Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 2 Guys, 4 Kloofs, 7 days, 28 passes and 1650km  (Read 5505 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline ADVENTURERIDER

  • Newbie
  • *
  • Posts: 27
Re: 2 Guys, 4 Kloofs, 7 days, 28 passes and 1650km
« Reply #80 on: March 25, 2009, 01:30:55 pm »
DAG 4: TR het belowe dat dag 4 n kort rustige dag gaan wees n rusdag as mens van so iets in TR se teenwoordigheid kan praat. Lewendige mannetjie, ek is net dankbaar dat hy nie my korporaal in die weermag was nie. Hy het by sy woord gehou ons het rustig uit die kloof gery en kon al die mooi en grootsheid indrink en vasbrand in my geheue. Ek glo egter vas om hierdie mooi te maksimaliseer moet hierdie roete nog n keer gedoen word, n derdekeer sal geen skade doen nie en n vierdekeer kan dalk die lekkerste wees. As jy dit vyfkeer gedoen het kan jy jouself as baie gesend beskou.Nadat ons uit die kloof is het ons een van die karoo se mooiste paaie gery ek moes myself meer as eenkeer beteuel om nie te vinnig te ry nie. Plek plek het ek so aan die 140km/pu geraak. Na my mening heeltemal te vinnig vir grond maar ai dis so lekker.

Wel uiteindelik was ons in die Prins Alfredspas, nadat ons deur Grootrivierpoort en Uniondalepoort is. Ek het al baie op die forum en in tydskrifte van die pas gelees Nou was ek hier om hom te beleef. Nie ver gery nie toe stop ons by n plekkie met die naam van Angies. Dink hulle hoop om n tweede Ronnies sex shop of iets te wees maar ek weet nie so lekker nie. Ek het egter n baie lekker hamburger daar geet. Daarvandaan is ons na die Trout Farm wat net nog so kilo of wat verder is. Baie mooi en interessante plaas met ewe gawe gasheer en vrou. Seker omdat hulle ook bikers is en eko-vriendelik is. Ons slaap in TiPi-tente indiaans. Anders en baie mooi die enigste keer op die toer wat ons op voortreflike beddens geslaap het. Jy kan (as dit nodig is) vuur maak in die tent. Die boonste deel van die tent is oop en word slegs toe gemaak as dit ren. Ingo s dat daar ook nie muskiete in die tent kom nie asgevolg van die vinnige lugsirkulasie binne. Alles is baie skoon en netjies die badkamer voel soos my eie by die huis. Die warm water word verskaf deur n kontrapsie wat met rots en parafien werk n vriendin van my noem dit Dr Snuggels. As julle die hele storie wil hoor moet julle haar maar bel. Dit werk egter soos n bom.

Op die werf loop daar die mooiste perde en blesbokke. So teen vier-uur het ons gasvrou vir ons varsgebakte piesangbrood voorgesit met egte botter. Heerlik heerlik! Die aand het ons hout gehad om vuur te maak vir Afrika wat ons ook gedoen het. Lekker vark en wors gebraai met aartappels en uie as bykos. Ek was nou baie rustiger as op die eerste been van die toer en my ooglede het ook sommer vroeg aand swaar geraak. TR het gladnie geopera nie of het ek hom gladnie gehoor nie? Wel ek het soos n soet baba geslaap deurnag!

DAG 5: Vir die die dag was die volgende op die spyskaart: 60 km+ deur die res van Prins Alfreds pas, gevolg deur n voorsmakie van die Nuwe Hemel Kom-se Pad, mense as jy hier is wil jy nie verder gaan nie jy wil hier bly, dis nie net mooi nie jy kan die Vrede op aarde sien hoor en ruik. Hier is die lewe (mens, natuur en dier) in harmonie en die liefde gedy soos in n jong bruid. Hulle s sien is glo so gaan kyk maar gerus en ervaar dit aan jou lyf. TR in retrospeksie kan ek s hierdie deel was die mees aangryplikste en heel mooiste deel vir my. Maar wag ek hardloop nou die storie vooruit. Die res van die spyskaart was:   Phantompas
               Homtinipas
               Hoogekraalpas
               Karatarapas
               Touwsrivierpas
               Silwerivierpas
               Kaaimansrivierpas
Die een is so mooi soos die ander eintlik pas hulle soos n legkaart in mekaar dis jammer dat ons as mense net ten dele kan sien.

TR het meer as die helfte van sy bagasie by die huis in George afgegooi,  die GS is ook terstont herdoop na mothership en ek moes die nuwe vooraad aan boord neem. Mev TR het ons vinnig met n middagetetjie bederf voordat ons die pad gevat het na Attakwaskloof waar ons op n avontuurplaas oornag het. As jy n loer vat op TR se blog  sal jy gou opmerk dat hy nogal heel dikwels daar kamp ek verstaan hoekom want jy is teenaan moedernatuur se bors daar! Tyd is van geen belang.

