Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal: Klaar!  (Read 6382 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Rogue

  • Newbie
  • *
  • Bike: BMW R1100GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 43
  • Kraaifontein
Deel 1 van 13:
Huis tot in Sedgefield

Lank, lank, laaaaaankal sien ons uit na di vakansie.  In 2007 het ons n bielie van n motorfiets vakansie gehad en ons besluit: dit was die moeite werd om weer te doen.  Twee keer langer en net so veel kere verder natuurlik.  (Gelukkig ht ons toe darem n fiets om mee te gaan toer, want twee maande voor D-dag skryf die man mos toe die fiets af maar dis n ander storie).  Hirdie keer is ons georganize.  Ons het tools, CO2 kannetjies, paspoorte, papiere, emergency nommers, kaarte, twee gpse, n handdoek en alles van n frokkie (weet jy hoe voel -8C ?) tot n swembroek.  Selfs pajamas!  En dit alles heel gemaklik in n 33 liter topbox en 28 liter tankbag verpak.

Soos n normale vakansie kom ons eers n uur of wat later weg as wat ons wou, maar niemand is opgewonde nie, ons is (immers) met VAKANSIE!  Daar gaan ons toe, Sedgefield toe, met die N1. (Ja swaerie, die tuinroete sien ons op n gereelde basis, maar nog nie via die N1 daar gekom nie)  En die son skyn en die lewe is goed en tot na De Doorns is daar oorgenoeg om te sien en baie druiweverkopers om voor uit te swaai.  Die ouens wil opsluit aan ons n boks druiwe verkoop, is nie heeltemal seker waar hulle dink ons moet dit bre nie, though 
Na De Doorns is ons nou al lank genoeg aan die ry om honger te word, maar die padstal waar ons stop is besig om sy store te vul, hulle maak reg vir die Two Oceans en die restaurant is dus gesluit.  (Voor die toer het ons op 2 riglyne nie rels nie besluit:  1.  Om tolhekke te vermy as ons kan en 2. Om nie by  gewone, franchiserigge plekke te eet nie).  Neem toe maar n paar fotos en hi-ho, Silver, daar gaan ons weer.



Stok-ou motorfiets by die padstal


Deur Touwsrivier, deur Lainsburg, maar sien nie iets wat ons fancy tickle nie.  Kry petrol en ry verder.
By die afdraai na Prins Albert staan daar n hotel langs die pad en met sign lanuage besluit ek en liefie om daar af te trek.  Vra vir die lat of ek hulle kleedkamer kan gebruik en het n vreeslike gril storie oor watter nuut-gebruikte-rubber-item in kamer 1 se toilet rond dryf  Gaan restaurant toe en besluit dalk is ons eintlik net dors.  En as ons sommer op die stoep kan rond hang, thanks.  Die restaurant is vol opgestopde bokkoppe wat met vaal albaster o na niks staar.  Nie dat ek n opgestopde bokkop fan is om mee te begin nie, maar die goed se hare begin ook nog plek-plek uitval  Nee hoor, daar is hierdie From Dusk till Dawn gevoel aan die plek ons het nie gewag dat die son sak om te kyk of dit beter word nie!


Rolbos wreld, hierdie...



You can check out any time you want, but you can never leave...


Net daar draai ons af na Prins Albert toe.  Dt lyk nou na n dorpie waar mens ten minste n lang naweek moet deurbring. Om te stap, of fiets te ry, of te skilder, of te rus  Terwyl jy daar is, maak n draai by hulle hotel en probeer hulle Coffee shop se etes, dr gaan jy vashaak!


Op pad van Prins Albertweg tot Prins Albert

Van Prins Albert is ons deur n besige (dit was paasnaweek) Swartbergpas, waar ons effe haastiger is was wat die scenery ons wil toelaat en ek neem die kronkelpaadjies en rooi rotse sommer so uit die saal (gewoonlik in die ry) af.  Die wind is bietjie meer as fris en die pad oppervlak is slegter as wat ek hom onthou, maar s die moeite werd as jy rustig is.  Op die hoogste punt van die pas is daar n piekniektafeltjie met n view na alle kante wat jy kan kyk.  Jy kan maar daai spot op jou things to do lysie sit vir wanneer julle weer daar rond moet ry.  Pak maar die broodjies en die wors, die eet daarvan sal jy nog in die ouetehuis onthou.



Rotsformasies in die begin van Swartberg pas - herinner aan Seweweekspoort



Uitsig van naby die kruin van die pas - die pad kronkel aan die Prins Albert kant


I'm on the top of the world looking down on creation...



Die piekniektafel met die 'view'



Die uitsig aan die Oudshoorn kant


Van daar het ons die KKNK geroesemoes in Oudsthoorn probeer vermy en is met die kortse pad (Outeniqua pas) George toe, waar die mis actually rendruppels oor die berg was.  As dit eers neig na donker (en nat) ry mens mos net om by jou slaapplek vir die aand uit te kom, wat dan presies is wat ons gedoen het.


