A Comedy of Errors in the Tankwa

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

WannaBeJoe

Pack Dog
Joined
Sep 29, 2019
Messages
451
Reaction score
237
Location
Western Cape
Bike
Kawasaki KLR 650
This is a rather boring ride report, for the simple reason that most of you reading this have been to the Tankwa, and more specifically the Tankwa Tented Camp. Ma' ek is bereid om geld te verwed dat nie een van julle al by daai kamp was op die manier wat ek en my 13-jarige laaitie was nie.

Die fotos bly dieselfde: die bar met die rak lee Jagermeister bottels, die fotos van girls met hasie-stickers op hulle boobs – geen verassings daar nie. Die oop stiltes wat weier om op fotos vasgevang te word. Die fokol wat meer woorde fluister as al die movies en thrills 'n spills wat ons op elke ander plek gaan soek en kry. Julle weet soos wat ek weet waarvan ek hier praat. So geen fotos nie.

Ons ry die middag 1-uur uit Stellenbosch. Deon, op WhatsUp se^ dis niks meer as 4 ure se ry nie. Ek sal nog leer van Deon en Deon se verduidelik. Deon verduidelik asof jy commen sense het. There lies the rub …...

Ek ry agter Google Maps aan. Alles loop mooi en ek gaan voor son-onder daar aankom. Maar Ra, die son-god, het hom blykbaar vererg vir die Kaapse Winter en boordens-vol damme en ek bevind my mos toe alleen op die R355. En Google Maps, sy oorlamse minnares lei my die versoeking in: ons draai regs agter haar koel-kalm stem aan en 5 km later stop ons voor 'n hek – geslote, maar nie hoe nie – skaars 20 meter anderkant daai hek ….. nog 'n hek, ….. oor dieselfde pad …ook geslote .... die “kortse pad” na die Tented Camp toe. Dubbel-gesluit. 'n Afgemete skaapwagter, of dalk die Noorse jakkals Loki, beduie dat ons moet terug Groot Pad toe en dan die afdraai neem na Middelpos.

Maar daai afdraai neem ons oor 'n soutpan. Dit het gereen en die sout het plek gemaak vir modder. En toe die son wegsak onder die kim toe breek die Gelandewagen deur die kors, en sak die modder in. Die trailer met ons twee twee-wiele op raak skielik 'n anker wat ons afsleep in die donker, koue nag in. En die vrees om in die onbekende koue van die Tankwa vas te val vir 'n nag slaan my asem weg. Maar soos 'n jongeling eens op 'n tyd teologiese waarhede oopgebreek het in 'n sinagoge duisende kilometers en jare van daar se^ 'n laaitie: trek die lokkers Pa! En ek trek die lokkers. En daai Oostenrykse wa vind dit iewers diep in haar meganiese hart om nie moed op te gee nie …. en soos my hart sy diepste vrees bereik, beur sy oor haar kruin en skielik staan ons almal bewerig-bang, maar vry op vaste grond, anderkant die gapende modder-wond.

Half-ag sleep sy ons die kamp in. Deon is onge-erg. Spare-ribs en drank. Coke vir die laaitie. Vuur, vlamme en geselskap. Ek maak asof dit alles eintlik niks was nie. Maar toe ons in die maanlig na ons tent met die amper-warm komberse stap, laat gly ek my vingers langs haar steil, hoekige lyf af, daar waar sy staan langs ons tent. En dank 'n onbeminde god vir ongevraagde genade. En mis die gly van vingers langs 'n ander lyf, maar dis 'n gedagte vir 'n ander dag.

Die res van die naweek was heel OK. Ons het heel Saterdag bike gery en Sondag teruggekom met 'n meer sinvolle pad en binne die 4-uur limiet. Easy-Peasy-Japaneasy. Julle weet mos.
 
Top