Rondom Lesotho!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,914
Reaction score
1,018
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Verlede jaar, net na die Grendel vlak verslap is en ons losgelaat is, nooi n vriend wat uit die dorp uit getrek het, en saammet wie ek n baie lekker trip Gamkaskloof toe gehad het het my saam op n winter trip Willowmore toe. Hy het n nuwe 800 gekoop is lus vir ry. Dit reen en is koud - dis middel van die winter - en ons hoop 50/50 vir sneeu/nie sneeu nie. Maar ons is pas vrygelaat en maak nie saak hoe die weer is nie, almal wil bietjie wegkom.  Ek vra versigtig waar ons gaan bly, want kamp lyk na koudkry en hy sê moenie bekommerd wees nie ons bly in n gehuurde plaashuis naby Willowmore. Dis wel koud maar daar is n kaggel.

Hier ontmoed ek n vriend van hom van Brits. Ons is drie man met uiteenlopende persoonlikhede en agtergronde maar almal is gemaklik en ek geniet die trip terdeë. Daar is n blommeboer op sy GS800, ek op my 1150 en die drankwinkel eienaar op sy Africa Twin al die pad van Brits in NW. Hy het n bietjie in die Kaap kom rondry en ons twee ry vir n paar dae saammet hom om seker te maak dat hy nie gedagtes kry en dalk hier probeer bly nie. Daar word gery, gebraai en gekuier asof daar nie n more is nie soos wat dit langtermyn gevangenes op parool betaam.

Ons nooi mekaar daarna gereeld as daar gery word, maar dinge wil maar net nie lekker uitwerk nie, dan moet die een werk, dan met daai een werk. So sukkel almal maar aan op sy eie met sy eie dingetjies.

Iewers in Januarie 2021 laat weet een daar word n trip beplan Botswana moet toe. Ek stel natuurlik belang maar besef gou dit gaan nie realiseer nie. Kostes, Covid toetse, tyd van die werk af, paspoort ens - maar n man kan droom. Hulle sit my op die whatsapp groep en dit neem so twee weke voor die manne se entosiasme begin kwyn en daar later net so eenmaal n week n sinnelose fototjie of gewaagde grappie aangestuur word.

Ek gaan maar aan met my lewe. Droom van bietjie ry. Ry maar hier by my kontrei dag trippies. Ek verkoop my 1150 gat oor kop vir iets ligter wat toe n 1200 word. Ek is nog nie seker hoe dit gebeur het nie, maar die 1200 ry lekker en die lewe gaan aan.

Iewers in Maart laat weet Ruan dit lyk of die trip deur die mat gaan val. Hy was bietjie langer as ek in denial.

Hoe voel ek wil hy weet?
Ek sê nee man, ek voel diep teleurgesteld.
Hy sê kom ek en jy ry rondom Lesotho.
Bo om.
Ons gaan nêrens oor n grens nie, ek ken mense langs die pad, dit gaan nie te veel kos nie.
Ek laat weet dis reg, ek is in.

In die tyd is ek besig om n paar dingetjies aan my bike uit te sorteer. Op my tyd tot op daardie stadium maar skielik is daar nou n dringendheid.

Ek vervang die ratkas en FD se olie. Vervang die enjinolie en skaf n stel 2 de handse bande hier op WD aan. Dis pad bande maar die prys is reg. 

Met die gewerkery aan die bike, hou my ABS op n dag oppad Heidelberg toe op werk. Die liggies op die skermpie kom aan. Dis niks, vertel ek myself, net die sensor ek sal dit gou uitsorteer. Maar die sensor se skroefie is gestrip. Ek kry hom op die ou einde uit na n vreeslike gesukkel, maar die sensor lyk reg. Ek toets hom met n 9V battery en n liggie en hy kom aan. Bly aan. Ek weet nie wat om te doen nie. Ek het gedog hy gaan flikker as ek die wiel draai of net af bly.

Ek sit maar weer aanmekaaar. Kort hierna verloor ek my speedo en ODO en gepaartgaande info. Dis dieselfde sensor, weet ek. My brieklig besluit dit lyk darem te lekker om die ouman so te hoor vloek en sukkel en begin sommer permanent aan bly.
Die battery bly pap....

WTF nog, sug ek terwyl ek inpak.
 
Top