1200GS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,958
Reaction score
1,066
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Kyk ek het my 1150 en my eerste BMW as n joke gekoop en teen n winsie verkoop met die idee om iets kleiners te kry.
Toe val daar n 1200 my kant toe vir dieselfde geld.
145000 kilos op. Voor ek besef wat ek doen, staan hy in my garage en ek wonder wat het gebeur.

Hy het pad bande op so ek bly maar op die teer. Vertel vir almal dis my lang pad bike.

Ek word genooi vir n trip rondom Lesotho. Die 1200 skrik so groot sy ABS liggies en briek liggie kom aan en speedo en AbS hou alles gelyk op werk. Ek doen my bes maar kan dit nie reg kry nie. Ek plak die briek liggie se een pool met insulation tape toe om die briek lig af te kry want hy bly aan en raak vrek warm.

Dit val amper deur die mat, maar een ryer laat weet hy gaan steeds en ons besluit ons ry dan steeds. Pak die bike en daar gaat ons. Die ander trek hulle fingers uit hulle gatte en ons kry hulle na 2 dae op Rhodes vir n Epic trip.

Dis nou 6 dae en 3000km later, ek is veilig terug by die huis.
Reg rondom Lesotho. Baie grond, klippe op daai pad tyres, modder, Naudes Nek en n 800km dag slog terug Kaap toe in.

Niks moeilikheid nie.

Toe ek gister by die Tradouws pas uitkom en die huis kan sien, kon ek nie help om die ou n “pat” op die handlebars te gee nie. Gelukkig was daar niemand naby om my te sien nie.
 

Attachments

  • 28B38952-504B-496D-ACE1-37502EE77FAE.jpeg
    28B38952-504B-496D-ACE1-37502EE77FAE.jpeg
    190.8 KB · Views: 190
  • BC30155F-4975-4BC4-A182-66BBD106865B.jpeg
    BC30155F-4975-4BC4-A182-66BBD106865B.jpeg
    142.3 KB · Views: 191
Top