GK Toerstories - nou in boeke gebind

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
257
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Nou is ek weer op datum met my Toerstorie Boeke....
Totaal van 53 TripReporte wat ek sedert 2005 geskryf het.

2021-05-09-Vier-volumes-Trip-Reporte-1.jpg


Mettertyd het ek elkeen op goeie papier geprint en in 'n boek gebind.
Vandag het ek die vierde volume (2017 tot 2021) gebind.

Vir jare al (sedert 2005) het ek 'n tripreport geskryf van meeste van die trips waaraan ek deelgeneem het, of solo gery het.
Ek geniet dit om so'n report te skryf en te deel met ander ouens.
En ek geniet dit baie om ou tripreporte te lees.
Laasjaar met die Lockdown het ek baie ou stories gelees, beide van my eie en van die BMWMCCC en WD se tripreporte.

Wanneer mens die stories lees, besef jy opnuut die voorreg wat jy gehad het om sulke trips te kan doen, en nog meer, die kameraderie en vriendskap van mede-ryers.

Ek dink ek gaan enkele van daardie ouer stories hier op WD ook laai (meeste was op die toegemaakte BMWMCCC forum) want daardie roetes bestaan nog en is die moeite werd om gery te word.
 
Top