Ek mik Oranjerivier se kant toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Aan. Af. Aan. Af. Aan. Af.

Weskus. Suidwes, Oranjerivier, Namakwaland. Loeriesfontein. Vosburg. Prieska. Verneukpan. Oos-Vrystaat. Royal Natal Park. Pofadder. Williston.

So het ek my kaart en BaseCamp al uitgeslyt soos ek sien hoe kan ek die verste lekkerste ry.  My aanvanklike plan was om Namakwaland deur te ry.  Soos die dinge maar elke slag gebeur, waar ek so amper 10 dae kon wegkom, krimp dit na 4 dae.  Ek moet voorberei vir my Angola besoek wat nou onverwags vroeër verskuif is. Ek besluit toe om my Namakwaland rit af te stel. 

Naderhand sê my vrou, klim net op die fiets en gaan bietjie weg.  Dalk is dit omdat ek, um, effe kort van draad is.  :)

Gisteraand voltooi ek darem my Angola voorbereidings en vou ek weer my Tracks4Africa kaart oop.  My 4 dae kan ek dalk na 6 toe rek.  :biggrin:

Oranjerivier lê noord.  Ek mik min of meer in daai rigting.

Opsaal kêrels!  :biggrin:
 
Top