DIE VISARENDE SE PASPOORT SAGE !!!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
11,735
Reaction score
1,918
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
‘n Lang storie kort, ons, ek en die vrou, het gedurende Maart 2020 aanlyn aansoek gedoen om ons paspoorte te hernu wat in November 2020 sou verval.  Ons is na ons plaaslike Binnelandse Sake kantoor om die aanlyn aansoeke te finaliseer.  Daar moet mos nog kiekkies geneem word ens.  Toe nou nie, na bitter baie gesukkel, tou staan, gebaklei, gevloek en amper moord gepleeg, was ons paspoorte teen Maart 2021 nog steeds nie hernu nie.    :eek7:  :dousing:  Na meer as ‘n jaar se gesukkel kry ons toe uiteindelik, met die hulp van hul hoofkantoor, ons aansoeke wat aanlyn geregistreer is, gekanselleer.  Dit beteken ons kan nou “manual” gaan aansoek doen.   

Ons doen so bietjie navraag oor “Home Affair” kantore regoor die land wat agtermekaar is en waar ‘n mens nie te lank in ‘n tou hoef staan nie.  So paar dorpe kom op en onder andere Prince Albert.  So reg in ons kraal en ons besluit om die twee Honda’s in te span en te gaan aansoek doen, by die hand saam, nie die aanly stront nie.  :biggrin:

Die beplanning is, ons vertrek die Maandag, ry ongeveer 400km tot by Steytlerville, slaap daar oor en vertrek die Dinsdag na Prince Albert, dis ‘n kort 230km.  Ons behoort vroeg daar te wees en dan kan ons sommer gou voor middagete hulle kantore besoek en aansoek doen.  Ons beplan ‘n adisionele dag se bly in Prince Albert indien dinge nie reg uitwerk die Dinsdag nie.  Donderdag en Vrydag sal ons weer terugry na King William’s Town.

Beplanning gedoen, fietse gepak en ons wag vir Maandag. 
Die twee “weapons of choice”,  Vrou se CRF250L en my CRF250 Rally.  :thumleft:


 

Attachments

  • 0.1.jpg
    0.1.jpg
    218.8 KB · Views: 464
  • 0.2.jpg
    0.2.jpg
    190.5 KB · Views: 475
Top