Een van daai "nou moet ek ver gaan ry, anders slaan ek iemand dood" ritte

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 19, 2019
Messages
1,224
Reaction score
806
Location
Cape Town
Bike
KTM 950 Adventure S
Hierdie is net n vinnige kort verslag - niks diep denke, fency taal gebruik en daai klas dinge nie, maar geniet die fotos

So teen Vrydag 2pm het ek genoeg gehad van n sleg week en ek besef HKGK as ek nie nou vinnig stoom afblaas nie, en ek is elk geval nie die Mavericks tipe ou nie, so besluit toe op die ingewing van die oomblik ek moet gaan ry.  En ver ry.  Maar ek het net 2 dae.

Ry toe inderhaas om 2 spaar tubes te gaan koop en begin so 15:30 gou olie en filter ook vervang. Ketting en sprockets het ek darem die vorige week gedoen, en met die oorspronklike 15t voor en vars olie loop die X weer soos warm stroop.  Teen 8pm het my dogtertjie my klaar als help inpak, en ek besluit toe laat aand ek gaan weer plaas toe - plek waar my siel die beste herlaai.  Maar die spinnerakke en goeters in my kop is baie so ek gaan n wyer draai moet ry - goed wyd.

Saterdag 6:30 is alles gelaai en ek vat koers N1 langs Du Toitskloof pas oor, Slanghoek deur Ceres toe, waar ek gou inkopies doen (my plan was om te kamp), weer die bowzer volmaak en vetkoek saam met n koffie geniet.
 

Attachments

  • IMG_20210314_182027.jpg
    IMG_20210314_182027.jpg
    107.7 KB · Views: 601
  • IMG_20210313_065906ed.jpg
    IMG_20210313_065906ed.jpg
    78.3 KB · Views: 602
  • IMG_20210313_074722.jpg
    IMG_20210313_074722.jpg
    699.9 KB · Views: 592
  • IMG_20210313_074639.jpg
    IMG_20210313_074639.jpg
    219 KB · Views: 586
  • IMG_20210313_073504.jpg
    IMG_20210313_073504.jpg
    176.2 KB · Views: 591
  • IMG_20210313_072338.jpg
    IMG_20210313_072338.jpg
    159.6 KB · Views: 595
  • IMG_20210313_070622.jpg
    IMG_20210313_070622.jpg
    486.1 KB · Views: 601
  • IMG_20210313_070148.jpg
    IMG_20210313_070148.jpg
    135.9 KB · Views: 601
Top