Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ek mik Oranjerivier se kant toe  (Read 3763 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,415
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #240 on: June 19, 2021, 04:03:58 pm »
Sommiges vir seker ja.  Meeste glo ek nie het na die droogte geld om hulle huistrek Kaap toe te ry nie.  Wat 'n feit is is dat hulle vr van hulle wortels af die wreld vol verwaai is.  Waar hulle ookal is, dit bly hartseer.
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 34,300
  • Thanked: 1226 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #241 on: June 19, 2021, 04:08:31 pm »
Dis inderdaad baie hartseer om di statige ou plaasopstalle en hulle groot vrek bome so oral te sien leegstaan.  Ek wonder altyd waar is sy mense heen, wat doen hulle nou, dink hulle ooit terug aan hulle plaas en hul drome wat daar gebore is.  :'(

Ek weet nie hoe ek di kiekie oorgeslaan het nie.
Daai huis se stoep kort n skaaphond wat namiddagslapie vat, stemme en stories koffietyd, donker oggend se inpak geluide voor veld toe ry of donkernag se geluide van afpak na n jakkalsjag. Daai werf kort die gedoefdoef  van n slow speed Lister!!
Bliksem hoe verlang ek nou iemand anders se werf!!! :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,415
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #242 on: June 19, 2021, 04:17:05 pm »
Ek werfhoenders wat skrop, 'n windpomp wat effe kreun in die nagwindjie, water wat in 'n sementdam loop.  Ja, hy kort al daai dinge Chris, maar meestal kort hy 'n boer wat hom kan laat lewe.  :'(
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Tampan

Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #243 on: June 19, 2021, 04:56:03 pm »
Ja, en daai boer en sy buurman moet Saterdag namiddag op die grasperk in n selfgeboude halfdrom braaier n vet staanrib, tjops en braai broodjies braai.
 

Offline Tom van Brits

Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #244 on: June 20, 2021, 12:52:43 am »
Dis inderdaad baie hartseer om di statige ou plaasopstalle en hulle groot vrek bome so oral te sien leegstaan.  Ek wonder altyd waar is sy mense heen, wat doen hulle nou, dink hulle ooit terug aan hulle plaas en hul drome wat daar gebore is.  :'(

Ek weet nie hoe ek di kiekie oorgeslaan het nie.

Pragtige RR Johan soos net jy dit kan doen.

Hier in Amerika is honderde plaaswonings nog met ou voertuie wat net so staan en tot niet gaan en ek self worstel met die gedagtes...waar is die kinders wat op daar die swaai gespeel het, die pa wat eens bree bors in daai ou Chevy bakie gery het  :'(
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Draad

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,652
  • Thanked: 30 times
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #245 on: June 21, 2021, 04:53:41 am »
Eisch nous ek lus vir n trippie. Thanks Dorsie  :thumleft:
Sies jou VARK !!
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Bernoulli

Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #246 on: June 21, 2021, 09:30:30 am »
Dankie, Dorsland. Was lekker om saam met jou te ry en ontspan.

Hier is 'n dokumentr oor die droogte in die Karoo - en veral in Williston. So 'n uur lank. Vertel 'n tragiese verhaal van swaarkry maar uithou.

https://m.youtube.com/watch?v=sdpYRgcS-Jg&feature=youtu.be

Van die plase op die Vanwyksvleipad waar jy by verby gery het se mense is daarin te sien (onder andere Benoudsfontein)

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,415
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #247 on: June 21, 2021, 09:44:02 am »
Dis inderdaad baie hartseer om di statige ou plaasopstalle en hulle groot vrek bome so oral te sien leegstaan.  Ek wonder altyd waar is sy mense heen, wat doen hulle nou, dink hulle ooit terug aan hulle plaas en hul drome wat daar gebore is.  :'(

Ek weet nie hoe ek di kiekie oorgeslaan het nie.

Pragtige RR Johan soos net jy dit kan doen.

Hier in Amerika is honderde plaaswonings nog met ou voertuie wat net so staan en tot niet gaan en ek self worstel met die gedagtes...waar is die kinders wat op daar die swaai gespeel het, die pa wat eens bree bors in daai ou Chevy bakie gery het  :'(

Baie dankie Tom.  Dit blyk ongelukkig 'n wreldwye neiging te wees dat die platteland leegloop.  Ek skryf dit aan 'n paar faktore toe;

1. Harde werk is nie meer in mense se genes nie.  Boerdery is elke dag harde werk om dit te laat werk. Daarvan kan ek vir jou niks vertel nie.
2.  Blink stadsliggies roep mense al harder.  Die mensdom raak al hoe meer gemaksugtig.  "instant gratification" is die wagwoord deesdae.
3. Ongunstige weersomstandighede oor groot dele van die wreld wat 'n negatiewe uitwerking op die landbou het.  Ek kyk watse geweldige droogte die Weste en Suidweste van die VSA ervaar. Vloede in baie lande, vulkaniese uitbarstings. 

