Dankie Lem, en nou het ek dit in my kop om hom te wil verkoop
Dit was gister 'n baie lekker trippie, een van daai kraakvars herfs oggende
ja kyk, jy kom vanaf die F800GS af. Hy is n beter toerfiets as die XR650. Maar, afhangend van jou omgewing en die grondpaaie wat jy geniet, indien jy meer dagtrips gaan doen van ommenby 300km....glo ek nie die 800BMW sou daarvoor beter wees nie.
Sien jy nou. Listen to the man ou Dors
Between you and Lem, I can see I'm going to end up not doing this 800 deal
Lem, ek het rerig gister se rit geniet jong, lekker rustig gery en die natuur en ver gesigte geniet. En daarvoor is 'n lekker thumper altyd die antwoord 
Met my Dakar ry my vrou afentoe saam op die local dagtrips wat baie teer insluit. Sy sit lekker op die Dakar. Ek ry oor die algemeen rustig, so 'n single is voldoende vir wat ek doen.
Maar in Februarie het ek en OldSchoolbiker paar paadjies in die Overberg verken. Hyt n XT600e wat baie soos jou XR is. Op die mooi oop grondpaaie was ons albei op gemak, maar op die tweespoor stukke moes ek bietjie konsentreer en kyk waar ek ry, terwyl Robert basies gesit het en cruise met een hand op die bars. Daai 25kg gewig wat die plaas scrambler spaar is handig op tegniese stukke. Hier in die Kaap ry ons dikwels eers 100km teer voor die agterpaaie begin. Dis hoekom die 800cc klas en groter bikes baie populer is hier by ons.