Goeie biker storie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Jacko

Grey Hound
Joined
Apr 21, 2006
Messages
6,134
Reaction score
40
Location
Denver, Colorado
Bike
Hildebrand & Wolfmuller (all models)
Guys, it's strictly speaking not about adventure riding. But hey, all riding is an adventure, isn't it? I don't who the author is - got it on an e-mail.

Enjoy this one in the mooiste taal...

OOR SNEEU, OOR SLIPSTREAMS EN OOR SUIKERSAKKIE- S�ªGOED
(of: Die Derde Winkel op Regterhand)

Vriend Kobus het toe mos daai 2-wiel Beemer in Johannesburg gekoop. D�­t ten spyte daarvan dat Suinige Albe en Armgat JC hom gently (later al hoe meer agressief!) na die ?84 Goldwing toe probeer lei het, teen halfprys. Maar nee, nie vir hom nie, Kobus gaan Groot! Go Big or Go Home, soos Louis altyd s�ª.

Nou tel ek al vroeg gerugte op, nog lank voor die koop deurgaan, so al langs die grapevine af, rumours en gerugte van rumours, dat Kobus bietjie skrikkerig is om die nuwe Ou Grote self en alleen van Johies af huis toe te bring, en dat �©k, moi, synde die enigste ware biker, dalk genader gaan word om te help. Een storie wou dit selfs h�ª dat ek opgevlieg sou word, all expenses paid, vyfster hotel met masseuse vir die nag, en what have you.

Lang storie kort: Toe die day of reckoning aanbreek is ons in ?n minuskule ou huurmotortjie van Tempest (no frills!!) hier op Noorde toe, el-cheapo, kwart oor vyf in die oggend! Geen vliegkaartjie, geen hotelverblyf, vokkol masseuse. Vrind JC, wat belowe het hy gaan saam vir die company en om die Prado (waarmee ons AANVANKLIK sou ry), terug te bestuur, het kop uitgetrek. Kamstig iets oor die ousie en Tanya in die hof en Heiter wat sy pa sal mis. Die bliksem s�ª niks vir my van die weervoorspelling wat hy stilletjies vooruit gekyk het nie.

By Kobus se huis - dis nog pik-git-swart-donker-nag ? klim ons in die gehuurde Fordtjie, en ek begin vermoed: Hier kom kak. Ek het nie die weervooruitsigte gesien nie, en ek is baie selde so vroeg op, maar dit voel nie na ?n gewone Augustus oggend vir my nie. Dis nie koud nie, dis vokken vriesend!! Kobus is so spraaksaam soos ek hom lank nie gesien het nie, met sluwe opmerkinkies soos ?Lekker oggend, n�©?? en ?Mens kan voel die somer is op pad.? Ek word stiller en stiller, vroetel net met die cheap Fordtjie se heater.

Duskant Winburg tref ons die eerste volskaalse sneeustorm. ?Kobus,? s�ª ek toe dit lig genoeg is om buite te sien, ?dit fokken sneeu buite!? ?Nee man,? antwoord hy asof hy ?n moerse meteoroloog is, ?dis net ?n bietjie re�«n, sal nou-nou oorwaai.? En hy k�©�©r toe ek die radio wil aansit, want hy weet ek gaan ?n weerberig soek. ?Los die radio, kom ons gesels.? Hy babbel land en sand, totaal teen sy grein in, oor all the girls he?s loved before, en all the girls he's lost before, kanse aangegryp en geleenthede verspeel, tot oor die kinders en die stiefkinders en die kinders se boyfriends en girlfriends, aanmekaar, sonder ophou. Toe ek iets probeer s�ª, toe slaan hy sommer so in dieselfde asem oor na swart behuising en crooks in die boubedryf toe. Ek kyk langs die pad en onderbreek hom uiteindelik in die middel van ?n sin. ?Nou as dit nie sneeu nie, wat se wit laag is dit wat hier op die lusernhope in die veld l�ª?? troef ek hom. ?Lyk vir my soos bietjie ryp,? antwoord hy versigtig.

