Leeuhart en die Donkie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
3,957
Reaction score
1,065
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Ons jongste maak toe mos die jaar klaar met skool.
Hy ry al motorfiets van kleins af en ons beplan al n tydjie om op n "road trip" te gaan sodra hy sy laaste vak geskryf het.
Woensdag skryf hy klaar.
Vrydag wil ons ry.
Hy kon kies waarheen, en die keuse was maklik en vanselfsprekend. Gamkaskloof toe (ons noem dit nie "Die Hel" nie want daar is ander rol spelers in die huis).
Oor die laaste paar weke maak ons onderdele (binnebande, baggasie, olie ens) bymekaar en ek sorg dat die 2 motorfietse vars olietjies het en dat niks gaan afval nie terwyl die matriekseun (hopelik) hard leer vir sy laaste eksamens. Ek vind later uit dit was opstelle gewees en hy kon eintlik maar gehelp het. Maar dit hou my uit die kwaad uit.
Ons bagasie word beplan en afgesien van die gewig (ons neem elkeen ons eie tent saam) lyk ons of ons darem alles sal kan saamneem.
Die motorfietse is n 2019 Honda XR150L 5000 harde skoolseun kilos op en n 2012 Honda XR650L met 12000 rustige waardige kilometers op (dis nou ek).
Daar is geen pryse as jy kan raai wie is Leeuhart en wie is die Donkie nie.
Die naweek voor ons ry is daar amperste konsternasie. Dit reen katte en honde. Daar is verspoelings in George. Nog n koue front word verwag vir die naweek met baie reen. Ook in die Swellendam, Vanwyksdorp, Calitzdorp en Gamkaskloof omgewing.
Ons is filosofies. Praat mekaar moed in.
Dis Desember hoeveel kan dit dan reen?
Dit reen mos nooit in Gamkaskloof nie.
Ons het mos tente.
Dit sal nie twee naweke na mekaar reen nie, sal dit?
Dit gaan Epic wees.
Ek sien n aanmerking op Die Hel se Facebook bladsy waar iemand die aanmerking maak die pad is "lewensgevaarlik". Ons lag daaroor, nou wil ons eers gaan. Ons maak dubbelsinnige aanmerkings aan die eet tafel daaroor sodat niemand iets agter kom nie. Ons lag daaroor.
Die manne is braaf.
Ons laggies is dalk net n oktaaf of twee te hoog.
Fototjies - seker so 2009 se kant geneem
Foto 1 - Ons het lekker gery op my DR650.
Foto 2 - Kort daarna gaan hy skool toe, toe kry hy sy eie PW.
Foto 3 - Die kwad ryery was van korte duur - dankie tog.
 

Attachments

  • DSC00870.JPG
    DSC00870.JPG
    440.9 KB · Views: 375
  • IMG00031-20101102-1344.jpg
    IMG00031-20101102-1344.jpg
    484.4 KB · Views: 371
  • DSC00822.JPG
    DSC00822.JPG
    75.9 KB · Views: 374
Top