Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ek mik Oranjerivier se kant toe  (Read 3805 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #120 on: June 17, 2021, 10:38:24 am »
My ervaring was nog altyd dat as mens so alleen ry daar baie maklik met ander mense geselsies aangeknoop word.  So is dit met diť rit ook. 

Daar tussen Pampoenpoort en VanWyksvlei kry ek 'n boer wat met sy bakkie uit die veld uit kom.  Ek stop en ons gesels sommer so 'n halfuur lank.  Naderhand nooi hy my huistoe waar sy vrou vir ons lekker koffie en beskuit voorsit. Dis hartseer om te hoor hoe sukkel die boere hier as gevolg van die droogte.  Baie het al sommer weggeloop van hulle plase af omdat daar nie meer 'n heenkome daar is nie.  Pieter vertel dat grond hier vir R350/ha in die mark is, maar niemand koop nie want die grondwater is op.  Hy self boer met 20% van sy veegetalle, ander boere min of meer dieselfde.

Maar hier in hulle pragtige tuin onder 'n sipresboom wat van 1903 dateer, vergeet ons bietjie van die swaarkry en gesels en lag lekker saam.

Inderdaad Rus en Vrede.
« Last Edit: June 21, 2021, 04:23:26 pm by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #121 on: June 17, 2021, 10:42:07 am »
Die Noord-Kaap is vervuil van die prosopisbome.  Hulle neem die veld in en niks groei daar waar hulle digte stand maak nie.  Alhoewel die peule baie goeie veekos is, blyk dit dat min diere sy blare vreet.  Ook is sy geweldige lang dorings 'n gevaar vir vee indien hulle daarin sou trap.

VanWyksvlei is vrot daarvan.  Die indringer suip grondwater dat dit 'n naarheid is.  Boere probeer dit sover moontlik bekamp maar waar oorlewing vir baie nou 'n uitdaging is, is bekamping daarvan vir eers 'n laer prioriteit.
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #122 on: June 17, 2021, 10:48:11 am »
Ek sal nie kan sÍ hoekom nie maar ek wou nog altyd 'n draai op Vanwyksvlei en Brandvlei gaan maak.  Ek moes maar eerder verbygehou het.  Vanwyksvlei herinner my aan Eben Venter se Karoodorpie wat hy in sy boek Horrelpoot beskryf.  Daar is die rojale totaal van 11 blankes in die dorp oor en eintlik bly daar haas niks van hom oor nie.  Dis baie hartseer om te sien en te ervaar.  Ironies genoeg kry ek 'n straat na FA Venter vernoem.  Julle sal onthou dat hy 'n reeks boeke geskryf het, een waarvan se titel Geknelde Land is.  HŪer op die Godsverlate plekkie is die naam heel vanpas.

Lees gerus sy boek Kambrokind, die vertelling van sy kinderjare en sy gesin se swaarkry in diť omgewing tussen Strydenburg, Kakamas, Kenhardt en Vanwyksvlei.  Sy ouers het hulle uiteindelik hier tussen Kenhardt en Vanwyksvlei gevestig.  Seker daarom dat hier 'n straat na hom vernoem is.
« Last Edit: June 21, 2021, 04:27:02 pm by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Online DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 34,312
  • Thanked: 1227 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #123 on: June 17, 2021, 10:51:04 am »
 is die naam heel vanpas.

Daai O'malley's pas darem glad nie as naam op n dorpie soos Van Wyksvlei!!! ;)
Hoop daar is nog dorpswater in die krane!! :(
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #124 on: June 17, 2021, 10:55:09 am »
Tussen Vanwyksvlei en Kenhardt ry ek diť borde verby.  Kan dit die Alkantpan toetsbaan van Armscor wees wat so vÍr wes strek? 
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline McSack

  • Hairy-arsed throttle-slinging
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Free State
  • Posts: 1,637
  • Thanked: 193 times
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #125 on: June 17, 2021, 10:56:10 am »
Dis sommer MOERSE!
That is a frameable pic. MOERSE lekker

Sent from my BV9500 using Tapatalk

~ Sometimes you find yourself in the middle of nowhere and sometimes, in the middle of nowhere, you find yourself ~
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #126 on: June 17, 2021, 10:58:40 am »
Op diť rit het ek heinings en drade en hekke van alle kleure en geure gesien.  Kyk, ek as bokboer het 'n waardering vir 'n mooi heining, dis mos kuns dÍmmit.  Die boere maak op groot skaal van kragdrade gebruik om ongediertes te probeer bestuur.

Kyk die eerste foto hoe maak hulle skaduskeilings met asbos vir hulle vee. 
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #127 on: June 17, 2021, 10:59:29 am »
Dis sommer MOERSE!
That is a frameable pic. MOERSE lekker

Sent from my BV9500 using Tapatalk

Maybe if I wasn't in it yes. :lol8:  I'm a lelike old bliksem jong.
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #128 on: June 17, 2021, 11:01:01 am »
Kyk bietjie hoe mooi netjies maak die manne heinings.
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #129 on: June 17, 2021, 11:03:14 am »
Dan kry mens natuurlik weer die ander uiterste waar 'n man eerder sy gat af sal sukkel om 'n ou stuk sif daar in te las en met klippe vas te pak en dit elke 2de dag oor en oor en oor te doen.  Eerder as om net die hekpaal uit te haal en ordentelik oor te plant.

So 'n hek dien mos geen doel nie of hoe.