Drie sneeustorms en vier re�«nbuie later, hou Kobus by die Shell- garage in Alberton stil. Ons klim styf-styf uit die Fordjie uit. ?Die luggie is nogal fris,? smaail hy terwyl hy hom uitstrek. Ek bibber tot in my murg in.

By Thys die verkoper sien ek die fiets die eerste keer. Dis ?n beautie! Daardie diep, donker, classy BMW-maroen, met al die parafernalia by, twee BMW-tasse weerskante, nog een agterop, ?n mens kan sien hy?s goed opgepas. Lyk splinternuut. Ek vergeet vir ?n oomblik van die koue. Vryf oor die fiets, loer hier, voel daar. Haal my sakkie met ekstra klere vir die rit uit die Fordjie se boot uit. En terwyl Kobus verkoopspapiere teken, trek ek aan. ?n T-shirt heel onder, dan daai verslete ou swart polo-nek wat op al my bike-trips saam was, dan so ?n seksie dun langmoutruitjie waarmee Katinka my meer respektabel vir stadsgebruik probeer maak, dan daai smart, dik blou langmou Billabong-geborduurde trui waarmee Katinka my die boetiek- voorkoms probeer gee het. Dan die ou bruin leerbaadjie wat ook op al my bike-ekskursies was (BloemSkou, circa 1995, R250) en heel laaste, bo-oor alles, my biker-re�«npak se baadjie. Ses lae teen wind en weer! Onder is dit twee paar kouse oormekaar, my Mr. Price Riverside-denim (R79), en die re�«npak se broek. My deurwinterde donnerse Long John l�ª op die plaas.

?Sal jy orraait wees?? vra Kobus toe alles afgehandel is en die Groot Oomblik aanbreek.

?N-n-n-natuurlik!? bibber ek onoortuigend terwyl ek nonchalant my voet oor die groot bike se saal probeer lig om op te klim.

Kobus moet ?n kli�«nt op Vereeniging gaan sien en ons spreek af dat ek agter hom sal aanry, uit die stadsgewoel uit. Die adrenalien pomp verwoed terwyl ek gewoond probeer raak aan die Duitse ingenieursvernuf tussen my bene. Ek voel nog geen koue nie. Die Alberton-sonnetjie, wat halfhartig uitkom, is ?n upliftment vir die gees. Nee wat, hierdie is a walk in the park, vertel ek myself.

Ek begin makker word, soos ons aanry. Voel-voel so hier en daar aan 140 km per uur, net omdat ek kan. Toe Kobus sy afrit vat, toe?s ek en die Bee-Em ou vriende, kamerade teen die elemente.

Die tolpad sou die maklikste en vinnigste, �©n waarskynlik veiligste roete wees. Maar nou ken julle my mos, ek haat dit om tol te betaal. Ek haat dit om te betaal! En die alternatiewe roetes is in elk geval opwindender. Parys is ?n moontlikheid, of Sasolburg- Koppies. Boonop gaan dit ?n nagmerrie wees om by my beursie uit te kom by ?n tolhek, met karre wat agter my wag. En ek sukkel nog met die Bee-Em se centre stand, wat ?n ander tegniek verg as my Yammie se side-stand. Kan jy jou die verleentheid, om van die moontlike skade nie eens te praat nie, voorstel as ek in die gangetjie by die tol-ousies die bike moet omsmyt!

