138.jpg
    693.6 KB · Views: 257
  • IMG_5151.jpg
    IMG_5151.jpg
    681 KB · Views: 259
Top