Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Ek mik Oranjerivier se kant toe  (Read 4300 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #160 on: June 17, 2021, 01:50:50 pm »
Ek ry langsamerhand van die pan af, baie traag om dit agter te laat.  Ek kan nie help om te wonder wat die eerste mense wat die pan teegekom het, moes dink nie.  Dalk het hulle gedink die res van die omgewing is waaragtig net een groot dorre vlakte.

Ek gaan groet eers, vul weer my water aan, en die boer laat my toe om gou my vrou te bel en te laat weet als is OK.

Ek groet sommer die oulike vriendelike blouoogkat
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #161 on: June 17, 2021, 01:57:48 pm »
So met die pad Williston toe raak dit al kouer en kouer.  Naderhand wys my fiets 14C.  Toe 12C. Ek stop om my binnebaadtjie weer aan te trek.  Trek sommer my veeaartshandskoene onder my somerhandskoene aan.  Die wind waai 'n snotskoot. Daar naby Brospan stop ek om eers ietsie te eet.  Ek trek my buff oor my kop en ore so koud kry ek.  Ek moet als mooi vashou anders waai die wind dit weg.

Hier is dit ng droer.  Haas als, selfs die kriedoring, het hier gevrek.  Selfs die ou wildsbokkie is nou net witbene.

Net buite Williston is dit 10C.
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #162 on: June 17, 2021, 02:50:02 pm »
Sovr ek ry sien ek hoe sukkel die boere met die droogte.  Daar staan kortkort hier teen die pad klein kampies met 'n klompie skaap en lammers in waar hulle gevoer word.  In die veld is daar totaal geen weiding nie.  Omtrent als in die veld het gevrek. Die langtermynskade wat die veld en omgewings tot op hede opgedoen het gaan baie jare neem om te herstel.  Intussen moet die boere oorleef en leef. Op die oog af lyk dit nie moontlik nie. 

Di droogtehulp wat op werwe staan is baie welkom maar selfs dt gaan nie die rampsituasie beredder nie.

Ek sien slegs 2 korhane al die pad van Verneukpan tot op Fraserburg.  Verder geen haas, kwartel, steenbokkie, patrys of gompou nie.

Maklik meer as 60% van die plaasopstalle wat ek verby ry is verlate en besig om tot niet te gaan.


Dis 'n ramp van ongekende afmetings.  Hoe swaarder die boere trek, hoe meer gaan die dorpies agteruit.  Hulle is mos totaal afhanklik van die landbou. Di arme mense se noodlot is totaal uit die oog uit verloor terwyl die res van die wreld se stinkblink nagejaag word.

Dit tref mens diep en ry ek met 'n werklik swaar gemoed verder.
« Last Edit: June 21, 2021, 04:58:25 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #163 on: June 17, 2021, 02:54:40 pm »
In di dro dorre wreld is so 'n bloekomboom baie oud.  Naby aan 100 jaar.  Maar di uitmergelende droogte is een t veel.  Die statige bome kan nie langer uithou nie.  En so asof die duiwel sout in die wonde wil vryf, is die weer na die weste potblou en dreigend.

Ai, hoe wens ek dit kon kom stortren vir dae aaneen hier in di geweste.
« Last Edit: June 17, 2021, 04:42:57 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #164 on: June 17, 2021, 02:55:24 pm »
Oranje, blanje, blou.

Amper.....

Hier kom 'n lekker weer aan, en hy is koud!
« Last Edit: June 21, 2021, 04:59:52 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 
The following users thanked this post: Boerbok, Challa

Offline Tommy Transalp

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 4,855
  • Thanked: 156 times
  • The Older I get... the Faster I WAS!
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #165 on: June 17, 2021, 03:03:24 pm »
Eish!.... ek ry lekker saam..... :thumleft:

....een ding wat my bekommer van my jare se onderving, is om in n rivierbed te kampeer.....
Het al amper weggespoel wees n "flash-flood"    :laughing4:
I live in my own world...
But it's ok... they know me there!
Honda XLV 650 Transalp
Honda CRF230
Royal Enfield 500 Classic
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #166 on: June 17, 2021, 03:04:14 pm »
Toe ek die plaas met sy groot dadelpalms en beefwood windskerms verbyry, toe sien ek ek gaan natren.  Sonder 'n renpak want dit het mos 9 jaar omtrent laas hier geren.  Totdat ek besluit om hier deur te ry.  :biggrin:

So 20km van Williston af spat daar druppels op my windskerm. 

