Having your quad / jetski / bike stolen...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Xavier

Race Dog
Joined
Mar 26, 2008
Messages
771
Reaction score
6
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
Saw this in Beeld :

https://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2470933,00.html

Sindikaat steel glo tot R60 miljoen se plesiertuie

Bloemfontein. – Dieselfde sindikaat wat vyf jaar gelede vasgetrek is weens die diefstal van honderde luukse vierwielmotorfietse en waterponies het glo reeds weer tot R60 miljoen se plesiertuie gesteel.

Dié sindikaat van Pretoria koop duur voertuie wat in ’n tydskrif vir gebruikte voertuie geadverteer word met vervalste banktjeks en verdwyn daarmee. Die voertuie word op veilings in Gauteng verkoop.

Mnr. Leon Rossouw, ’n private speurder van Bloemfontein wat gehelp het om die sindikaat die eerste keer vas te trek, het vasgestel dieselfde groep is nou op nog ’n groter skaal besig om mense in te loop.

Hy sê die meeste van die tussen 15 en 20 vierwielmotorfietse, waterponies en viertrekbakkies wat nou per maand gesteel word, word na Afrika-state geneem.

Gesteelde vierwielmotorfietse en waterponies uit Suid-Afrika is volop in Mosambiek, waar veral Suid-Afrikaners dit weer huur om op die strande mee te speel. Rossouw sê hy kry elke week mense wat hom bel om te kla hul voertuig is gesteel. Veral mense op die platteland in die Vrystaat en die Noord-Kaap word geteiken.

Van die sindikaatlede het al aan Rossouw erken dat hulle sowat R1 miljoen se voertuie per maand steel.

Hy het bereken hulle moes al met meer as R60 miljoen se voertuie verdwyn het.

“Ek was verstom toe ek vasgestel het die sindikaat bestaan uit presies dieselfde mense – die gesigte en dieselfde stemme. Die manier hoe hulle te werk gaan om mense in te doen is presies dieselfde.”

Een van die baasbreine het, nadat hy vroeër aangekeer is, die hele operasie per selfoon uit sy tronksel bedryf. Die man is nou weer in sy huis in Mamelodi, Pretoria, besig met dieselfde misdrywe. Rossouw beklemtoon dat die sindikaatlede uiters uitgeslape is.

"Hulle is so deeglik dat hulle jou nooit van dieselfde selnommer bel nie, al praat hulle ’n paar keer per dag met jou.”

******************
Now, my question is - how do they really operate?  Are there really that many people out there that still accept "cheques" as a form of payment?  Or do they catch you out with the 'fake deposit slip' trick?

Forewarned is forearmed...
 
Top