Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.  (Read 573 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1100L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,294
  • Thanked: 114 times
Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« on: July 28, 2021, 07:24:38 am »
Daar is mos iets anders aan 'n Sondag.  Die huis hang gewoonlik vol koffie en varkspek en roosterbrood.  Ek girts die blindings oop en die luiwarm winterson glinster op die sneeubedekte Klein-Swartberge.  Word mens ooit moeg van dit?  Ek dog jys al weg? hoor ek my vrou s.  Ek gaan my Ma haal vir die dag.  Jys welkom om te bly, maar wou jy nie n draai gaan ry het met die bike nie?  Na twee dekades saam, begin verstaan n mens mekaar.

Rooi knoppie. Die Twin se enjin ontwaak.  Die garagedeur maak agter my toe, en die wreld maak oop.  Met koele oggendlug vleg ek die Noupoortjie deur al met Roete 62 langs.  Geel Gousblomme groet.  n Werkershuisie se kosvuur kom maak hom vir n wyle tuis hier onder my neus.  Dan, byna onverwags, wink die Plathuispad my na regs.  Plasse water staan nog hier en daar, en die veld lyk goed.  Die Twin luier geduldig saam, gereed vir enige oomblik se aksie vanaf die ruiter, maar vandag stel ek hom teleur.  Vandag jaag ons nie.  Dis mos Sondag.

By Prinspoort se sementdriffie trek ek af.  Hier het ons met die kinders al kom mooi rivierklippies uitsoek, en op n keer het ek en ou Veldtie ook al lekker hier gebraai en diep dinge gesels.  Maar vandag vertoef ek nie.  Bo in een van die kranse hoor ek die geluid van n bedrywige swerm bye.  Dis inderdaad dan ook hier waar die storie vertel word van n jongman van die omgewing wat houtpenne in die skeure ingekap het om sodoende te kan opklim om heuning uit te haal.  Daar het hy hom eendag egter na sy dood geval.  Dit kon dalk dieselfde nes gewees het.  Dit kon dalk op n Sondag gewees het.

Ek ry verder en kom by die Platdrif en Hondewater aansluiting aan en besluit om hier vir n rukkie af te saal.  Ek het immers n klein bederfie vir myself saamgery wat dalk nie vir almal tydens die inperking beskore was nie:  n botteltjie Black Label bier.  Ek dwaal tussen die vygies en wit kristalklippe rond.  Waarna soek ek?  Ek weet nie.  n Entjie verder kry ek my sit op n mylpaaltjie.  En daar, doodstil en op my eie, begin kry ek iets soos vrede.  Vrede oor familie wat dood is aan COVID.  Vrede oor my onlangse ongeluk met my vorige motorfiets.  Vrede oor ons land en al sy probleme.  Sommer net vrede.  Want dis Sondag.
 
The following users thanked this post: Ian in Great Brak River, Master Beerkie, hartebees, Elkanah

Offline stcomza

  • Pack Dog
  • **
  • Bike: Honda CTX200
    Location: Western Cape
  • Posts: 314
  • Thanked: 70 times
  • Bazinga!
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #1 on: July 28, 2021, 07:42:47 am »

Pragtig  :thumleft:
Duct tape can't fix stupid, but it can muffle the sound
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline OomD

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,899
  • Thanked: 639 times
  • #imstayingpositive
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #2 on: July 28, 2021, 07:43:20 am »
Om so RR te lees los sommer 'n gevoel van vrede in mens se gemoed. Hierdie rit van jou wys hoe mens net 'n motorfiets nodig het in jou lewe, om jouself weg te neem en daardie vrede te gaan vind. Jy en @Dorsland sal lekker saam kan dig. Dankie vir die deel. :thumleft:
« Last Edit: July 28, 2021, 07:43:44 am by OomD »
 
The following users thanked this post: Dorsland, Karoo Rider

Offline mulmi

Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #3 on: July 28, 2021, 07:48:38 am »
Sjoe.  Dit is mooi geskryf
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Online Bliknrs

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,788
  • Thanked: 150 times
  • I never finish anyth
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #4 on: July 28, 2021, 07:55:35 am »
 :thumleft:
Pragtig geskryf.
Ek kon die kosvuurtjie ruik!
YB100,KH100,XL250,XR500RE,TS400,IT495,KZ1000R,GPz1100,XL600,TT600,XT550,VZ800,CX500,TL1000R,YZF-R1,GSXR750,GSXR1000,DL1000,DR650,CTX200,1150GSA,XR150L,1200GSA (RIP)
Current G450x - 1966 CT90 - XR650L
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 34,353
  • Thanked: 1233 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #5 on: July 28, 2021, 07:59:31 am »
Ek is klaar gery saam met jou my oppervlakkige geselsery sal jou beslis dwars in die krop steek!!! ;) :peepwall: :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1100L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,294
  • Thanked: 114 times
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #6 on: July 28, 2021, 08:10:22 am »
Ek is klaar gery saam met jou my oppervlakkige geselsery sal jou beslis dwars in die krop steek!!! ;) :peepwall: :lol8:

 :imaposer: Nee wat Chris ek kan jou gerus stel dit sal nie nodig wees nie!   :thumleft: 
 

Online Sheepman

Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #7 on: July 28, 2021, 08:11:08 am »
Exactly why we ride bikes  ;) Freedom, peace,  adrenaline and sheer excitement - Lovely  :thumleft:
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1100L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,294
  • Thanked: 114 times
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #8 on: July 28, 2021, 08:14:08 am »
Om so RR te lees los sommer 'n gevoel van vrede in mens se gemoed. Hierdie rit van jou wys hoe mens net 'n motorfiets nodig het in jou lewe, om jouself weg te neem en daardie vrede te gaan vind. Jy en @Dorsland sal lekker saam kan dig. Dankie vir die deel. :thumleft:

Dankie OomD, waardeer. Ja ek ken vir Dorsland, het selfs al by hulle oorgebly. Sy skryfstukke is natuurlik op 'n totaal ander vlak, ek wens hy wil 'n boek uitbring... :pot:
 
The following users thanked this post: Dorsland

Online Rooies

Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #9 on: July 28, 2021, 08:29:23 am »
Lekker gelees, dankie!  :thumleft:
Current:     BMW R1150GS -> "Die Waterbuffel"
                  Honda XR650L
Previous:   BMW R1200GSA
                  Honda XL700V
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Online Wolzak

Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #10 on: July 28, 2021, 08:59:36 am »
 :ricky: Dankie Karoo Rider. Vir my is 'n Sondag altyd beter op my Motorfiets.
Current Bikes
KTM 790 R Rally
Harley Davidson Deuce
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Online Noneking

  • Ugly
  • Grumpy Mutt
  • **
  • Bike: KTM 890 Adventure R Rally
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 21,546
  • Thanked: 1282 times
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #11 on: July 28, 2021, 10:18:35 am »
Mooi!
2021 KTM 890 R Rally
2007 KTM 990 S

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
YOUTUBE CHANNEL - https://www.youtube.com/channel/UCaEGQBgLPqOXz6oGUsauaXw
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Roxtar

  • REV IT UP
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: North West
  • Posts: 3,302
  • Thanked: 226 times
  • Aka Sprocket Face
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #12 on: July 28, 2021, 01:34:35 pm »
n Ou vriend van my verwys altyd na sy Black Label wat oral saamry as n "steering damper"..... :lol8:
Long live the Underdog.........
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline Vocifer

Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #13 on: July 28, 2021, 02:40:25 pm »
Mooi begin.
Sien uit na die res
BMW F800GS, BMW R1200GSA
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1100L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,294
  • Thanked: 114 times
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #14 on: July 28, 2021, 03:01:05 pm »
Mooi begin.
Sien uit na die res

Jammer Vocifer, dit was maar dit! Sal volgende keer bietjie verder ry!
 

Offline MildlyWild

Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #15 on: July 29, 2021, 12:22:25 pm »
Karoo Rider, ek hoor jou.  Daars iets uitsonderlik waardevol in uitkom, stil raak, dink, dieper dink en dan skryf
Jy is gesend met n vrou wat jou, onder andere, die ruimte gun om te gaan doen en kry wat jy nodig het. Sy verdien n bos blomme
As a man thinketh, so he becomes...
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline JACOVV

  • The Mayor of Mopani
  • Race Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,474
  • Thanked: 99 times
  • East London
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #16 on: July 29, 2021, 01:07:36 pm »
Dankie - dit is baie mooi geskryf.

Jammer vir die ouens wat net kiekies kyk  :biggrin:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 
The following users thanked this post: Karoo Rider

Offline DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Teelhond
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 34,353
  • Thanked: 1233 times
  • ChrisL .. aka...Chris Louw
    • dustriders.co.za
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #17 on: July 29, 2021, 01:18:54 pm »
Jy is gesend met n vrou wat jou, onder andere, die ruimte gun om te gaan doen en kry wat jy nodig het. Sy verdien n bos blomme

Jy kan dit weer s MW, hy kan haar sommer n nuwe kombuis gee oh wait hy ry rond met die nuwe kombuis!!! ;) :peepwall: :lol8:
Goeie vrou wat die man het wat verstaan dat sy siel ruimte en stilte soek om te bestaan. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Karoo Rider

  • Race Dog
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1100L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,294
  • Thanked: 114 times
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #18 on: July 29, 2021, 01:55:07 pm »
'n Goeie vrou is inderdaad 'n lewensvoorreg.  Maar julle moet darem ook die opoffering raaksien wat ek so gereeld moet doen om haar en haar Ma 'n bietjie moeder-dogter tyd saam te gun.  Dis nie maklik nie.
 

Offline Dorsland

  • Grey hound
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,432
  • Thanked: 1161 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Plathuis op 'n Sondag. 'n Kort RR.
« Reply #19 on: July 29, 2021, 02:45:42 pm »
Om so RR te lees los sommer 'n gevoel van vrede in mens se gemoed. Hierdie rit van jou wys hoe mens net 'n motorfiets nodig het in jou lewe, om jouself weg te neem en daardie vrede te gaan vind. Jy en @Dorsland sal lekker saam kan dig. Dankie vir die deel. :thumleft:

Dankie OomD, waardeer. Ja ek ken vir Dorsland, het selfs al by hulle oorgebly. Sy skryfstukke is natuurlik op 'n totaal ander vlak, ek wens hy wil 'n boek uitbring... :pot:

Glad nie @Karoo Rider , jou leesstof is pragtig neergepen, dit lees lekker. Ons taal is so mooi, dit maak mens sommer lus om die lewe daarin neer te l. 

Jy ry wild en wakker rond sonder dat jy amptelik in die AT gng opgeneem is n.  Die AT polieste gaan jou 'n stywe boete opl.  :biggrin:  Dit bestaan gewoonlik van lamtjops vir 30 mense rens op die vlaktes braai.  :peepwall: :lol8:
If youth but knew...if age but could.

Henri Estienne