Gepraat van ?om by die beursie uit te kom?: Net ?n biker sal verstaan waarvan ek praat. Om aan- en uit te trek op ?n bike, is ?n uitgerekte proses wat fyn strategiese vermo�«ns en 'n stuk chronologie-deurdagte, behoorlike beplanning verg. Kom ek verduidelik: Jy moet heel eerste stop en seker maak (met centre of side-stand) dat die bike stewig staan en dat jy kan afklim. Dan klim jy af. Hierna moet jy eers jou handskoene uittrek, sodat jy by jou vingers kan uitkom. Dan moet jy genoemde vingers warm vryf sodat hulle bruikbaar word. Met jou vingers haal jy dan versigtig jou donkerbril onder die crash helmet se visor uit. (Jy kan nie die helmet afhaal as die bril nog op is nie.) Dan moet die helmet se strappie losgemaak word, voor jy hom kan afhaal. Die helmet word dan op die bike se sitplek gebalanseer, langs die handskoene en bril wat al klaar sukkel om h�ºlle balans te hou. DAN EERS kan jy begin broeke losmaak om by jou beursie uit te kom. En as jy klaar betaal het, word die hele proses omgekeer. Beursie terug in die derde broek van bo se sak, hemde indruk, broeke vasmaak, helmet opsit, strap vasmaak, donkerbril opsit (of ?indruk?), handskoene aantrek, start en dan eers kan jy ry. Wat male sonder tal gebeur ? vra maar vir enige biker ? is dat jy dikwels die bike se sleutel in ?n broeksak indruk met die afklim, en dan, na hierdie proses van onomkeerbare chronologie, met alles vas en aan, opklim net om te onthou jy het nie die sleutel uitgehaal nie. Dan is dit alles weer van voor af, want met ?n handskoen-hand kan jy vergeet om ?n sleutel uit die derde broek van bo se regtersak te haal.

Enigiemand wat nog nie verstaan waarom ek nie die tol-roete wou vat nie?

Dis toe die Sasol-Koppies pad waarop ek besluit. Ken hom al vir jare, baie daar gery in die ou dae, langs Coalbrook verby, daar waar die mynramp waaroor Tant Sannie Briel-hulle sing, (hy was op dieselfde plaat as Moenie vir Pappie nog Sjerrie gee nie) hom destyds afgespeel het.

Ek vermoed die adrenalien het teen hierdie tyd begin afwater, want ek was skaars by Sasol se stink skoorstene verby, toe ek besef: Dis koud. Dis vrek koud. En daar?s nie ?n ?luggie? wat ?stoot? nie, die wind waai storm-vokken-sterkte. (Veertig kilometer per uur dwarswind, sou ek later uitvind.) En Alberton se sonnetjie is lankal missing. Aan die Vrystaat-kant, die rigting waarin ek ry, hang die swaar, dreigende wolke laag oor die horison, wes, suid en oos. En net anderkant Coalbrook begin dit re�«n. Eers saggies, en toe al hoe erger. Ek l�ª 45 grade (okei, 43 grade) dwars in die wind, beheer met die regterhand die bike, en vee met die linkerhand die re�«n van my visor af. Die re�«ndruppels beduiwel my sig van buite af, en die wasem van binne af. Ek slaan later maar die visor oop, maar toe raak ek bang dat die gesig-frostbite gaan maak dat ek h�³m (my aangesig) ook gaan verloor. Teen hierdie tyd het ek al lankal vrede gemaak daarmee dat ek minstens my twee bene albei net onder die heup gaan opoffer.

En Kroonstad (Ford Wajier) l�ª ver, l�ª ver, anderkant die eerste ster... (Apologie aan die Goue Seun)

Jy dr�³�³m van daardie magiese halfpadmerk, Ultra City by Kroonstad, as jy so alleen op die pad is. Jy konsentreer in jou gedagtes op die warm Whistle Stop Caf�©, en terwyl jy die potholes teen 130 km per uur systap, voel jy al hoe jou hande warm word om daai groot beker warm koffie, jy trek in jou verbeelding diep, diep teue aan daai Princeton Light, jy sien daai spek en hashbrown en toast en eiers. In jou agterkop hou jy jou opsies oop om dalk, net dalk, op Kroonstad ?n hotel te soek en oor te bly. Dis alles moerse positiewe gedagtes. Dit help jou aangaan. Dit help jou vergeet.

Ek haal Kroonstad in onder twee uur! Nie sleg vir die eerste 220 km nie. En hier sien ek oudergewoonte weer daardie verskynsel wat jy op elke bike-trip ervaar: Ander mans se openlike fasinasie, bedekte bewondering en kwalik weggesteekte jaloesie op jou wat die guts het om ?n biker te wees. Nie minder nie as ses wildvreemde manne van verskillende ouderdomme kom knoop ?n geselsie aan, drie by die petrolpomp, twee in die restaurant en nog een toe ek opsaal om verder te ry. ?Koue dag vir ry, n�©,? s�ª die eerste een. Ek het net my helmet afgehaal, probeer hom antwoord, maar my kakebene is stokstyf van die koue. Kry uiteindelik ?n paar woorde uit.