Mense onderskat hoe moeilik dit is om 'n bestaan uit die gond uit te kan worstel.
« Last Edit: June 21, 2021, 09:44:53 am by Dorsland »
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 
The following users thanked this post: Tom van Brits

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,415
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #248 on: June 21, 2021, 09:47:05 am »
Dankie, Dorsland. Was lekker om saam met jou te ry en ontspan.

Hier is 'n dokumentr oor die droogte in die Karoo - en veral in Williston. So 'n uur lank. Vertel 'n tragiese verhaal van swaarkry maar uithou.

https://m.youtube.com/watch?v=sdpYRgcS-Jg&feature=youtu.be

Van die plase op die Vanwyksvleipad waar jy by verby gery het se mense is daarin te sien (onder andere Benoudsfontein)

Ek gaan dit baie graag wil kyk.  Het hom op my YouTube gestoor om vanaand te kyk.  Dit is inderdaad baie hartseer.
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,415
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #249 on: June 21, 2021, 09:48:29 am »
Eisch nous ek lus vir n trippie. Thanks Dorsie  :thumleft:

Ek is bly my vertelling kon jou darem uit jou ballingskap uitlok  :lol8: :sip:
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline Bliknrs

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,765
  • Thanked: 145 times
  • I never finish anyth
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #250 on: June 21, 2021, 02:16:33 pm »
Dankie vir die deel Dorsland.
Ek wens ek kon so met woorde toor.
YB100,KH100,XL250,XR500RE,TS400,IT495,KZ1000R,GPz1100,XL600,TT600,XT550,VZ800,CX500,TL1000R,YZF-R1,GSXR750,GSXR1000,DL1000,DR650,CTX200,1150GSA,XR150L,1200GSA
Current G450x&1966 CT90 XR650L
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Samou

Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #251 on: June 21, 2021, 08:45:00 pm »
Baie dankie vir die deel Dorsland jy het my weer aarde toe geruk.  Ja dit is maar hardseer hoe sommige van die boere moet stry om te oorleef. Ons vertrou dat daar vir die wat nog staande is uitkoms sal kom.
Ego = 1/knowledge
 

Offline m0lt3n

  • Ervare noob
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Northern Cape
  • Posts: 6,745
  • Thanked: 313 times
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #252 on: June 22, 2021, 07:29:14 am »


Baie dankie Tom.  Dit blyk ongelukkig 'n wreldwye neiging te wees dat die platteland leegloop.  Ek skryf dit aan 'n paar faktore toe;

1. Harde werk is nie meer in mense se genes nie.  Boerdery is elke dag harde werk om dit te laat werk. Daarvan kan ek vir jou niks vertel nie.
2.  Blink stadsliggies roep mense al harder.  Die mensdom raak al hoe meer gemaksugtig.  "instant gratification" is die wagwoord deesdae.
3. Ongunstige weersomstandighede oor groot dele van die wreld wat 'n negatiewe uitwerking op die landbou het.  Ek kyk watse geweldige droogte die Weste en Suidweste van die VSA ervaar. Vloede in baie lande, vulkaniese uitbarstings. 

Mense onderskat hoe moeilik dit is om 'n bestaan uit die gond uit te kan worstel.




Sjoe ek het nou lekker gelees. n goeie eerlike RR. Baie dankie. Het regtig die ander fokus op ons platteland geniet, op di draadwerk en droogte.

Ek het bietjie n ander kyk op opinies hier bo, ek dink nie daai is die grootste redes nie. Boerdery word kommersieel. Die groot ouens maak die kleintjies dood, en hoe groter jy begin (lees: erf porsie) hoe harder kan jy praat, hoe groter kan jy boer. Hoe kleiner kan kan jou wins grense wees. Geld maak geld. Mense raak meer en grond raak minder, die groot stede moet eenvoudig groter.

Ek is seker ook maar bietjie gullible, te goedhartig, maar ek reken ook daar is meer mense wat eenvoudig nie die risiko wil neem met hul en hul gesinne se lewens as wat daar mense is sonder 'hard-werkende gene'. Plaas moorde is nie iets om buite rekenskap te laat nie.
Dooie visse gaan saam met die stroom...
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,415
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #253 on: June 22, 2021, 02:14:35 pm »
Jy maak 'n klompie goeie punte daar.  Stem met baie van hulle saam.  :thumleft:
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline RrP

Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #254 on: June 26, 2021, 09:34:26 am »
Finally read this from beginning to end thank you for refreshing my soul.
"And on the 8th day God made a Farmer"
 

