Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer  (Read 1336 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« on: March 21, 2021, 04:20:01 pm »
"Weet jy waar ons vannaand slaap?"  Nee, sÍ ek.  "Toemaar moenie worry nie, ek weet ook nie." sÍ Chris.  En so trek ons toe weg op 'n onvergeetlike paar dae se rondry in die Karoo.  Dit was omtrent "long overdue", maar soos baie al weet was daar 'n paar manne op die forum wat saamgewerk het om 'n sidecar vir Chris te bou en te monteer.  Hoofsaaklik maar om sy gedurige ge-doughnut gooiery en wheelies bietjie in toom te hou... :biggrin:  Alhoewel hy al die Stilbaai omgewing platgery het met die karretjie was dit die eerste langerige toer en op die einde was dit 'n groot sukses sonder enige probleme, selfs al het die terrein soms die Swartlandse ingenieurs se bouvernuf beproef!  Ons het 4 dae gery, sowat 1200km van Ladismith tot Ladismith, met Chris addisioneel nog heen weer tot op Stilbaai. 

Dag 1
Ons druk deur die Huisrivierpas en in Kallieklip draai ons af op die mooie Groenfontein pad.  Die hele omgewing het twee dae tevore goeie reŽns gekry en die waterpoele is orals nog sigbaar.  Bergstrome loop in oorvloed teen die hange van die Swartberge - omtrent 'n besondere gesig om te beleef.  Na 'n paar knikke teerpad draai ons in Schoemanspoort links af met die geilgroen Oudemuragie-pad oor tot in De Rust.  Verby die Stompdrifdam se afdraai keer ons later links af op die Rooiloop/Vlakteplaas afdraai.  Verby 'n indrukwekkende en steeds bewoonde Volstruispaleis word ons 'n ent verder egter in ons spore gestuit:  Road Closed.  Normaalweg beteken dit mos maar net jy moet nou wakker sit maar nie die keer nie - die Olifantsrivier loop sterk en van oorgaan is daar geen sprake nie, en ons draai terug teerpad toe. 

'n Paar kilo's verder draai ons af op die Hoekplaaspad en 'n draai of twee verder verskyn ons akkommodasie vir die aand uit die niet:  'n quarry langs die pad.  Sommer gou is ons in die ou padkamp ritueel van tent opslaan en 'n paar stukkies veldhout bymekaarmaak.  Chris se watertenk op die karretjie, wat aanvanklik as teengewig opgesit is, begin bewys homself ook as 'n werklik handige ding - draai net die kraan oop en dis van koffiewater tot gesig was, alles "on tap" - inderdaad 'n luuksheid wat ons nie vantevore gehad het nie.

 
The following users thanked this post: Leo, GeelKameel

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,660
  • Thanked: 871 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #1 on: March 21, 2021, 04:27:51 pm »
Daar is 'n reguiter en korter pad van Ladismith na Ladismaith as wat julle gery het.  Seker nie so mooi n lekker nie maar nogtans. :peepwall: :lol8:

Hier kom 'n lekker storie en pragtige kiekies, ek sien dit sommer en ry lekker saam.  Gooi nog Jan.  :thumleft:
'Tis the timeís plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #2 on: March 21, 2021, 04:47:29 pm »
Dag 2
Ek begin vroeg rondrol.  My opblaasmatras het 'n lekplek en het homself in 'n baie duur grondseil verander.  Maar dis nie al nie.  Die vorige aand merk Chris se skerp oog 'n olieplek by my fiets op - dit na ek kort tevore nog vir iemand vertel het hoe ek in amper 10 jaar hom nog net laat diens en bande opgetrek het!  Inderdaad dus 'n teleurstelling.  'n Epos of twee later na BMW bevestig toe dis die balance shaft se seŽl - 'n duur joppie, maar wat ek moet bieg hulle my relatief billik kwoteer om te herstel.  Dis egter darem nie 'n onmiddelike krisis nie en ons trip kan gelukkig voortgaan.

Klaar opgepak vertrek ons na Uniondale vir brandstof en vat die langpad op tot in Willowmore.  Ek wou nog altyd die stadlewe van Rietbron ervaar en so swaai ons later in sy rigting.  Bietjie bokspring en Chris moet sy storie ken met die karretjie soos die los grondwalle in die pad lÍ.  Twee duidelik onervare manne is daar doenig, een met 'n padskraper en een met 'n padroller... ek sal myself maar weerhou van verdere kommentaar!  Later eers stop vir koffie maak langs die pad en die droŽwors en peuselgoed word ook beproef, voordat Rietbron op die horison verskyn.  Chris neem my op 'n begeleide toer voordat ons weer in die pad val oppad na Nelspoort.  'n Gawe padstal maak sy opwagting en 'n Pie-en-Coke later druk ons weer die perde in die pad.

Groot ou bergskilpaaie is ook uit op 'n wandeling.  Binne 'n kilometer sien ons 8 van hulle - inderdaad 'n rare gesig.  Kort hierna begin kry ons ook die eerste van die swerms springkane.  In hulle miljoene het ons vir die paar dae hierna hulle aangetref en maak hulle omtrent 'n gemors teen die fietse en helmets.  Later selfs 'n paar manne raakgeloop wat gif spuit vir hulle.
 
The following users thanked this post: Leo

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #3 on: March 21, 2021, 05:04:34 pm »
By Nelspoort aangekom ry ons weer 'n draai deur die dorp.  'n Skool en kliniek en 'n magdom kindertjies in die strate.  Oumense op die plastiekstoele voor hul HOP huisies.  Allpay tot Allpay...  By die N1 gekom ry ons rigting Drie Susters vir 'n wyle en draai links af by Kromrivier op die Loxton pad.  Die omgewing is mooi na die reŽn en ons ry draai-draai in die laatmiddag, een oog op die uitkyk vir 'n vorm van herberg vir die nag.  Die volgende oomblik maak 'n vallei voor ons oop en die driewiel kap 'n es skerp links na 'n oopte langs die pad.  Daar's hy.  Room with a view - inderdaad 'n pragtige uitsig.  Later sien ons op 'n kaart dis die (minder bekende?) De Jagers-pas, sowat 30km vanaf Beaufort Wes.
 
The following users thanked this post: Leo

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #4 on: March 21, 2021, 05:25:03 pm »
Dag 3
Ek is vroeg wakker.  Beter geslaap as die vorige aand maar ek wil die sonsopkoms gaan kyk oor die vallei.  Voorwaar 'n mooie omgewing wat ek graag weer sal wil deurry.  Ons sak die pas af en drink 'n koffie by die vulstasie.  Beaufort-Wes en Laingsburg is mos van die min dorpe waar 'n hoofpad nog deur die dorp loop, en toe ons weer kyk word die strate afgekamp deur die verkeerspolisie.  Gelukkig is hulle toe nie opsoek na twee bosslapers nie maar laat drie trokke deur, elk met 'n masiewe windturbine-lem agterop.

Ons vat die Molteno/Loxton pad uit die dorp uit en kort voor lank sit en "cruise" ons daai lekker gruispad.  Later links af met die Sakrivierspoort-pad verby netjiese plaasopstalle en 'n duidelike teken waar die rivier sy lewenswater aanbied. In Fraserburg aangekom kon ek my lus vir 'n burger en chips nie meer hou nie en ons vaar die Meerkat Restaurant binne vir twee ruim porsies en boonop billik geprys.  Buite gekom het die twee motorfietse 'n kleinerige skare getrek wat reken dat hulle darem ietsie verdien vir al die mooie komplimente wat hulle ons so mee seŽn...

Ons vertrek verder en af met die mooie Theekloofpas.  Kort daarna regs af rigting Merweville - een van my gunsteling Karoo-dorpe.  Ons vertoef egter nie en stoot aan - die gedagte van die Rammetjieskraal (Hekke-pad) het opgekom en ons wil druk om so 'n entjie in op sy pad te slaap.  Weereens word ons bederf met 'n sonsondergang uit die boeke.
 
The following users thanked this post: Leo

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 33,245
  • Thanked: 1033 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #5 on: March 21, 2021, 05:30:38 pm »
Ek moet darem erken ons was baie lucky met die gawe kampplekke op die trip!! Nie een aand onveilig gevoel alhoewel al drie seker 10 meter van die denkbeeldige wit streep was. :thumleft:
Aand een nie een ryding wat van stop tot weg trek die volgende oggend verby gekom het!! :thumleft:
Aand twee was dit seker huistoe commute vir die plaaslike boere voor die son gesak het , want vyf het verby gekom en een het selfs "lekker slaap" by n oop venster uit geskreeu en daarna nie een tot die volgende oggend!! :thumleft: :lol8:
Aand drie nie een ryding nie eens die klank van een nie!! :thumleft:

Ek sien daai blikkie ChakkaKakka staan trots op die foto ek sien nog jou gesig se trek na die eerste hap!! ;) :peepwall: :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #6 on: March 21, 2021, 05:41:00 pm »
Vanoggend wil ek nie opstaan nie.  Ek begin nou eers lekker "insettle" in die ryery elke dag en dit kan mos nie alweer die laaste dag wees nie.  Maar ja so kom alle goeie dinge tot 'n einde!
 Die Rammetjieskraal (Hekke-pad) is 'n afgesonderde area en deur die hele 100km het ons een mens gesien en geen voertuie langs die pad nie.  Chris het reeds die vorige aand 'n stukkie klip uit sy agterband gehaal en 'n prop ingesit, en wragtag daar sit toe in my agterband 'n byna identiese klippie.  Die band is gelukkig nie heel pap en nie ons stoot so aan, daar is gereelde sandstroke en 'n swaargelaaide GSA is dan nie jou maat nie, maar ek sweer daai semi-pap agterband het die ding gedoen want ons is daar deur sonder insident.