Die pad raak nat en dit raak vrek koud. 9C toe ek die dorp inry.  Ek bel 'n maat wat in die distrik boer.  Hulle kry 9 jaar lank al bitter swaar.  Hy is op Mosselbaai met sy vrou by die hospitaal.  Dis jammer, ek sou hulle graag wou sien.

Ek gooi vol, die neuk maar met my yskoue hande en die knippies te laat skiet en bankkaart uit te haal.  Oral l die plasse water in die strate.  Kan dit asseblief tog dae lank so aanhou.  Ek gaan soek skuiling in die Manna Restaurant.  Dis warm, die burger is BAIE lekker, die cuppachino soet en ryk. Ek voel naderhand hoe rooi word my wange soos ek ontdooi. Die restaurant is eintlik onvanpas spoggerig op so 'n klein plekkie soos Williston. Maar baie smaaklik uitgevat.  Ek drentel hier, nie lus om nou weer so koud te kry nie.  Die weer Fraserburg se kant toe l sommer so vaal onder die ren.
« Last Edit: June 21, 2021, 05:01:43 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 
The following users thanked this post: El Zeffo, Boerbok

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #167 on: June 17, 2021, 03:09:42 pm »
Maar heeldag kan ek nie hier sit en warrawarra nie.  Ek moet vanaand nog Fraserburg haal.  More is reeds 'n lang trek plaastoe van daar af.  Wat kan ek julle van koudkry vertel.  As jy motorfiets ry dan het jy al jou knaters afgevries.  Wel, ek doen dit nou weer so dalk het ek aanvanklik meer as twee teelballe gehad, wie weet.

Kyk, koudkry is een ding.  Maar koud n nat kry is totaal 'n ander storie.  'n Storie wat 'n ouderdomsbeperking behoort te kry want daar is baie gevloekery en gekermry. Maar ek ry voort.  Ek groet nog 'n ou en sy vrou wat in 'n Hilux bakkie my van voor af verbyry.  Dit is 'n stywerige groet want ek sukkel met my koue arm en die wind wat kwaai waai.

Ek sien Fraserburg se kerktoring doer in die vrte en ek is dankbaar vir 'n warm stort wat voorl.  Ook vir die water wat nou oral in die veld l.  Koud soos ek is, jubel ek saam die boere.  Die vee moet nou net nie staan en vrek nie. 

Hou skapies, hou.

Val ren, val.
« Last Edit: June 21, 2021, 05:02:38 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-250 Rally
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,601
  • Thanked: 554 times
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #168 on: June 17, 2021, 03:11:32 pm »
Sovr ek ry sien ek hoe sukkel die boere met die droogte.  Daar staan kortkort hier teen die pad klein kampies met 'n klompie skaap en lammers in waar hulle gevoer word.  In die veld is daar totaal geen weiding nie.  Omtrent als in die veld het gevrek. Die langtermynskade wat die veld en omgewings tot op hede opgedoen het gaan baie jare neem om te herstel.  Intussen moet die boere oorleef en leef. Op die oog af lyk dit nie moontlik nie. 

Di droogtehulp wat op werwe staan is baie welkom maar selfs dt gaan nie die rampsituasie beredder nie.

Ek sien slegs 2 korhane al die pad van Verneukpan tot op Fraserburg.  Verder geen haas, kwartel, steenbokkie, of gompou nie.

Meer as 60% van die plaasopstalle wat ek verby ry is verlate en besig om tot niet te gaan. Dis 'n ramp van ongekende afmetings.  Hoe swaarder die boere trek, hoe meer gaan die dorpies agteruit.  Hulle is mos totaal afhanklik van die landbou. Di arme mense se noodlot is totaal uit die oog uit verloor terwyl die res van die wreld se stinkblink nagejaag word.

Dit tref mens diep en ry ek met 'n werklik swaar gemoed verder.

Ja ou Dorsland, ons was so maand terug deur daai wreld.  Ek en Nannie het gery met groot knoppe in ons kele.  Dis werklik nie 'n mooi gesig om te aanskou nie.  Jy kry opnuut respek vir die boere wat nog probeer. 

Ek ry nog lekker saam, mooi prentjies.   :thumleft: :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L - Sold,   Honda CRF250Rally back in the stable,   BMW K1200LT.
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #169 on: June 17, 2021, 03:16:42 pm »
Op Fraserburg aangekom, bespreek ek my by die Tuishuis.  Dis 'n boeredame wie se man oorlede is wat 'n baie gemaklike gastehuis bedryf.

Dis 17h30, ek voel 'n veer.  Ek skakel die warmkombers aan, maak vir my 'n koppie tee, en klim onder die komberse in.  T lekker!  :biggrin:  Buite sous dit.  ChrisL laat weet my Sutherland het al 25mm.

