Gooooood Morning!
Kyk wat het ons raakgeloop op gumtree. 'n 250 XC wat se enjin geblaas het.

Nou kan ons vir Gizmo baie mooi op dollie. Later gaan ons dan 'n enjin soek wat in "bodyparts" pas en van hom 'n bosfietsie maak.

(let wel, dit mag dalk lank neem)
Ek kan amper nie my geluk glo met Bodyparts nie, want wraggies, die fietse is skaars!
Sal foto's post wanneer ons iets doen. Ek dink ons sal waarskynlik Bodyparts se frame eerste laat oordoen en dit dan vir Gizmo gee.
xxxxxx