Dag 2.
Vandag is ‘n kort roete, 220km.
Die eerste stuk van Steytlerville na Willowmore is teer en enkellaan sementpad, dan die grondpad na Klaarstroom en vandaar die teerpad na Prince Albert.
Ons het gisteraand genoeg choppies en wors gebraai vir vandag se padkos.
Ons is oudergewoonte vroeg op, drink ‘n lekker beker koffie op die stoep, net so dit ‘n ouman betaam.

Ons pak stadig op. Daar is ‘n koelte in die lug en ons het net somerklere saam. Ons besluit om die reenjasbaadtjies aan te trek om die geniepsige koue uit te hou.
By 7 uur vetrek ons. Die 250’s loop net so lekker op die teerpad, ons handhaaf ‘n skaflike spoed van 115km/h.
Op die enkellaan sementpad stop ons om bene te rek. Dis maar droog in die omgewing, die veld lyk kaal. Die mense soek reent.