'n Kort trippie op Clarence Drive

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Oct 4, 2006
Messages
381
Reaction score
256
Location
Somerset Wes
Bike
BMW R1150GS Adventure
Ek het vanoggend werk aan die Geel Kameel gedoen en wou 'n kort draai gaan ry om te toets.
Die plan was net 'n kort entjie, maar eindelik was dit byna 150km.

Dit was 'n baie mooi dag. Sterk wind op die Kaapse vlakte, maar lekker stil teen die noordelike kant van Valsbaai se berge, daar waar Clarence Drive loop..
Clarence Drive al met die see langs is so lekker om te ry dat ek sommer aangehou het tot in Kleinmond.
20210918-a-142611.jpg

Daar was heelwat motorfietse op die pad. Ideale pad en ideale weer vir motorfiets ry.
20210918-b-140002.jpg


20210918-c-121055.jpg

Uitsig oor Valsbaai. Tafelberg daar oorkant die baai.

20210918-d-121136.jpg

Uitsig na die Weste, met Simonstad en Kaappunt oorkant Valsbaai.

20210918-e-123920.jpg

Die fynbos en proteas begin hul lentekleure dra. Hierdie is naby Pringlebaai.

20210918-f-124116.jpg

Hierdie bobbejane hou wag by 'n erf in Bettiesbaai

20210918-g-124544.jpg

Wat is die mooiste - die blomme of die mfiets of die bobjane.

20210918-h-134043.jpg

Pikkewyne by Bettiesbaai se reservaat

20210918-i-125802.jpg

Kleinmond se boot landing

20210918-j-130550.jpg

Uitsig van Kleinmond na die Ooste. Hermanus en Gansbaai daar ver oorkant


20210918-k-141120.jpg

Op pad terug by Kogelbaai. Duidelik is hier vandag geen haaie - daar is meer as 30 ouens in die see

20210918-m-143539.jpg

Bokant Gordonsbaai is die kort en steil pas na die Steenbras wateraanleg.
Dit is hoog op teen die berg, met baie mooi uitsigte oor Helderberg en Valsbaai
20210918-n-143612.jpg


20210918-p-144251.jpg




 
Top