Online hartebees

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: KTM 1290 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 84
  • Thanked: 22 times
  • https://www.onanysunday.co.za
    • On Any Sunday
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #255 on: June 26, 2021, 09:31:25 pm »
As mens jonk is, is die wreld n baie groot plek, vol avontuur, opwinding en nuwighede.  Namate ons ouer raak, krimp hy al meer tot hy naderhand soos n bekende agterwerf word waar gevee, natgelei en tee gedrink word; als bekend en mak. Sy tande getrek en kloue afgestomp. Hy smaak dalk meer na slap pap as na biltong wat self gedroog is.

n Man veral, is geskape om, wel, mansgoed te doen. Nie om agter n rekenaar te sit of in a winkelsentrum rond te dwaal agter naskeermiddel nie. Rugby op die TV kyk terwyl jou vrou vir jou elke nou en dan n bier en n handvol chillie bites in die hand druk is ook nie mansgoed nie. Ons is bedraad om daai bier se spoor te sny en dan met een spiesgooi te dood sodat die res van ons stam vir die volgende paar dae kan eet (of drink).

Die veld en die ooptes is n uitdaging en n avontuur, die sitkamer en kantoor nie so erg nie.

Nouja, so vaar ek die vlaktes in. Opsoek na iets wat ek eintlik nie mooi neergepen kry nie maar wat ek gans en al t min van kry in my alledaagse lewe.

Nuwe ervarings, nuwe paaie, nuwe mense, dalk n papwiel of ander tespoed wat my weer sal rek. Dinge wat n man weer diep laat asemhaal en besef dat die lewe oor baie meer gaan as dt wat ons elke dag ervaar (of verduur).

Op di vlakte kan enigiets gebeur.

Ek wil hierdie teks laat raam en teen my muur opsit. As ek dit elke dag lees en probeer toepas sal ek meer uit die lewe kan put. Baie dankie hiervoor.
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,415
  • Thanked: 1158 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #256 on: June 27, 2021, 10:43:35 am »
Dankie @hartebees, sou lekker wees as ons daai kinderlike opgewondenheid oor die lewe tot in ons oudag kon behou n. Hoe ouer hoe meer werk verg dit om die avontuurlustigheidsvlam uit te leef. 

Soms voel ek ons streef die verkeerde dinge in die lewe na.  Maak bymekaar, werk t hard, ry t min grondpad, kuier t min by die ou mense, droom t min, jaag t veel, vat t min kanse.
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne
 

Offline blackbird

Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #257 on: June 29, 2021, 02:05:59 pm »
Snaakse tye waarin ons leef? Dankie Johan, vanoggend met virus gedagtes werk toe gery en na niks nuut uitgesien nie. Jou RR raakgelees van begin tot nou en sit en smile of ek saam tee gedrinkk het en die blouoogkat gegroet het. Dankie vir n mooi RR met foto's wat raakpraat. Soos die manne se daai paaie en landskap fotos laat n man droom van n beurt. Ons bid vir daai opstalle se mense, waar hulle ook is. Bly jy het goed gereis al het die koue sy balle geeis! Groete
Jaag en vat kanse, moenie indruk nie, die boek is klaar geskryf!
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Tampan

Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #258 on: June 30, 2021, 08:23:43 am »
@hartebees ek stem!  :thumleft:

Ek het 'n boek by die huis, geskryf deur Hannes Kloppers en dit gaan oor die begin jare van die Kalahari Gemsbokpark en veral die Le Riche familie se groot bydrae daartoe.
Die boek is deur oom Stoffel le Riche self geteken en voorin is 'n versie van CJ Langenhoven. Ek het die boek in matriek gelees en die versie het my nog altyd bygebly en ek kan nou nie presies onthou nie, maar dit gaan omtrent so:

"Gee my 'n man,
Wat se wat waar is, as die duiwel daar is,
Wat doen wat reg is, as die regter weg is,
Wat trou by sy gewete bly, as hy straf in plaas van beloning kry."

Ons samelewing het baie verval van die dae toe mens nog so op mense kon staatmaak...
 

Offline Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,618
  • Thanked: 533 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #259 on: June 30, 2021, 09:14:29 am »
@hartebees ek stem!  :thumleft:

Ek het 'n boek by die huis, geskryf deur Hannes Kloppers en dit gaan oor die begin jare van die Kalahari Gemsbokpark en veral die Le Riche familie se groot bydrae daartoe.
Die boek is deur oom Stoffel le Riche self geteken en voorin is 'n versie van CJ Langenhoven. Ek het die boek in matriek gelees en die versie het my nog altyd bygebly en ek kan nou nie presies onthou nie, maar dit gaan omtrent so:

"Gee my 'n man,
Wat se wat waar is, as die duiwel daar is,
Wat doen wat reg is, as die regter weg is,
Wat trou by sy gewete bly, as hy straf in plaas van beloning kry."

Ons samelewing het baie verval van die dae toe mens nog so op mense kon staatmaak...

DIs baie waarde woorde hierdie en dis hartseer dit besig is om te begin weg kwyn in die jonger generasie.
Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR200R, 1984 Honda XL600R