Varadero heen-en-weertjie na Verneukpan

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
M

masehare

Guest
A friend of mine asked to publish his trip report to Verneukpan. Two friends, Deon and Hein, did this mid-winter trip from Strand. Text first, pics at the bottom (I'll try and sort ASAP).


Saterdag, 12 Mei. Ons wag tot 9:30 met die hoop dat die re�«n sal bedaar. Tevergeefs natuurlik,
Gelukkig is ons goed voorbery vir re�«n, en ons vat toe maar die lang nat pad.
Ons stop net voor Koelenhof om na 'n kli�«nt se dak te kyk. Nou kan ons dit 'n
werks trip noem.

Met die werk agter die rug, en water in die lug skiet ons deur Malmesbury, verby
Mooreesburg, Koringberg, Pools en Eendekuil. Bo-op Pikinierskloofpas skyn die
son en ons stop vir middagete. Omtrent 11:30. Toe verby 'n spoedkamera by
Citrusdal tot by ons eerste brandstof aanvulling by Clanwilliam se dam.

Toe deur Calanwilliam, op by Pakhuispas, tot by Louis se graf. Verder is dit net
klippe en water. In Bidouwvallei begin die sports. Net modder waar jy gly.
Brandewynsrivier is vol, Doringrivier is in vloed. Verder is daar net modder en
spoel slote. Die 116 km neem ons drie uur lank.

Toe stop ons 'n ou tannie in een van die bre�« sy strate van Hantam. (Calvinia)
Sy en haar makkers verduidelik ons gou-gou na die Kokerboom restourant. Dit was
'n baie goeie keuse, alhoewel 'n Griekwa teen die buitenste muur gepssst het.

Gou brandstof, die Varadero's gee ons so 15 km/l. Nou is dit 7,000 revolusies
want die pad is lank, reguit, eentonig en yskoud. 180 km/h heeltyd. Brandstof
op die buurdorp wat Brandvlei is. Dan weer 'n besadige 180 tot 190 km/h tot in
Kenhardt. Bre�« strate, stil strate. Net die kerk en die bar is eenigsins
belangrik hier. Dis omtrent ses uur en bitter koud. Veral as jou voete nat is.
Die fietse is nou al gekamoefleer vir modder oorlog voering.

Vra jy op hierdie dorpe of daar slaapplek by die hotel is, kyk die mense jou snaaks
aan. Wil jy r�ªrig meer hier doen as drink? Dink jy hierdie hotel sal ooit vol
wees?

Ek maak my gou betaamlik in my kamer met sy ho�« plafon en plastiek toilet en sit af
na waar kos behoort te wees. Nee ek is verkeerd. Die enigste plek waar jy enigeiets
kan kry is in die bar. 'n Vinnige soete en ek begin ontdooi en begin waarneem wat
om my aangaan. Die mense is vriendelik, maar dit lyk of hulle deel van die dekor
is, elke aand. Nadat Hein 'n uur lank gewas het, kom hy ook in.

43akbarrj1.jpg



Ons word meegedeel dat die ete die aand steak is wat net daar in die bar gebraai word.
Na die kerkraadsvergadering skuins oorkant die straat. Ons aanvaar die opsie dat
ons steak in die kombuis gaar gemaak moet word. Groot fout.

Ons vreet, drink en gaan slaap. Vroeg op, reguit na 'n enorm eetkamer vir ontbyt.
Ons is aleen daar, behalwe vir een vriendelike kelner. Maar die kwaliteid van die
kos is dieselfde as die vorige aand. Die koffie is lekker.

Brandstof, en Hein spring op sy fiets en begin te jaag. Keimoes toe. Gelukkig kan
ek en die brandstof jokkies sy aandag trek voordat hy verdwyn. Hoe sou ek hom
gevang het? Ons ry stadig (ander kant toe) tot by die kokerboomwoud.

58kkokerwhl0.jpg


Dis nog kouer. Ons draai
links op die eerste afdraai, reguit Verneukpan toe. Toe begin die modder gooiery weer.
Ons bly gelukkig bo, verdwaal amper. Kry die tweespoorige pad, hekke en al.