'Boesmantekening' oppad Outeniqua pas toe




Nat en mistig in die pas...
« Last Edit: February 16, 2017, 12:55:15 pm by Rogue »
There is more to life than speeding it up
                                                                 -Ghandi
 

Offline Pistonpete

  • Shop Mods
  • Bachelor Dog
  • *
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 17,854
  • Thanked: 75 times
  • Live to Ride...Ride to Live
 :thumleft: Thanks for sharing :)
'Routine is the thief of time'
 

Offline Operator

  • is a Forum Vendor and a
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,588
  • Thanked: 154 times
  • Official Vendor
    • Vendor


This is gonna be a lekker journey.............  ;)
 

Offline Trailrider

  • Southern Cape
  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Honda TransAlp XL700V
    Location: Western Cape
  • Posts: 11,238
  • Thanked: 1 times
  • "Africa Twin Lite"
    • Trailrider
<subscribe>
 

Offline Etienne2T

  • Mr.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,664
  • Thanked: 16 times
  • Dinosaur
Hierdie gaan 'n lekker een wees!
>subscribe<

:happy1:
 

Offline LeonDude

  • A very quiet
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Gauteng
  • Posts: 9,413
  • Thanked: 38 times
  • DR650 - The next adventure
    • Leon de Kock - Author pages
Nice so far  :thumleft:
Great news, my book 'Sniffer' has seen the light of day on Amazon Kindle!
https://www.amazon.com/dp/B01N664WIH
Check out my website for free short stories!
http://www.leondekock.com/short_stories.html
 

Offline buzzlightyear

  • I'm Buzz Lightyear. I come in peace.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 7,956
  • Thanked: 18 times
  • To infinity and beyond
Laat rol!
"All that is necessary for the triumph of evil is that good men do nothing." (Edmund Burke)
 

Offline DirtRebell

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,152
  • Thanked: 80 times
Ingeteken...
 

Offline Tonteldoos

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL1000V Varadero
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,594
  • Thanked: 3 times
Gooi !!
Challenge = Innovation = Change
 

Offline yaartbrak

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Gauteng
  • Posts: 727
  • I Lick U Stukkend!
WOW, ek is vasgenael voor die rekenaar kannie wag vir die res nie, dit klink lekker!!!! :ricky:
Life is like a box of chocolates, your family and friends always steal the best ones!
BMWR1200GS - SOLD
BMWR1200RT - Loving it!
 

Offline Biesie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,375
  • Thanked: 1 times
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #10 on: May 15, 2009, 08:46:29 am »
Nog nog nog !!!

 :thumleft:
 

Offline MrBig

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Triumph 955 Tiger
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,410
  • Stellenbosch
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #11 on: May 15, 2009, 08:46:45 am »
it's cruel to only post one part!!!!!
"I know you think you understand what I said, but what you don't understand is what I said is not what I mean."
 

Offline Rooisand

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Northern Cape
  • Posts: 358
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #12 on: May 15, 2009, 08:56:49 am »
Gooi nog kole! Nice foto's ;)
 

Offline Eisbein

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,060
  • Thanked: 42 times
  • Kraaifontein Plugspanner!
    • Music Ramblings by a serial hobbyist
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #13 on: May 15, 2009, 09:27:40 am »
Rogue is maar besig gedurende die dag - sy het al tot by die 3de 'installment' geskryf - nou moet ons net fotos sorteer en post dan kan ons verder gaan.

;D ;D ;D

02/02/12 - RIP Glen - the Arrow of Elliot and the little man with the big heart that truly was larger than life.

You have touched us and left us better for having known you - even if it was only briefly.

For grabbing the moment and living the day It's been way too early that you were taken away
 

Offline Eisbein

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,060
  • Thanked: 42 times
  • Kraaifontein Plugspanner!
    • Music Ramblings by a serial hobbyist
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #14 on: May 15, 2009, 09:32:23 am »
Gooi nog kole! Nice foto's ;)

Dit is baie cool dat sy hou van fotos neem.
Dit maak 'n groot verskil aan 'n dag as jou passasier nie skaam is om hande op die kamera te h nie.
Wanneer sy dink 'n foto is belangrik genoeg sal ons stop (of omdraai), maar vir die meeste van die tyd het sy altyd haar 'vinger op die knoppie' en skiet sy sommer so in die ry van die agtersitplek af. Somtyds net met 'n bietjie 'afslack' van my kant af.

So word baie fotos geneem wat ek (as ek op my eie was) nie sou kon neem nie (schlep van stop-kamera-uithaal-foto-neem-kamera-bre).
Wat vir my baie cool is is dat ek nie weet watter fotos sy neem nie, so aan die einde van die dag as ek deur die kamera skermpie scroll is daar baie aangename versassings t.o.v die fotos wat sy geneem het.

« Last Edit: May 15, 2009, 09:34:15 am by Eisbein »
02/02/12 - RIP Glen - the Arrow of Elliot and the little man with the big heart that truly was larger than life.

You have touched us and left us better for having known you - even if it was only briefly.

For grabbing the moment and living the day It's been way too early that you were taken away
 

Offline Highlander

  • There can be only one !!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Piaggio (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,140
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #15 on: May 15, 2009, 10:12:44 am »
Nice een Vicky, nice fotos, ek sien uit na die res van die snaps.

Oja, by the way nice bike ook, al was daar nog nie 'n fototjie van haar nie
 

Offline roxenz

  • rocks make sense
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,379
  • Thanked: 82 times
  • cheerful yesterdays and confident tomorrows
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #16 on: May 15, 2009, 10:14:37 am »
Great!  Lekker lees le voor!
 

Offline Diesel & Dust

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,548
  • Thanked: 4 times
  • As die koppie klein is kak die hele lyf!!!
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #17 on: May 15, 2009, 10:37:16 am »
Like it :book1:

More more (die engelse een):Thin5:
I'll take the high road. You take the psycho path...
 

Offline Scrat

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,594
  • Thanked: 4 times
Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #18 on: May 15, 2009, 11:05:55 am »
Nice een!!! wa die res dan nou??? :thumleft: ???
Call us Crazy!! But what an ADVENTURE!!
 

Offline met eish

Re: 1 motorfiets, 2 mense, 3 weke vakansie en 80 ure/6200 km in die saal
« Reply #19 on: May 15, 2009, 11:36:21 am »
Lekker man, jy skryf soos Etienne le Roux - baie pittig  ;)
KTM 950
Vespa 250 ie
Suzuki 500 Kwat