Nog n aand wat ek sal koester  nog n stukkie ervaring wat as brandhout sal dien vir  my oudag as ek koud en alleen voel. Dis oomblikke soos die wat die lewe vir my die meer as diemoeite werd maak en die feit dat ek dit op my fiets kon meemaak tel vir my dubbel die hoeveelheid punte. Ek het die aand vir ons n potjie poetoepap gemaak en TR het weer twee van daai allemintige rumpsteaks gebraai. Dit het my egter gewen, ek het die orige stul die volgende oggend vir ontbyt geet. Gedurende die nag het dit geweldig geren Mev TR het laat weet Meiringspoort het verspoel en is tydelik toe gemaak. TR was bekommerd dat Sewewekespoort dalk ook kon deurgeloop het. Gelukkig vir ons het dit nie gebeur nie.

DAG 6: TR verduidelik dat die grootste gedeelte van vandag se pad die eerste amptelike verbindings roete tussen George en Kaapstad was Ons ookry onderandere deur Gysmanshoek- en Tradouwspas. n Besondere dag na die heerlike ren van die vorige nag. Alles lyk so skoon en vars. Ons gang is egter nie so heeltemal stewig nie, so hier en daar het dit maar wankelrig gegaan deur die modder. TR se geloof het teen die tyd al op my begin afsmeer. Hy het n s ding van TKCs makes you invincible.  Maar hier en daar waar ons te gerus geraak het, het moedernatuur ons gou gewaarsku soos toe ek n plas water teen redelike ho spoed tref en al twee my voete van die voetrus afgeruk is. Scary moment.

Ten spyte van die ren was die dag nog steed baie drukkend. Ons het iets lig by die Pumpkin Inn geet en toe by Ronnies gestop vir n bier. Daar het ek met my hele outfit (behalwe vir my stewels) in die swembad gespring om lekker af te koel. Dit het nie vir baie lank gehelp nie maar was nogtans n lafenis. Ons laaste oornag plek was nie veel meer as n kilo of twee van Ronnies af nie. Daar het ons die hele middag in die swembad gel soos gaar paddas (TR se uitdrukking). Die aand het ons gaan uiteet.  Dit was ook die enigste aand van die toer wat ek en hy in afsonderlike vertrekke geslaap het het gesukkel om aan die slaap te raak sonder my wiegeliedjie. Die volgende oggend hoor ek hy het tot middernag soos n oorgaar padda in die swembad gel weet nie hoekom kon hy nie slaap nie?

En toe! _ soos alle goeie dinge staan ons voor die deur van die LAASTEDAG, DAG 7: Vandag Seweweekspoort, Boschluyskloofpas, Huisrivierpas en as die finale die Outeniquapas. Die Seweweekspoort wou ek al in die vroe 80s gedoen het maar hy het my bly ontwyk. Nou het ek hom in my sakkie! Negentien kilometer kronkel die pad deur die reuse berge aan weerskante en verskeiekere oor n vars bergstroompie. In n mate kan jy die poort met Meiringspoort vergelyk behalwe dat Meiringspoort  n teerpad is, dit raserig is van al die verkeer en daar die reuk van petrol en diesel dampe is. Daarteenoor is Seweweekspoort stil, dit ruik skoon en vars en onder jou hoor jy die geknars van die bande oor die grond oppervlakte. Dis aards, dis ru, dis ongeskonde en byna onaangeraak deur die mense hande. C J Langenhoven beskryf dit so mooi in sy boek Sonde met die bure (Versamelde Werke II): En die berglug, met die geure van blomme en kruie en speserye belaai.. hierdie lug van die Swarte Berge is om al die tyd van te weet, om bewustelik te geniet soos n lekkerny wat nie maar net kos is nie. Maar n lekkerny waar geen satheid op volg nie. Soos die tempel sy orrel het, het hy sy wierook. En die wierook, soos die orrel, is die tempel waardig. Gelukkig moet ons oppad terug weer deur hierdie beskawing voordat ons terugkeer na die barbaarse GAUTENG. Die laaste stukkie pad na die dam het plek plek lelik verspoel die vorige aand. Ek het n paar benoude oomblikke beleef deur die dongas maar gelukkig het ek mos TKC onder my! Die dam was ietwat van n teleurstelling want hy was lelik leeg. n Interessantheid is dat sou jy van die dam se wal in die rigting van die Hel stap sou dit ongeveer 12km wees tot by die huisie van oom Hannes waar ons die eerste nag geslaap het. Daar l ongeveer 1500km se ry vir ons tussen die twee punte, 4 klowe en 28 passe en n wreld se wedervaringe.

My storie is maar net n kort opsomming of soos hulle in engels sal s: An executive summary. Tog soos ek op aand een teenoor TR bely het: Hierdie toer is die hoogtepunt van my lewe! Ek het al baie honderde kilos op my fiets afgel maar hierdie 1650 km was die mees vervullendste in my hele lewe. Die toer het nuwe visies geopen en betekenis aan my lewe as n skepsel van God gegee. TR ek was nie elke oomblik van die toer so baie lief vir jou nie, daarvoor moes ek te veel sweet en water drink maar jy kan maar n toer rel ou maat. Ook n groot dankie aan Mev TR en die klein trtjies dat julle hom vir my n paar dae geleen het sodat ek hierdie wonderlike ervaring kon meemaak en beleef.