Teen 140 op hierdie pad is daar 'n aangename verassing. Iets het doerentyd natuurlike
"ramps" op die plat landskap gestoot. Seker maar die gletsers. Ek was seker tien keer
airborne. Wat my verbaas het was hoe goed die 220 kg Varadero die landings gehanteer
het. Twee uur tot by die pan. Toe gly-gly gesukkel tot op die pan. Toe verlang ek
darem na my XR600. Hein koop toe gou 'n stukkie klei. Ons neem fotos en vlieg terug.
Die gebruiklike dro�« pan was net water. Cambell kon maklik 'n waterspoed rekord hier
in die Hantam-Karoo gebreek het.

Op die hele drie uur roete het ons geen ander voertuie gesien nie, nie eens die
gebruiklike donkie karre nie. Behalwe twee ander motorfietse. Ek kom om die draai,
en voor my staan 'n blink KTM 250. Sy expansion chamber exhaust het nog nie eens
duike nie. Dis 'n boer wat skaap boer op 'n KTM. Hy nooi ons haastige manne
in vir koffie. "Vrou hiers mense!" Op die ou end kry ons 'n paar haastige pannekoeke ook.

69dktmoy8.jpg


In die gasvrye w�ªreld kan jy nie (ongenooide) gaste honger die pad laat vat nie. Ek was so haastig
dat ek nie sy inligting neergeskryf het nie. Hy het myne. Die skaapboer bly waar al
die spoed dinge gebeur het. Volgende keer sal ons kortpad vat en die dro�« renbaan
besigtig. Hy ry toe 'n entjie saam op die afdraai te wys. Op pad sien ons sy neef
op 'n KDX. Motorbikes rules!

Toe agt hekke, en 'n paar onverwagte moddergate, plus nog tien jumps. As jy nie
jou voete teen spoed op die grond kan gebruik nie, moet jy dit gou leer. Ek en Hein
was 'n paar keer al verby val. Net ons voete en die Fietse se wringkrag het ons
gehelp. Net voor die Sakrivier kry ons toe ons diepse moddergat. Daar moes ons toe
maar mekaar help om regop anderkant uit te kom. Toe is ons skielik op die Sak-
rivier. Ek is voor en slaag dit net-net om regop oor die slik te gly tot op die
sement drif, Ek weet Hein is haastig. Ek stop en spring van my fiets af om vir
Hein te waarsku. Ek skreeu en swaai my arms, maar te laat. Toe haal ek maar my
kamera uit voor ek hom ophelp. Hier die keer val hy na regs.

69hvalib8.jpg


Toe is dit 20 km teen 180 km/h tot op Brandvlei vir Brandstof en kos. In 'n oogwink. Die
modder vlieg soos ons jaag. Ons eet toe by die Windpomp en koop 'n CD van iemand wat
"V�ªr in die ou Kalaharie" sing. Die kos is so-so. Die kelnerin en 'n vriend ruil
resepte uit en vergeet van ons. Teen hierdie tyd speel tyd nie meer 'n saak nie.

Ons jaag sonder insident tot op Hantam. Hein kla dat sy fiets 'n effe van 'n mis
het op 210 km/h. Vinnig brandstof en dan vlieg ons verby Niew... Neiu... Nieuwoud...
Nieuwoudtville. Gelukkig is ons versigting vir aasvo�«ls met kameras en idle verby
teen 140 km/h. Twee km verby die dorp bars Hein se agter wiel. Sy twee valle het
hom so ervare gemaak dat die lomp fiets nie 'n probleem is nie. Maar dis amper
donker, dis Sondagaand en nog erger, dis Nieuwoudtville. (Ek wonder nou of hy dit
nie aspris gedoen het nie.)


Ons sukkel terug dorp toe. Waar sal ons hulp vandaan kom? Julle sal nie glo nie, die
eerste (en enigste) garage het 10 bikes in die voorkamer. Plus 'n DKW 1000, plus 'n
Fiat 500, plus 2 hektaar soorgelyke goeters. Hy is vol moed. Nee, geen probleem nie,
gaan eet en gaan slaap. More is julle weer op pad. Ons eet goed by die Smitswinkel.
Ons sit by die kaggel tot die mense die deure begin sluit en die elf katte buite sit.
Nou hotel toe. My Varadero word bo-op die stoep getrek. Dis al wat ons nog oor het.

