Wie se woorde is dit?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Buzzlightyear

Grey Hound
Joined
Aug 7, 2006
Messages
7,983
Reaction score
3
Location
Western Cape
Bike
Yamaha T7
"Gits," sê ek. "Ek weet nie eens of ek ’n tjekboek hier het nie." Ek krap in die rugsak en kry die ding wraggies tussen ’n paspoort en dokumente wat ek maar net vir die wis en die onwis ingegooi het, "Maar nou weet ek nie eens wat in dié rekening aangaan nie," bieg ek. Kan hulle dalk net vir ’n dag wag na ek weg is voor hulle bank sodat ek kan kyk of hoe lyk die geld en as dit nodig is van ’n ander rekening kan oorplaas?

"Hmngg," sê sy en haar man verdwyn.

...

Die enigste ander blyplek is ’n gastehuis wat ook nie kredietkaarte neem of telefone het nie. Dan maar terug na die hotel want ek is nie lus om tent op te slaan in die wind nie en ’n dorp se hotel is maar waar ’n mens eindelik alles hoor.

Ek sorg dat ek die valhelm buite laat, steek my hemp in, maak my skoene vas en kondig myself glimlaggend aan:

"Hier's ek weer," straal ek.

"Ek gaan nie jou tjek vat nie, want jy het gesê jy het nie geld nie."

"Dis nie wat ek gesê het nie."

"Jy het nie geld nie. Dis wat jy gesê het."

"Mevrou, moenie dat ons kwaad vir mekaar word nie. Dit is nie wat ek gesê het nie."

"Dit is."

"Mevrou, jy praat kak."
 
Top