"Willehonnehok"

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

windmaker

Puppy
Joined
Jan 15, 2009
Messages
43
Reaction score
0
Bike
KTM 990 Adventure
Nou soek ek raad, voorstelle ens.  Souties, jammer, ek dink te stadig in Engels. 

Ek het gister 'n idee gekry, wil weet of dit sal werk.  Ek soek kommentaar en raad.  Ek is in die middel van Ceres, teen die hoofstraat, teen die rivier en onder mooi groot akkerbome.  Hier is 'n nuwe lapatjie en 'n nuutgeboude gebou bo-op 'n garage met 'n mooi uitsig.  My plan was om 'n kantoor daar in te rig, tensy hierdie plan kan werk. 

Meeste van julle weet Ceres le aan die begin van 'n paradys van grondpaaie.  Cederberge, Karoo, Oasis, Middelpos, Sutherland ens.  My idee is dat die ouens van bv. die Kaap af op 'n Vrydagmiddag wegspring tot in Ceres, of op 'n Saterdag-oggend tot in Ceres kom.  Jy't basies net 'n slaapsak en 'n paar kleertjies nodig wat jy dan in die Willehonnehok kom neersit.  Jy kry gou 'n vleisie en 'n drinkdingetjie in die dorp vir die aand, sit dit hier in die koelkamer en tackle dan die grondpaaie vir die dag met 'n fiets sonder enige bagasie.  Die aand is jy terug en braai saam met jou pelle, of besoek die local pubs.

Die idee is dat jy goedkoop, maar gerieflik slaap, nie tent opslaan of nie nodig het om in 'n hotel of gastehuis in te boek nie.  Alles wat 'n man nodig het moet hier wees.

Dan rig ek die plek in met 12 tot 15 beddens met matrasse, badkamer met genoeg warm water, tafels en stoele  en wat nog.  Eenvoudig, met die nodigste.  Verder sal hier genoeg ys, hout(teen 'n prys, want party manne sal weer heelnag vuur maak), glase en daai dinge wees.

Aan die anderkant kan dit net 'n oornagplek wees vir ouens op langer trips op pad Kaap toe.  Whatever.

Laat weet asb. wat julle dink, miskien het iemand 'n heel ander, maar beter idee.  Die plek is hier, gee voorstelle.

Windmaker.
 

Latest posts

Top