Three bikers assault elderly couple on bicycles

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

What do you think?


  • Total voters
    68

Rooies

Race Dog
WD Supporter
Joined
Jun 27, 2008
Messages
2,590
Reaction score
245
Location
Johannesburg
Bike
BMW R1150GS
Got this off another forum, so sorry for the plagiarism, but this story needs to be told.

1.  Can anyone confirm this story?
2.  Does anyone know who these bikers are?  They need to be brought to justice.  This is not cool!!!!




Rapport

Johannesburg

Drie motorfietsryers het ’n bejaarde fietsryer en sy vrou gister erg aangerand nadat die egpaar hulle oor hul jaery aangespreek het.

Mnr. Johan van Oudtshoorn (69) en sy vrou, Donna (60) was in die Wieg van die Mensdom, duskant die Sterkfonteingrotte, besig om fiets te ry toe ’n groep van sowat 15 motorfietsryers by hulle verbyjaag.

Een het kort voor ’n brug beheer oor sy fiets verloor en in ’n sloot beland.

Van Oudtshoorn, wat al lank oor motorfietsryers se gejaag kla, vertel hy het geen simpatie vir die beseerde ryer gehad nie.

“Ek het vir die groep gesê dis juis omdat hulle soos ’n klomp p*******e ry dat hulle hul so te pletter val. En toe het ons aangery.”

Sowat 4 km verder is die egpaar – wat al meer as 30 jaar fietsry – deur drie van die groep se motorfietsryers ingehaal en voorgekeer.

“Een het gesê: ‘Dít sal jou leer om lekker te kry oor ’n ou wat seergekry het.’ Hy het toe begin om my te stamp.”

Mnr. Van Oudtshoorn het geval.

Sy vuurwapen, wat hy altyd saamdra as hy ry, het uit sy houer geval. Van Oudtshoorn is toe op sy bolyf en selfs in die gesig geskop.

Me. Van Oudtshoorn het die bakleiery probeer stopsit. Sy was veral besorg oor haar man se rug ná ’n groot rugoperasie verlede jaar.

Die ryers het ook begin om haar te stamp en in die gesig te slaan.

Die motorfietsryers – wat glo self gewapen was – het mnr. Van Oudtshoorn se vuurwapen ná die aanranding die veld ingeskop en weggejaag.

Die Van Oudtshoorns het toe op hul fietse na hul motor in Muldersdrift, etlike kilometers verder, gery en by die Muldersdrift-polisiestasie gaan hulp soek.

Die polisie het egter geweier om die Van Oudtshoorns sonder mediese verslae by te staan.

Die egpaar is toe dokter toe en later na die Wilgeheuwel-hospitaal, waar bevind is dat drie van mnr. Van Oudtshoorn se ribbe tydens die aanranding gebreek is.

“Daai ouens het ’n ou man aangeval en my vrou boonop geslaan. Hulle dink natuurlik hulle is groot heroes. Ons sal mekaar weer sien,” het ’n woedende mnr. Van Oudtshoorn gistermiddag gewaarsku.

Die egpaar sou later weer probeer om die saak by die polisie aan te meld.

• Volgens hulle het net een van die drie aanranders se motorfietse ’n nommerplaat gehad. Dit is óf NHL836GP óf NHL236GP. Die motorfietsryers het deurentyd hul valhelms opgehad en die nommerplaat is al waardeur hulle geïdentifiseer kan word.
 
Top