Ons gesels met die locals in die bar waar hulle videos kyk. Toe maar bed toe voor ons
dors word. Ek kan nie kla oor die hotel nie. Die ontbyt is seker maar die standaard
van daai w�ªreld, maar selfs ek kan beter kos maak. Toe ons vir 'n tweede koppie koffie
vra kyk die miesie vir ons snaaks aan. Toe dring ons sommaar aan op pap ook. Die was
sekerlik die eerste keer wat 'n gas daar vir pap gevra het. Maar ons het darem
uiteindelik ons Weet-Bix gekry.

Ons koop skoon sokkies by die Jap winkel. Sy grootste nommer is bedoel vir 'n laerskool
kind. Waar koop die dik boere hul dik sokkies? Nee, vergeet maar, ek het eerste by die
Ko-operasie probeer. Net gif en skaaprekkies. Niks daarvan vir my nie, dankie. Ek trek
toe maar my dik modder wolsokkies oor die wit tennis sokkies wat lyk of hulle aangeverf is.

Hein loop garage toe. Net-net binne loopafstand. Ek ry deur die dorp. Dis 'n mooi dorp.
Pragtige kerk, op 10 hektaar grond. Meeste huise het meer as 20 skape. Dis 8:30 en Hein se
Varadero is gereed. Ons gooi vol en skiet gou na die waterval. Ons is mos klaar laat, en
my vrou is klaar kwaad. Kom ons maak dit die moeite werd. Hierdie waterval en kloof is
ongelooflik. Ons was natuurlik gelukkig om die spulletjie in vloed te kry. Dit is 'n
mooi dorp. Ek weet, ek was daar.

Die pas af na die Knersvlakte is toe onder die mis. Ons sukkel aan teen 20 km/h met ons
flikkers aan. Onder in die vlakte tel ons weer spoed op. Die koue is nie meer so erg nie.
Ons kry nou so 'n uur per blaas. Die storie gaan so, as jy jou o�« knip is jy deur die dorp.
Ons het dit verander, as die dorp sy oege knip, is ons deur. Van Rhyn's dorp hoor ons net,
hulle het ons nie gesien nie. Nou is ons soos 'n perd wat omgedraai het stal toe. Nou is
ons haastig. Maar ons stop weer by die dam vir kos, lekker kos. Ons waai vir die oomie
met sy kamera. Hy waai nie terug nie. Ons is seker te vinnig verby. Ons stop by die
Cederberg se afdraai om die rivier in vloed bietjie voller te maak. Toe sukkel ons weer
deur Pikinierskloofpas se mis. Met ons petrol liggies aan spring ons tot in Piketberg.

Ek het nou-al geleer. As die re�«n ophou, is dit koud. So ek verkies die re�«n. Petrol
en koffie op Piketberg. Nou is ons klaar gepraat. Reguit huis toe kwak-kwak-kwak.
Heelpad re�«n, tot in die Strand.

Wat my altyd verbaas, hoe langer ek wegbly, hoe blyer is my hond om my te sien. Dit is
gerus 'n les wat my vrou maar kan leer. Wat is 'n bad, 'n wonder soete ding. Die ander
dag more praat ek en Hein weer. Ons altwee stem saam. Nou is ons lus vir 'n lekker lang
trip.

Pull away:
14bpullcd9.jpg


Slippery road:
15bmoddertb8.jpg


Brandewyns:
17cbrandygq7.jpg


Graf:
18aingelsjw3.jpg


Crossing:
27doringiz8.jpg


Speed:
38bfairingtw6.jpg


Sunset:
42absonyt8.jpg


Road signs:
45ckkruishp4.jpg


Sanlam HQ:
46bksanlamrd1.jpg


Nes:
59anesvp9.jpg


Where to?:
60awaarcz4.jpg


A bit muddy:
68bsporebm3.jpg


We managed to get through:
69gsakrxq9.jpg


Waterfall:
80choofzt8.jpg


Mist on the way back:
94apikiniersjs5.jpg
 
Top