?Mooi bike, waar gaan jy heen??, vra ?n ander een. ?Bly ek?s nie jy nie!? s�ª ?n derde, die een met die stewige vrou aan sy sy. Ek sien in sy o�« hoe hy uit sy hart uit w�©ns hy was ek. ?n Onsigbare gemeenskaplikheid, iets wat ek nooit ervaar as ek met ?n kar by ?n garage stilhou nie. Soos met die lorriedrywers ook as jy bike ry. Hulle gee altyd erkenning, dalk met die ligte flikker, of die honk- honk toeter as jy verbyry. Ons het destyds al, op my en Van Aardt en Gilbert se heel eerste trip, daai een Namakwland toe, die postulaat geformuleer: Daar?s ?n spesiale band tussen bikers en truckers....

Kroonstad is alles wat ek gehoop het en meer. Drie koppies warm, soet koffie, vier sigarette, en ?n stewige brunch. Na ?n uur van ontdooi en die Huletts suikerpapiertjies se spreuke lees en vir Kobus en JC en Katinka braggerige SMS?e stuur, het ek heel vergeet van hotelle soek en natpad en koudkry. Ek?s vuur en vlam om deur te stoot huis toe.

Dit was so twintig kilometer uit Kroonstad uit dat ek besef het ek gaan dit nie maak nie. Die oggend se sneeu l�ª nog net so op die lusernbale langs die pad. En die troppe Brahmane en Bonsmara?s aan die regterkant langs die pad, wat lyk of hulle vir my ?n erewag vorm - te mooi vir woorde - doen dit nie om my te bewonder nie: Hulle het hulle gatte na die stormwind en re�«n uit die weste toe gedraai. Ek probeer voel of ek nog tone het, probeer hulle roer binne-in die boots, maar dis net so ?n doodse, nat loodgevoel daar onder. My kouse is sopnat, die boots is deurdrenk, my lyf, of dan die dele waar ek vaagweg nog gevoel het, voel nat. My twee ore is ysspriete. En ek kan byna niks sien nie. Wasem binne, druppels buite, julle ken die storie. My linkeroog blur om een of ander rede, die bietjie wat ek kan waarneem voor in die pad, is in ?n amper romantiese wasigheid gehul. Die pad is besig, soos altyd. Die lorries van voor af ruk jou rond as hulle verbykom. En dis nie net daardie slipstream-golf waaraan jy as biker gou gewoond raak, wat jou tref as hulle aanstorm nie. Dis ook ?n reuse dubbelverdieping watersproeibrander wat opslaan en jou telkens heeltemal verblind.

Ek begin bid vir ?n Pep Stores. Mag Ventersburg tog net ?n Pep Stores h�ª. As Luckhoff ?n Pep het, vertel ek myself, dan m�³�©t Ventersburg ?n Pep h�ª. Maar s�ª nou hulle het nie een nie. S�ª nou hy?t toegemaak. Maar dan skep ek weer moed. Hulle s�¡l een h�ª. Elke dorp het ?n Pep. Want so kan ?n mens nie gemoerrak nie, soos Johan van Wyk altyd geskryf het.

En toe ek afdraai in die hoofstraat (die enigste straat), toe doem hy groot en helder, blou en geel, voor my op, die derde winkel op regterhand: Pep Stores.