Sommiges hou van elke dag heeldag sukkel, waaragtig.
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #130 on: June 17, 2021, 11:08:11 am »
Sowat 50km van Kenhardt af verander die veld se kondisie aansienlik en is dit weer lekker om daardeur te ry, nie meer sulke baie hardeveld en gruisvlaktes nie.  Die borseltjiegras, kokerbome, kameeldorings en bossieveld lyk sommer mooi.

Daai 3de en 4de kiekies is omdat ek weet julle is hier om motorfietse te kyk, nie veld en heinings en watnog nie.  :biggrin:
« Last Edit: June 21, 2021, 04:34:13 pm by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #131 on: June 17, 2021, 11:12:10 am »
Met al my gekuiery so padlangs, raak dit nou al laat en ek het nog 'n ent om te ry. 

Op Kenhardt gooi ek vol, gesels met die slaaghuis eienaar en die eienaarres van die vulstasie.  Ek maak ook kennis met Kenhardt se "Garageka(ar)t"
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #132 on: June 17, 2021, 11:14:52 am »
Ongelukkig, omdat die son al water trek en ek nog so 110km het om te ry voordat ek kan afsaal, ry ek die pad tussen Kenhardt en Kakamas tť vinnig om die besonderse mooi daarvan ten volle te kan waardeer.  Dis nou regte egte Noord-Kaap veld.  Pragtig.  Nader aan Kakamas raak hy sleg sinkplaat.  Dis al laat en ek het al langpad gery en ek moet my aandag op die pad hou.  Nogtans stop ek kortkort om fotos van die pragtige omgewing te neem.
« Last Edit: June 21, 2021, 04:36:41 pm by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #133 on: June 17, 2021, 11:15:38 am »
En natuurlik is dit groot sonde om by so 'n troppie mooi bokooie verby te ry sonder om hulle af te neem.  :biggrin:
« Last Edit: June 21, 2021, 04:37:43 pm by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #134 on: June 17, 2021, 11:21:08 am »
Ek ry Khamkirri se kampterrein kort voor donker in en moet nou gouspeel om my kamp voor pikdonker opgeslaan te kry.  Die dae is mos baie kort diť tyd van die jaar.  Ek kies 'n kampplek op die Oranjerivier se oewer.  Salig en rustig en mooi.
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline ktmmer

Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #135 on: June 17, 2021, 11:26:57 am »
Ek lees en kyk lekker, dankie!
 
The following users thanked this post: Dorsland

Online Psycho Porra

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,688
  • Thanked: 177 times
  • Sworn To Fun and Loyal To Rum
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #136 on: June 17, 2021, 12:08:19 pm »
This trip looks like it was food for the soul Oom Dors, thanks for sharing with us :thumleft:
KTM990, DRZ400E

"The brave do not live forever, but the cautious do not live at all"
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #137 on: June 17, 2021, 12:30:55 pm »
Selfs hier is daar geselskap.  'n Ent agter my kamp 2 Hollanders Roetje (Rudi) en Jannie (sy vrou) met hulle Landy.  Dis hulle 5de besoek aan Suid-Afrika en hulle is nou al 6 maande hier.  Hulle huis verkoop, by die werk bedank en toer nou die wÍreld vol. 

Hulle nooi my om by hulle te kom kuier Sondagaand..  Ons gesels lekker en hulle stel baie belang in als oor ons land.  Hulle het al twee op plase grootgeword in Nederland. Hulle vertel dat dit vir boere daar haas onmoontlik is om te boer as gevolg van al die belaglike wetgewing en reŽls wat hulle landbou omtrent doodwurg. Behalwe daarvoor stoot al die nakoming van die regulasies voedselpryse die hemele in.
« Last Edit: June 17, 2021, 12:31:46 pm by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #138 on: June 17, 2021, 12:35:40 pm »
Die plaaslike algemene praktisyn Neil en sy vrou Karen wat die naweek sommer daar met hulle d/k Cruiser en daktent kom kamp het, nooi my Saterdagaand oor om saam hulle te kom eet.  Ek het reeds klaar geŽet maar eet darem van hulle baie lekker tuisgebakte brood en kaas. 

Ek wonder hoe Neil so lekker kan eet sonder stopsels in sy tande. Hy ry mos 'n KTM640 :peepwall: :lol8:

Sondagoggend nooi hulle my weer om meusli, granate, joghurt en heuning te kom eet.  Gawe mense.  Lyk my ek moet meer dikwels soos 'n weeskind aantrek.  Dan eet mens omtrent gratis en verniet orals. :patch: 8) :biggrin:
« Last Edit: June 21, 2021, 04:39:39 pm by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,422
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #139 on: June 17, 2021, 12:41:44 pm »
Sondag is omtrent 'n luilekker dag daar langs die rivier.  Ek vang 'n middagsiesta, lees boek, drink koffie, stap af na die rivieroewer toe, luister en kyk voŽls, en is oor die algemeen hondsleg.  Ek los sommer my droŽ wors in 'n sakkie saam my lemoene daar onder my tentjie se afdak.  Daai aand bekyk ek lank die muskeljaatkat wat so suutjies in die boom bokant my klouter.  Min wetende dat die klein swernoot al my droŽwors kom steel.  Maar dit vind ek natuurlik eers 'n dag of wat later uit.  :lol8:

Pragtige diertjie, maar eier- (en droŽwors)dief van formaat.

Sondag is toe ook wasdag...... :ricky:  Hey @Bubby, check your socks hanging there.   :biggrin:
« Last Edit: June 21, 2021, 04:41:21 pm by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne