Ek is huidiglik besig om my vrou se Djebel in tip-top kondisie te kry.
Ek probeer om nie oorboord te gaan wat kostes betref nie.
Handle bars en luggage rack ge-sand blast, en powder coat.
Nuwe OEM lugfilter. Nuwe olie filter, en Bel Ray EXP 20W50 olie. Nuwe spark plug.
Bietjie gesukkel met 'n OEM voor sprocket. Suzuki South het vooraad gehad. R 470 later in my posbus in Nelspruit. Eina!

Vandag 'n nuwe EK x-ring ketting aangeskaf. My bikeshop reken die agter sprocket is nog 100%

Ek het ook die masiewe OEM handguards "getrim". Bo en onder groot gedeeltes met my grinder afgesny, en met 'n flapdisk afgewerk.
Lyk nogsteeds soos OEM, maar baie kleiner!
Het ook die agterwiel bearings en seels vervang.
Die agtershock is na MP Custom Valve gestuur. Bump stop moet vervang word, en die dieselfde tyd laat ek die binnegoed diens. Die link bearings is nog so goed as nuut! Behoort volgende week terug te wees.
Die carb het ook geflood, as gevolg van die needle & seat o-ring wat gelek het. Iemand het 'n proppie in die over flow pypie gedruk, as 'n tydelike maatreel! Eish! Dit het veroorsaak dat die lekkende brandstof die lugfilter deurdrenk het, en heel logies wou die fiets nie loop nie!
Ek het gelukkig die Djebel by "Fearless Frikkie" op die Forum, vir 'n goeie prys gekry, en dus bereid om 'n paar rand te spandeer!

Het al die plastics skoongewas, en met Chemico weer soos nuut laat lyk!
My vroutjie kan nie wag dat sy weer loop nie! Hopelik voor die MP Bash!
Sal met tyd poog om 'n paar fotos te post!

Ek is nog steeds op soek na 'n DRZ 250 workshop manual om met die fietsie te gebruik!