Vanaand eet ons lekker skaapboud, groentekoekies, pampoen met vla, gebakte aartappels.

En, en en .....

..... malvapoeding en roomys.

Ha!  Die Kaap is weer Hollands, waaragtig.
« Last Edit: June 17, 2021, 04:43:46 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #170 on: June 17, 2021, 03:19:36 pm »
Sovr ek ry sien ek hoe sukkel die boere met die droogte.  Daar staan kortkort hier teen die pad klein kampies met 'n klompie skaap en lammers in waar hulle gevoer word.  In die veld is daar totaal geen weiding nie.  Omtrent als in die veld het gevrek. Die langtermynskade wat die veld en omgewings tot op hede opgedoen het gaan baie jare neem om te herstel.  Intussen moet die boere oorleef en leef. Op die oog af lyk dit nie moontlik nie. 

Di droogtehulp wat op werwe staan is baie welkom maar selfs dt gaan nie die rampsituasie beredder nie.

Ek sien slegs 2 korhane al die pad van Verneukpan tot op Fraserburg.  Verder geen haas, kwartel, steenbokkie, of gompou nie.

Meer as 60% van die plaasopstalle wat ek verby ry is verlate en besig om tot niet te gaan. Dis 'n ramp van ongekende afmetings.  Hoe swaarder die boere trek, hoe meer gaan die dorpies agteruit.  Hulle is mos totaal afhanklik van die landbou. Di arme mense se noodlot is totaal uit die oog uit verloor terwyl die res van die wreld se stinkblink nagejaag word.

Dit tref mens diep en ry ek met 'n werklik swaar gemoed verder.

Ja ou Dorsland, ons was so maand terug deur daai wreld.  Ek en Nannie het gery met groot knoppe in ons kele.  Dis werklik nie 'n mooi gesig om te aanskou nie.  Jy kry opnuut respek vir die boere wat nog probeer. 

Ek ry nog lekker saam, mooi prentjies.   :thumleft: :thumleft:

Dankie Oom Vis.

In my boek wat ek daar by die Verneukpan klaargelees het, lees ek di stukkie raak:

"He felt that in the beauty of the world were hid a secret.  He thought the worlds heart beat at some terrible cost and that the worlds pain and its beauty moved in a relationship of diverging equity and that in this headlong deficit the blood of multitudes might ultimately be exacted for the vision of a single flower."  John Grady Cole, All the Pretty Horses.

Dit tref my so tussen die o.  Hier tussen al die mooi landskappe, is daar 'n geweldige hartseer van amper onmeetbare afmetings besig om hom af te speel.  Ek kan jou s dat ek soms skuldig gevoel het om "op vakansie" daar deur te ry terwyl die boere so om oorlewing wurg.
« Last Edit: June 17, 2021, 03:58:36 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 
The following users thanked this post: Vis Arend, VaalBaas

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #171 on: June 17, 2021, 03:29:20 pm »
Deurnag voel ek dis koud.  Toe ek hier in die nag opstaan om 'n draai te loop, kyk ek by die venster uit, die sterre skyn en die vensterruit is toegewasem.  Dit vertel my dis ysig koud buite.

Die oggend toe ek opstaan, trek ek summier my lang onderbroek aan. Seker maar thermal broek, maar wat, lyk vir my na 'n lang onderbroek. En basta.  :biggrin:  Ook sommer 2 "thermal langmou hemde, T-hemp onder dt, winter handskoene.  De lot.

Toe ek die fiets aanskakel wys hy sommer 2C.  Maar die pragtigste kraakvars wintersoggend. Nat, mistig, poele water oral.  Ek gooi brandstof en vat die pad.  Ek wil Oukloof grondpad Beaufort-Wes toe maar na so 400m van hom voel ek hier gaan 'n oepsie kom.  Die pad is baie nat.

Ek draai om en vat maar teerpad Teekloofpas deur tot op die vlakte by die Merweville/Beaufort-Wes kruising waar ek links draai.

Oral staan die veld vol water, selfs die Teekloofpas se lopie het 'n effense watertjie in.
« Last Edit: June 17, 2021, 04:44:11 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 
The following users thanked this post: Boerbok

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #172 on: June 17, 2021, 03:30:48 pm »
Teekloofpas en omsigte
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 
The following users thanked this post: Boerbok

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,544
  • Thanked: 370 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #173 on: June 17, 2021, 03:33:48 pm »
Baie mooi fotos. Ja wat....op my ouderdom verkies ek ook n  gastehuis bo nat en koud in n tentjie :thumleft:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline BullSmit

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,273
  • Thanked: 144 times
  • Previously Bullfrog
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #174 on: June 17, 2021, 03:36:03 pm »

Ek wil Oukloof grondpad Beaufort-Wes toe maar na so 400m van hom voel ek hier gaan 'n oepsie kom.  Die pad is baie nat.


