Confession: Dis vreeslik stil op hierdie thread en ons is so min mense wat die bikes het .....
baie dankie vir julle insette en die saampraat
dit word vreeslik waardeer!
xx
Ek was die afgelope week uitstedig, en sonder internet. (Ou Transkei...vir werk.)
Ten opsigte van die olie. Ek gebruik Bel Ray EXP 20W50, semi-sinteties, in al my enkel silinder quads/fietse. Dit kos omtrent R 100-00 vir 'n liter. Ek ruil ook olie baie meer gereeld as wat die vervaardiger aanbeveel. So elke 3 000 kms.
Die 50 viskositeit spesifikasie is vir my belangrik vir ons land. Vir die KTMs gaan dit op na 'n 60, vir die warmer enjin temperature. (Dis 'n dikker olie, vir "performance" enjins. Motorex olie.)
Die belangrikste spesifikasie van enige olie is egter dat dit 'n JASO spesifikasie moet wees, wat geen bymiddels bevat wat die "wet clutch" kan laat gly nie. Dit staan erens op die houer. (Dit is ook seker so dat daar ander olies is, wat nie JASO gespec is nie, en ook nie jou clutch gaan beskadig nie. Maar hoe gaan jy weet?)
Ten opsigte van die olievlak. Verseker net dat jou fiets perfek regop deur iemand gehou word, wanneer jy die olievlak nagaan. Met 'n bietjie oefening kan jy langs die fiets hurk, dit balanseer, en die olievlak nagaan. Hou net die systaander uit, sodat jy haar weer na links kan laat le.
