Baches
Race Dog
- Joined
- Jan 25, 2008
- Messages
- 1,626
- Reaction score
- 1
- Location
- Walvis Bay
- Bike
- KTM 1290 Super Adventure
Die 2009 Kalahari Bike Challenge het weer hierdie jaar plaas gevind in Upington. 53 motorfietse het ingeskryf en die meeste was BMW's en KTM'e. Daar was ook 'n paar ou skool fietse daar onder andere DR 600 en CR 500. Vrydag middag 21 Augustus het die manne beginne aan kom by Oranje Rus wat reg op die Oranje Rivier se oewer gelee is. Die manne het die middag begin in kom en teen die aand was daar al heelwat fietse in die kamp. Die Challenge is eintlik net 'n dag trip van so om en by 400 km met 'n moerse party die aand. Die Challenge is gereel deur die Tafelronde van Upington en die hoog organiseerder was Istvan (my bra) Mayer wat ook die BMW agentskap op Upington besit. Dit was 'n trip met die perfekte verskoning aan mamma by die huis dat dit vir 'n goeie doel was. Ons was 5 fietse van Kathu wat die Vrydag middag deur gery het (3 BMW 1200's , 1 Trans Alp en een KLR 650 op die bakkie)
Die Vrydag aand was maar rustig en die Senior van Seniors se karavaan klub het besluit dat die naweek die perfekte uitkamp naweek was. Hulle in die een uithoek en ons manne in die ander een. Die Saterdag oggend was daar 'n "briefing 0730 die oggend en het die manne wat kan eerste weg gspring en die res het drups gewys gevolg want die stof was iets verskriklik.