Die padtoets

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,915
Reaction score
1,018
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Hierdie het natuurlik nie regtig gebeur nie.
So kom ek vanoggend met my XR by die verkeersafdeling aan. Ek het n afspraak vir 08H30.
Eers moet ek nog n wit vorm invul, dit was te wagte. Daarna gaan neem ek my plek in.
Daar is n dame wat aandring haar afspraak was vir 8 uur. Hulle maak eers 08H30 oop, so almal weet sy vat n kans. Sy dring daarop aan en hulle kyk vinnig haar Corsa deur en dop hom sommer op die plek want daar is n stuk van die trimming wat los sit.
Sy ry maar weer brom brom.
Nou is dit ek en n man met n groot lorrie en sleepwa. Ons som mekaar op. Ons reken altwee ons in 08H30. Die toetsbeampte stap na die XR toe en sien die houer vir die lisensie skyfie is leeg. Hy vra waar dit is en ek sê dit moes verloor het, maar ek het die kwitansies. Waarheid is die verkoper het die skyfie nie saamgestuur nie.
Hy sê hy kan nie die bike toets sonder n skyfie nie.
Die man met die lorrie lek oor sy lippe.
Ek word aangesê om n tydelike permit te gaan koop. Ek onderhandel bietjie en die toetsbeampte sê OK dan sal hy vandag nog na hom kyk. Die toetsbeamote is ook die dorp se bloubaadjie. Hy ken die wet as dit by lisensie skyfies kom. Hy weet ek het tot daar gery. Ek weet hy weet.
Ek gaan koop die permit en gaan staan weer in die ry.
Hulle maak klaar met die lorrie en kom nader.
Hy kom staan by my en sê die agter band lyk n bietjie glad. Ek het dit verwag, ek kon self sien die band is klaar. Hy vra my heel gaaf om tog net so gou moontlik n plan daarmee te maak. Ek belowe plegtig.
Ons beweeg aan.
Toets ligte en hoeter.
Die voorbriek se lever haak teen die handbeskermers vas. Die brieklig bly aan. Ek sien dit en besef hier is moeilikheid. Ek wys hom hoe om dit terug te druk. Brieklig dood.
Raait.
Ons beweeg aan.
Alles reg sover. Enjin nommer, geen olie lekke nie…..
Hy gaan haal sy helmet, gaan nou vir die padtoets.
XR is bietjie hoog, maar hy klouter op terwyl die bike op sy stand is. Ek help met die choke en draai die petrol kraantjie vir hom oop.
Raait hier gaat ons.
Hy ry vorentoe en duiwel amper in die inspeksie pit in. Die bike se nek bearings is nie lekker nie, dit was die ander rede waarom ek gestress het oor die padtoets. Dis nie maklik om n bike reguit te ry wat so is nie. Die pit is diep en lank, hy ry soos.n dronkie al langs dit af. Beentjies hang weerskante n voet van die grons af, maar maak dit.
Daar is n stukkie grondpad wat ek nIe kan sien nie, daarna teerpad. Ek kan hoor alles gaan goed, alhoewel hy maar net eerste rat bly.
Na n tydjie kom hy terug. Sukkel bietjie met die stand en klim/val later sommer aan die verkeerde kant af.
Ons gaan sit in die kantoor vir die papierwerk.
Ek sien sy hande bewe maar kyk maar by die venster uit.
Toets geslaag.
XR is op my naam!
 
Top