Ek strompel nat en koud in. ?M-m-m-evrou,? s�ª ek vir die enigste wit dame tussen die klomp ousies, ?v-v-vandag moet jy my lewe red.? Sy kyk my versigtig aan, wonder waarskynlik of sy betyds by die panick-button gaan uitkom as ek ?n snaakse move maak. ?Ek soek ?n Long John,? gaan ek bibberend voort. ??n Lang onderbroek, extra large.? Sy begin ontspan, en kry vir my die tweede laaste een van die rak af. ?Ek soek ?n wolmus ook,? klappertand ek verder. ??n Beanie.? Ek haal vir my self een af toe sy my die hoop wys. So mooi spikkel-bloue wat voortaan op elke bike-trip sal saamgaan. Ek koop nog twee paar dik (dro�«) sokkies ook, en ?n reuse trui, XXXL, (al wat hulle het) wat die sewende langmou oor my bolyf gaan vorm teen die elemente. alles saam R102-50, BTW ingesluit! En toe betrek ek hulle aantrekhokkie, strip tot in my adamspak, en begin van voor af aantrek, die dro�« goed heel onder teen my koue lyf.

Dalk was dit sielkundig, ek weet nie (Katinka sal dit die placebo- effek noem), maar hierna voel alles net stukke beter. Ek kan weer my tone voel, my linkeroog begin fokus, en die vreugde van twee-warm-ore-onder-?n-wolmus is onbeskryflik. ?n Uur later toe?s ek duskant Brandfort, tref amper-amper ?n swerm tarentale net toe ek oor ?n bult kom ? enige biker se nagmerrie ? maar ons duck-en-dive mekaar suksesvol sonder dat ek (of een van hulle) onthoof word. Op Brandfort gaan ek die laaste pitstop maak.

Byt vas, ek?s amper klaar! Nog net die pie-storie. (Piepie, stupid!) Ek het vaagweg daaraan gedink toe ek so lekker in Pep Stores se aantrekkamertjie opgedress het, maar weer daarvan vergeet. Wat gemaak as die natuur roep? Op my ouderdom roep hy gewoonlik vinnig en skielik. (Julle sal sien as julle eers vyftig is!!!!!) Ek haal Brandfort net betyds, sjor-sjor met my nat lyf by die enigste koffie-shoppie in, en vra of ek die badkamer kan gebruik. Die nood druk en time is of the essence! Slaan die bankie op, en begin soek na, wel, ...my Meneer. Maar hy?s weg. Hy was op Kroonstad nog daar, ek besef hy kan nie weg wees nie. Kry die re�«nbroek, wat geen gulp het nie, met moeite tot oor my knie�« afgetrek. Kry die denim se belt los en die zip oop. Ek sweet groot druppels in die koue. Kry die nuwe Long John (XL), wat onder my sewe langmoue bo tot teen my tieties opgetrek is, in die hande, maar ek kry n�ªrens sy opening nie. (Onthou julle daai ou Santa Maria?s wat ons in die Army gehad het?) Pluk hom uiteindelik ook windskeef af. Toe?s daar nog die oorspronklike onderbroek waarvan ek al vergeet het. En toe, einde ten laaste, hemel op aarde, die vervulling, die verligting. Skuim-in-?n- beesspoor, het my een Oom altyd gebrag voor sy prostaatoperasie. Ek pie dat die skuimstrale eintlik so opstyg in die bak. Die lewe is ?n lied.

Veertig minute later stop ek voor Kobus se huis, en kan ek vir hom SMS: The Eagle has landed!

Toe ek by die huis my klere uittrek ? dis soos argeologiese opgrawings om deur die verskillende strata te kom ? toe val daar een van Kroonstad se le�« Huletts suikersakkies uit my sak uit. Ek tel dit op en lees weer die corny woorde:

?Happiness is inward, and not outward; and so, it does not depend on what we have, but on what we are.?

En voor ek in die warm bad kan klim wat my geliefde Shortie Pie met groot erbarming vir my ingetap het, bel Dolf om te hoor of ek orraait is, �©n kry ek drie SMS?e.

Kobus laat weet: ?Definisie van bogvriendskap: as jou pel op die koudste dag vd jaar, in sneeu, wind en reen, jou nuwe 96 bmw 1100 al d pad v Johburg af ry. Dankie, Albe, dis befok!? JC s?n is kort en kragtig: ?Jou fokken yster!?

En my seun Louis skryf: ?Trots op die only biker on SA roads today. Pa stel ?n voorbeeld! Love, L.?

Die tweede Augustus in die jaar 2006 van Onse Heer was ?n goeie dag vir my...
 
Top