Dag 4
Ek en die vrou het beide gisteraand sleg geslaap. Ek was al 3 uur wakker toe die muskiete besig was om my lewendig op te vreet. Hulle het gestoei om my vrou weg te dra. Ons het nog probeer om verder te slaap maar teen 4 uur toe gee ek op. Ons het koffie gemaak en stadig aan beginne oppak. Teen half sewe toe ek die bike pak, voel ek reen druppels val. Ek kyk die wereld so en sien die wolke oos van ons lyk kwaad en donker. Dis die rigting waarnatoe ons oppad is. Ek is tog nie lus om snot grondpad met die lyf van my te ry nie. Ek kyk die vrou so en sy se sommer reguit, “gaan ons teerpad ry na Willowmore”. Ek stry nie met my vrou nie, ons pak en maak ‘n draai by die vulstasie. Ek pomp die 250’s se bande kliphard vir die teerpad. Ons moet nou maar net tot by Jansenville kom en rusplek soek. Dit was ons oorspronklike beplanning om in elkgeval oor te laap en dan die volgende dag, Vrydag) tuis te wees. Ek het so paar intersante grondpaaie ingedagte gehad, maar dis nou eers van die baan af.
Sewe uur is ons op die pad na Klaarstroom, die wind pla maar dit reen darem nog nie, maar dis moer koud. By Klaarstroom stop ons en trek weer die reenjasbaadtjies aan. Ons moet deur Meringpoort na de Rust vir Petrol. Terwyl ons baadtjies aantrek kyk ek weer so na die vrou se kant en sy se, “Gaan ons deurry huistoe”. Ek weet nie of my vrou weet nie, dis amper 700km ver, maar soos ek genoem het, ek stry nie met my vrou nie.
Elkeen eet gou ‘n energie stafie en ons glip, oppad huistoe.
Meiringspoort in en dit reen, en dit reen sommer goed. Die pad is sopnat en dis mistig en die wind druk van voor en dwars deur die poort. Die wind ruk die klein 250’s heen en weer, ons sukkel om hulle in ons laan te hou. Dit vat ons meer as ‘n halfuur, seker nader aan ‘n driekwartuur, om net deur Meiringspoort te kom. Ons bene is sopnat en ons hande is yskoud.
Ons stop by die vulstasie in de Rust, maak vol en vat die pad Willowmore toe. Dit bly reen en dis mistig en die wind wil ons nie los nie, hy waai hier van regs dwars se kant. Maar ons hou die fietse so teen 110km/h, GPS spoed. Ek kry nie eens gestop om te rook nie, dis te nat.
Toe ons uiteindelik Willowmore bereik raak dit beter, die reen hou op en die wind waai, maar gelukkig die keer van agter. Ons moet later briek aandraai soos die wind die 250’s stoot.
Hier is so een of twee fotos, dis al wat behoorlik uitgekom het.