Dis waar ek nou net minder breins het en vir myself se: Wat kan dan verkeerd gaan?
« Last Edit: June 17, 2021, 03:36:28 pm by BullSmit »
I just get up every morning and go out. And I dont let the old man in, Clint Eastwood
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #175 on: June 17, 2021, 03:37:21 pm »
Toe ek daar afdraai, begin 'n rit wat ek nie wou h moet ophou nie.  Dis die pragtigse windstil dag wat vinnig warmer word, die pad is gelyk, die veld nat, die uitsigte nimmereindigend.  Geen verkeer nie.  Ek ry so 85km/u. 

Die plase so verby.  Wolwehoek, Schietfontein, Grasvlak, Kleinfontein, Middelwater.  Ek kan net aanhou en aanhou en aanhou.  Ek stop vir 'n peuselding en om my binnebaadtjie uit te trek.  Ek draai en drentel en vroetel, traag om weer aan die gang te kom.  Ek wil vandag, my laaste dag, uitrek dat hy doer verby more en oormore en volgende week uitstrek.

Uiteindelik klim ek maar weer op en ry verder.
« Last Edit: June 17, 2021, 04:47:30 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 
The following users thanked this post: Boerbok

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #176 on: June 17, 2021, 03:38:28 pm »

Ek wil Oukloof grondpad Beaufort-Wes toe maar na so 400m van hom voel ek hier gaan 'n oepsie kom.  Die pad is baie nat.


Dis waar ek nou net minder breins het en vir myself se: Wat kan dan verkeerd gaan?

'n Ou kom op 'n ouderdom waar mens nie meer so lekker hop nie.  En dis seer. :biggrin:
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #177 on: June 17, 2021, 03:46:31 pm »
Nou ja.  My fotos is op. My gedagtes nie.

By die N1 se T-aansluiting stop ek om my ABS weer aan te skakel.  Ek bekyk di dolle gejaag van trokke en minibussies en motors.  En ek wilwil omdraai en verlore raak daar waar ek vandaan kom.

Maar ek draai links Beaufort-Wes toe, gaan van 85km/u na 140km/u dat die vreksels my net nie omry nie. Met die in ry van die dorp staan die verkeerspolisie daar, trek my af.  Soek "dryviz lisense".  Mag ek maar vloek hier?  Seker maar. Maar wat sal dit help.  My vlaktes en ooptes en vrede l nou daar agter, af van die teerpad.  Daar by nederige, hartlike mense. Regte egte mense.  My mense.

Ek hou stil by die Total vulstasie in die dorp.  Dis mos 16 Junie.  Vakansiedag.  Elke makmoer en sy tjommie is mos oppad rens heen in sy blink spoggerige vuurwa. Een ou in 'n 200 series Cruiser ry amper oor my voet waar ek staan en brandstof ingooi.  Hulle klim uit, daar waar hulle die motor so stofdig sit.  Dis wegneemetes, groot sonbrille, handelsnaamklere, oorfone, selfone, klapbekke.

Sien niks, hoor niks, weet niks.

Ek wonder, weet hulle ooit hoe wurg die mense wat daai vleis en daai koring, tamatie, blaarslaai produseer.
« Last Edit: June 17, 2021, 03:52:22 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 

Offline BullSmit

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,273
  • Thanked: 144 times
  • Previously Bullfrog
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #178 on: June 17, 2021, 03:49:22 pm »
Ai Dors. Die emosies is amper tasbaar.

Dankie.
I just get up every morning and go out. And I dont let the old man in, Clint Eastwood
 
The following users thanked this post: Dorsland, Tampan

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,557
  • Thanked: 1224 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Ek mik Oranjerivier se kant toe
« Reply #179 on: June 17, 2021, 03:49:36 pm »
Wag.  'n Laaste kiekie van my getroue Africa Twin as ek mag.  Voorwaar 'n fiets waarmee ek nog baie vlaktes gaan deurkruis
« Last Edit: June 21, 2021, 05:04:00 pm by Dorsland »
Truth is treason in the empire of lies

Tom Luongo
 
The following users thanked this post: Boerbok, BullSmit, Karoo Rider, Bikerboer1973