http://opdiebaal.co.za/ 21 Sep-23-Sep
OpdieBaal staan nie net vir Afrikaans, die Boer, Entrepreneurskap en Musiek nie - dis ook ten bate van liefdadigheid - spesifiek Eleos Liefdadigheidsorganisasie.
Hierdie skou, Afrikanersfees, kampuit, tiekiedraai, uitstal, bymekaarkom-geleentheid, kinder-pret dag geborg deur die groot name soos Vodacom, Kyknet se Bring-en-Braai en die res, is die eerste van sy soort vir die Magaliesburgse Kontrei en word met trots gehuisves op die populęre Bosparadys Kampeerterrein. Eind-September is ook 'n toepaslike datum gekies deur die organiseerders waar feitlik geen ander fees of groot gebeurtenis plaasvind nie.
Bekende kunstenaars (in geen spesifieke orde nie) soos Darrius Superster, DJ Ossewa,Theuns Jordaan,Snotkop, Robbie Wessels, Radio Kalahari Orkes, Desmond and The Tutus, Wreshleish, Van Coke Kartel, Jak de Priester en laaste maar die nie minste The Campbells gaan met trots uitgestal word te same met die volgende:
Daar is ‘n wyn- en kaastent,
SAB biertent met ander ligte musiekvermaak, buiten die hoof line up,
Brandhouse bars (een van die hoof borge)
375 kos, kuns, leefstyl en plaasstalletjies
Kiddies Corner met vermaak en plaasdiere
Trekker uitstalling deur NEW HOLLAND
Boere praatjies in die OUBAALIES tent oor voere, medisyne en genetika….
KTV se 'BRING EN BRAAI' verfilm die hele program op Saterdag en Sondag
Spesiale motorfietsparkering vir Breakfast runners (die idee is dat die bikers almal ‘n blikkie kos of non-perishable kositem saambring as donasie tot Eleoskinderhuis, vir gratis toegang die Sondag)Jeugskou op Saterdag 22/9 – kontak vir besprekings ALEC 076 753 2591
Die kampeerplek op BOSPARADYS is alombekend vir sy, VISVANG spesifiek KARP, BABEER, GEELVIS, MODDERVIS, KURPERS, SWARTBAARS. Gebruik die naweek as verskoning om te kom visvang, hengel of net om te kom lyn nat maak
Anel vir kampeerplek: 082 436 9490
'n Woordjie van die Orginiseerders oor hoe hulle wil hę die OPDIEBaal Magaliesfees moet wees:
"Ons wil eet, drink, dans, “entertain” word, en dit met almal deel! Ons wil ook ‘n platform skep waar die agri gemeenskap, die “Boere”, inligting kan verkry oor nuwe Agri produkte en implimente, en die “dorpsjapies” weer kans gee om “Plaas toe” te kom!
Iets vir oud en jonk! Iets vir rok en iets vir rol, iets vir die oog en baie vir die gemoed en die maag!
Magaliesburg is ‘n klein juweel so naby ons. Ons wou ook die publiek wat so graag op die “country road” deur Magaliesburg drentel, iets meer gee. Wat doen die duisende by die talle vakansie-oorde om Magaliesburg afpak oor ‘n lang naweek soos hierdie? Waarheen vlug ons student?! KOM KYK HOE ROL ONS! Hierdie is die begin van baie jare se KOS/KUNS/KUIER/MUSIEK/LEEFSTYL EN LUS!"