Almal,
Ek het agter gekom alle 25 jaar plus XT/TT vergassers is maar al redelik gesluit - veral die bewegende dele. In die meeste gevalle werk dit om die naalde te laat sak en ietwat kleiner jetting in te sit.
Myne werk tans goed as volg:
Prim jet = 105 (Yamaha), Sec Jet = 100 (Self gemaak), Beide naalde op 2de posisie van bo, maw een gesak, Air screw 2.5 draaie uit. Intussen ook die Stator laat rewind en ander Pick-up ingesit. Nuwe coil ook. Tans nog net die tydketting vervang en nuwe 3AJ olie pomp insit en skoon olies, 'n paar gaskets, nuwe voor tyre ens. , dan is ek reg om Kenia toe te ry in Junie.
Groete,
Alla