Old School vs newer Tech......which One??

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
May 18, 2020
Messages
17,079
Reaction score
7,521
Location
Bethlehem
Bike
Yamaha XT 600 Z
Ek kyk na 'n baie nice 2014 model bike, kom ons se nou maar 'n KLR 650.

1) Ja my gat jeuk, maar BAIE nice fiets, hy "trek my" nogal baie.
2) Newer tech (soos in 31 jaar nuwer), starter button, etc etc

Ek het tans 'n mooi ou XT 600 Tenere, wat ek BAIE like, eks mal oor daai old school feeling van die bike. En ja baie van my joy is Nostalgia, en die "mooigeit" van die bike, in die geval daai ou Tenere. Ek het selfs 'n old school helmet ook gekoop om die experience nog meer "authentic" te maak.

MAAR 1) en 2) hierbo laat my nogal jeuk.

My hassle...........as ek bv die naweek wil Rosendal toe en terug gaan ek BAIE waarskynlik nog steeds die ou XT vat, om daai "old school feel" te ervaar.

Selfs 'n langer trip ook - sal steeds die ou Tante wil vat.

OU tech, ek weet.......maar dis soos om met 'n ou 60 Series Cruiser of 'n nuwe VXR200 Tanzanie toe te toer..........die 60 Series gaan maar net BAIE meer "inpas" by die trip.

Of sal dit weggaan, sal ek eerder die nuwer bike ry, met beter suspensie, starter, alles is net nuwer en moderner??

Ek sal anyway nie sommer die ou XT verkoop nie MAAR ek wil haar ook gebruik, ek soek nie 'n "garage queen" nie.

Eks (eintlik nie eers nie) 'n baie intermediate ryer, stop gereeld, ry gravel paaie......maw ek het nie rerig daai hi tech suspensie etc etc nodig vir hoe en waar ek ry nie.

???

(PS - so paar manne al klaar ge PM hieroor BAIE dankie vir julle advies!! :thumleft: :thumleft:)
 
Top