Sutherland....in die winter..op my bike...?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
As mens lank genoeg oor iets droom, en dit gebeur nie vanself nie, dan maak mens dit gebeur.....
Te lank terug het ek en Mossie gesê ons wil eendag in die middel van die winter op ons bikes Sutherland toe gaan, maar dit het nooit gebeur nie.  Ons het albei in Naboom gebly en later het hy Cradock toe getrek en daar op 'n plaas gaan werk.

En so 2 maande gelede het ek die vakansiedag op 16 Junie raakgesien op die almanak en summier die Donderdag en Vrydag verlof ingesit en besluit dis nou of nooit.  Bel vir Andre, my rymaat op Naboom en hy is in.  Bel vir Mossie maar hy het 'n groep wat op die lodge is daai naweek, hy sal nie kan saam nie.  Dis jammer, want dis eintlik ons trip, maar ek gaan ry, al gaan ek alleen.  Bel vir Richard, 'n maat wat ook al 'n paar interessante trips saam my gery het en hy is ook dadelik in.  En so begin die beplanning.

Ek bespreek slaapplek by Mossie, want ek wil hom graag weer sien, Prince Albert, Sutherland en De Aar.  Roete loop Naboom, Pta om vir Richard te haak en deur Cradock toe die 16de.  Donderdag Nieu Bethesda, Graaff Reinett, Willowmore, grondpad Klaarstroom toe tot in Prince Albert. Vrydag oor Swartberg pas, teen die berg af oor Matjiesrivier tot in Calitzdorp, oor Seweekspoort, Laingsburg en dan Oubergpas oor Sutherland toe.  Saterdag oor Fraserburg, Loxton, Victoria Wes, Britstown tot in De Aar.  Sondag oor Koffiefontein Bloemfontein toe en van daar op die N1 huistoe.

En toe 'n week voor ons ry laat weet Mossie hy het af gekry en hy en sy boet ry saam.  Dankie tog, ek wou so graag hê hy moes saamry.  Bespreek ekstra plek en 2 dae voor ons ry laat weet Andre siekte het hom platgetrek en Mossie se boet onttrek....Weer net drie.  Maar ons gaan ry.

Ons roete...

 

Attachments

  • 1.jpg
    1.jpg
    184 KB · Views: 476
Top