Heelwat van die hekke was oop en op die einde het ek net so 12 of 13 seker oopgemaak maar daar is blykbaar amper 30 as ek reg is.  Later kom die Floriskraaldam se wal te voorskyn en 'n kort entjie verder sluit ons by die teerpad aan, pomp die bande weer en stoot huis toe na 'n besondere lekker trip.  Die sidecar dink ek het hom uitstekend van sy taak gekwyt - al was dit ook net om 'n gereelde glimlag op sy baas se gesig te bring!  ;)  Fluit-fluit, my storie is uit.
 
The following users thanked this post: Leo

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #7 on: March 21, 2021, 05:43:44 pm »
Ek sien daai blikkie ChakkaKakka staan trots op die foto ek sien nog jou gesig se trek na die eerste hap!! ;) :peepwall: :lol8:

Ja man dis nou as mens nie lees in die winkel nie.  Groot verskil tussen Mild en Extra Hot!
 

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 33,245
  • Thanked: 1033 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #8 on: March 21, 2021, 05:51:43 pm »
 Fluit-fluit, my storie is uit.

En nou vir daai uur lange video met die hoŽ spoed lang straights en lang powerslide right handers!!! ;) :peepwall: :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #9 on: March 21, 2021, 05:57:19 pm »
Fluit-fluit, my storie is uit.

En nou vir daai uur lange video met die hoŽ spoed lang straights en lang powerslide right handers!!! ;) :peepwall: :lol8:

 :imaposer: Ja hy kom!
 

Offline MildlyWild

Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #10 on: March 21, 2021, 06:17:40 pm »
Jo, mooi paaie en fantastiese fotos!  Waarmee neem jy?
Sodra mens langs die pad erens kamp lyk dit sommer klaar  na n avontuur
As a man thinketh, so he becomes...
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #11 on: March 21, 2021, 06:37:59 pm »
Jo, mooi paaie en fantastiese fotos!  Waarmee neem jy?
Sodra mens langs die pad erens kamp lyk dit sommer klaar  na n avontuur

Dankie MildlyWild, foto's was sommer met selfoon geneem (Samsung A31). Hy't so wide angle funksie wat lekker werk maar as jy op rekenaar inzoom is kwaliteit maar nie wonderlik nie.
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 8,660
  • Thanked: 871 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #12 on: March 21, 2021, 06:47:09 pm »
Lyk my daai Plataanbome is 'n gewilde stopplekkie vir ruiters.  :biggrin:
'Tis the timeís plague, when madmen lead the blind.

King Lear
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,117
  • Thanked: 60 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #13 on: March 21, 2021, 06:54:12 pm »
Lyk inderdaad so!
 

Offline LMG

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 351
  • Thanked: 17 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #14 on: March 21, 2021, 06:54:33 pm »
Lyk lekker, Chris.

Het lus om so 'n draai te ry.
"Bad decisions make for good stories" T-shirt in the Northern Cape
"The most dangerous worldview is the worldview of those who have not viewed the world." -Alexander Von Humboldt.
Never fight unless you have to; never fight alone; and never fight for long - MG Fox Conner
When you're incapable of learning from the mistakes of the past, you end up improving on them.
 

Offline Mev Vis Arend

Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #15 on: March 21, 2021, 08:23:34 pm »
Wat 'n likker trippie.  Ek drool op die sleutelbord.  Jou fotos is besonders.   :thumleft:
Honda XR250 - Given to daughter.  BMW 1200 GSA met Karretjie  -  Suzuki 125 Scoota with a KTM topbox - sold.  Honda CRF 250 L
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,044
  • Thanked: 292 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #16 on: March 21, 2021, 08:30:20 pm »
Pragtig.  Dankie vir die deel julle bos ,,,,,,,krappers :laughing4:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,025
  • Thanked: 416 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #17 on: March 21, 2021, 08:30:31 pm »
Baie lekker en mooi kiekkies.  Dankie vir die deel.   :thumleft:

En groot dankbaar dat jy Chris gevat het op die trip, ek weet hy het dit geniet, dis iets baie besonders.   :deal:

Laastens, die sidekarre is tot baie in staat en kan groot genot verskaf.  Mooi so Chris, doen so voort.   :thumleft: :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline 2StrokeDan

  • a Man of Character
  • Worshond
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 26,476
  • Thanked: 2231 times
  • Slim like Bill, straight like Steve
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #18 on: March 21, 2021, 08:49:16 pm »
Ai Chris, lekker om te sien jy ry so n lekker draai, ek weet hoe geniet jy dit!

Hoe het die lyf dit gevat?
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,025
  • Thanked: 416 times
Re: Padkamp met die Karretjie: 'n Karoo Toer
« Reply #19 on: March 21, 2021, 09:10:27 pm »
Ai Chris, lekker om te sien jy ry so n lekker draai, ek weet hoe geniet jy dit!

Hoe het die lyf dit gevat?

Ek glo soos 'n ouman se lyf wat onfiks is, maar hy kan werk aan dit.   :lol8: :lol8:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.